Een jaar later: Só bly Andriëtte Norman op haar doelgewig
Foto’s: verskaf Galery
Haar konsertprogram is voller as ooit, sy is al sowat 'n jaar op doelgewig (nadat sy 10 kg sedert November 2010 afgeskud het) en sy wil boonop binnekort begin werk aan haar eie resepteboek. Sy droom selfs daarvan om eendag haar eie restaurant-teater oop te maak, want sy is passievol oor kook.
Andriëtte Norman is propvol planne. Daar is nog nie 'n naam nie, maar in Februarie 2013, gaan Andriette (25) van Brackenfell, Kaapstad, naaswenner van Idols in 2007, haar vierde album uitreik.
Haar eerste album, Diamant, beskryf sy as pop-kontemporêr. Verlede jaar het sy Vat my hoër uitgereik. Nóú is haar styl bloot kontemporêr. "My lirieke is dieper. Ek hou van sielsmusiek."
Haar nuwe album sal veertien liedjies bevat met lirieke deur onder andere Rudi Claase, Johan Oberholzer en 'n duet wat Chris Chameleon vir hulle geskryf het. Sy gaan ook twee liedjies self skryf (een van hulle saam met Helmut Meijer). Laasgenoemde gaan ook die produksie van die CD behartig.
"Ons begin in September opneem aan my nuwe album. Dan is daar ook Skouspel in Oktober. 'n Groot hoogtepunt in my musiekloopbaan. Ek is so opgewonde. Daar is net 'n sekere vibe rondom dit. Ek was al van 2008 tot 2010 bevoorregd om daar op te tree. Dis so spesiaal om voor 5 500 mense in die gehoor en daai groot orkes in die agtergrond te sing. Die gees is elektries."
En sy sien baie uit na die mooi rokke wat hulle gaan dra. Veral met haar "nuwe" lyfie.
"Ek bly weg van brood en suiker en eet ook nie meer saans enige stysels soos rys of brood nie. Groente en 'maer' vleis is maar die antwoord. Ek oefen boonop vier keer per week met `n persoonlike afrigter. Dis die beste ding wat ek ooit kon doen. Dit het my sowat 'n jaar geneem om die gewig af te skud en ek handhaaf dié gewig nou al sowat n jaar lank. Ek wou dit stadig doen sodat dit 'af' bly."
Die lekkerste is dat sy nou kan dra net wat sy wil want sy voel selfversekerd en alles lyk goed.
Sy voel boonop gesond en het woema vir haar vol konsertprogram. "My dagboek is vol konsertvertonings regoor die land vir die res van die jaar."
Maar eers wil sy haar nou toespits op die maak van haar nuutse album. "Ek is ontsettend opgewonde oor my musiek. Ek wil vir mense vertel wat my gelukkig en hartseer maak. Dis vir my lekker as mense saam met my meegevoer raak en daarom wil ek musiek maak wat mense se harte week maak, wat hulle laat nadink . . ."
Verwante artikels
-
Andriëtte soos jy haar nog nie gesien het nie
SARIE November 2012 | Kommentaar: 5
In ons Kers-uitgawe het ons vir sangeres Andriëtte Norman en 7 ander inspirerende vroue gevra wat 2012 vir hulle spesiaal gemaak het. Hulle is ook spesiaal vir die fotosessie gestileer om hul passie in 'n feesvoorkoms uit te beeld.
-
Kyk hoe lyk Andriëtte nou?!
SARIE Februarie 2012 | Kommentaar: 69
Deesdae sien jy ’n maerder en fikser Andriëtte Norman op die verhoog. Sy vertel sy het sedert November 2010 al tien kilogram afgeskud. Haar geheim?
-
Só het Andriëtte 10 kg verloor
SARIE Februarie 2013 | Kommentaar: 3
Die sangeres Andriëtte Norman het 10 kg verloor en dit al vir 'n jaar afgehou!















Kommentaar
Rene Marais het gesê:
Ja, ek stem saam met die ander se kommentaar!! Jy MOES Idols gewen het; maar dit maak nie saak nie, mens hoor nooit eens van die wenner nie, maar jy laat die albums rol!! Jy is pragtig!! Alles van die mooiste vir die toekoms♥
28ste Feb. 2013, 09:16oom Flip en tannie Louisa Basson het gesê:
Andriette,kind sedert idols wat jy MOES gewen het, kyk diem tannie en ek na jou en luister na jou musiek. Jou pragtige stem,glimlag en net om jouself te wees,soos jy is,plat op die aarde almal met respek te behandel verdien jy ook al die respek van ander. Nou is jy nog mooier ,en as ek nie so oud was nie het ek jou gevra of jou pa nie 'n skoonseun soek nie. JY IS PRAGTIG EN ONS IS LIEF VIR JOU
29ste Aug. 2012, 06:19Engela het gesê:
Andriette, Fenomenaal!!! Jy is spesiaal!
28ste Aug. 2012, 08:34Malinda Olivier het gesê:
Mal oor haar ! Sy lyk stunning !!!!!!
26ste Aug. 2012, 19:36Theo het gesê:
Mooi bly maar mooi. Dan kan sy nog sing ook. Soos hulle se : Liewe Jesus het afgeshow toe Hy vir Andriette gemaak het
26ste Aug. 2012, 18:45Trudi het gesê:
Jy is 'n pragtige vrou - BLY soos jy is !! EN dan sing jy ook nog baie mooi..... Trots om te sê jy is Afrikaans.. !
25ste Aug. 2012, 10:48Veronica Scheepers het gesê:
Jy is ons inspirasie, pragtig en n baie mooi, opregte kind om op trots te wees. Hou so aan - jou musiek is awesome om na te luister.
25ste Aug. 2012, 10:09Maryke van SARIE het gesê:
@Glodine. Dankie dat jy ons fout uitgewys het! Ons het dit so in die kopie verander. Jammer hieroor!
24ste Aug. 2012, 14:41Glodine het gesê:
Dit is nie haar derde album nie maar haar vierde! Haar tweede album se titel is "Dink aan my". Sy is pragtig ek is ook mal oor haar.
24ste Aug. 2012, 11:20nikki het gesê:
Jy lyk stunning . Ek is natuurlike een van jou groot fans !
24ste Aug. 2012, 09:35Johan Beneke het gesê:
Vir so 'n klein mark het ons darem vrek baie sangers. Meeste van hulle, nie noodwendig die dame nie, woel rond tussen banaal en geteem, met weinig tussen. Nogtans koop ons hulle produk.
23ste Aug. 2012, 23:04Charmaine Nagel het gesê:
Asemrowend!. Jy is 'n pragtige mens van binne en buite.Pragtige stem en geniet terdee jou musiek. Sien baie uit na jou nuwe CD. Jy gaan baie groot sukses nog behaal in die toekoms - jy straal altyd.
23ste Aug. 2012, 22:29Lettie het gesê:
Sy is pragtig.Lieflike stem,
23ste Aug. 2012, 21:10Oom André het gesê:
Pragtige mens, pragtige geaardheid, pragtige stem, pragtige liedjies............... "my kind of girl".
23ste Aug. 2012, 15:39Joey Venter het gesê:
Jy lyk baie goed. Jy het my geinspireer. Ek gaan probeer en kyk wat gaan gebeur. Hou so aan!!! Jy lyk stunning
23ste Aug. 2012, 15:22Sanette Oosthuizen het gesê:
my liefling sangeres in SA op hierdie stadium
23ste Aug. 2012, 14:51Ronel het gesê:
Pragtig en sy lyk soooo goed !
22ste Aug. 2012, 19:46Karinvr het gesê:
Sy is pragtig en haar stem ook!
22ste Aug. 2012, 16:48Jennilee Sale het gesê:
'n pragtige kind met haar voete op die aarde...hou so aan! Jy is pragtig en lyk wonderlik
22ste Aug. 2012, 10:46Elnette van Eeden het gesê:
Sy is net pragtig binne en buite!!!
22ste Aug. 2012, 10:21RINDI SCHEEPERS het gesê:
Andriette jy lyk so goed. Inspirasie vir ander!!
22ste Aug. 2012, 10:00Karin het gesê:
Hierdie is vir my een van ons oulikste sangeresse op die oomblik. Goeie stem, baie oulike persoonlikheid.
22ste Aug. 2012, 08:26