Amor praat openhartig op Kwêla
"Baie dankie vir julle liefde en ondersteuning. Ek, Joost én ons families waardeer dit opreg." - Amor
Amore Vittone gesels met Coenie oor haar nuwe album en nuwe projekte. Sy vertel ook hoe dit met haar man, Joost van der Westhuizen gaan, wat Sondag (28 Junie) in die hospitaal opgeneem is.
Daar is aanvanklik gevrees dat Joost 'n hartaanval en/of beroerte gehad nie. Na verskeie toetse het dokters bevestig dat dít nie die geval was nie. Bloedtoetse het ook aangedui dat daar geen teken was dat hy onder die invloed van enige middels was nie.
Verwante artikels
-
Amor se onderhoud ná Joost se boek
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 7
"Hoe lyk my toekoms? Ek weet nie, maar ek gaan my kop oplig," sê Amor
-
Amor sing 'n positiewe deuntjie
SARIE - Mei 2009 | Kommentaar: 10
Storms om haar (en Joost) se kop, maar Amor Vittone het haar stembande reggeskud vir 'n nuwe CD. En SARIE kon agter die skerms loer toe die kamera begin kliek.
-
Amor Vittone praat eksklusief
SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 108
Ja, sy het swaargekry, vertel Amor van der Westhuizen openhartig ná al die seksvideo-storms om Joost se kop. Maar sy glo daar’s ‘n groter doel met alles...
-
SARIE se Facebook-vriende oor Joost
SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 11
Dit het behoorlik gegons vandeesweek nadat Joost van der Westhuizen skielik in die hospitaal opgeneem is, waar hy tans aansterk na mediese toetse. Só het julle gereageer
















Kommentaar
Namibiër het gesê:
Sue, vir jou wil ek net een ding vra: WAS JY DAAR? Onthou dat die bybel ons leer dat die 1 sonder voute, die 1ste klip kan optel, daarom aan jou dit: IS JOU LEWE SO PERFEK, DAT JY DIT KAN DOEN? As ons minder veroordeel en meer liefde het vir ons medemens, sal hierdie wêreld VERSEKER 'n beter plek vir alamal wees!! Aan Amor en Joost, sterkte, en onthou dat God belowe het om ons nooit bo ons vermoeëns te beproef nie!!
14de Okt. 2009, 14:33Sue het gesê:
Hierdie is nie skinderstories nie, maar die waarheid wat uitgekom het. Joost is skuldig, en arme media-mal Amor probeer maak asof Joost onskuldig is. Vir wie probeer sy flous?
24ste Sep. 2009, 21:05Anelle het gesê:
Baie sterkte, ons dink aan julle en staan by julle.
7de Sep. 2009, 14:36Trienie het gesê:
Joost en Amor In vandag se beeld het Rian van Heerden die spyker op die kop geslaan. Mense floreer op skinderstories en alles wat sleg is vir ander. Ek het omtrent vir 2 ure gehuil nadat ek jou op Kwela gesien het. Dis onmenslik vir enigiemand om so gekruisig te word soos Joost. Die wat maklik oordeel, wat is die verskil van 'n groot en klein sonde??? Sonde bly sonde. Los Joost nou uit, hy het sy deel nou genoeg gehad. Joost en Amor eendag gaan eendag wees. Die wiel draai.
7de Jul. 2009, 14:55Shannon het gesê:
Geloof hoop en liefde.... jy bewys dit oor en oor. Het jou op Kwela gesien en weereens het jy bewys jy is n sterk en dinamiese vrou en ma. Sterkte Joost hou moed en staan sterk ons glo in jou onskuld.
5de Jul. 2009, 18:46Lenice het gesê:
Amor, ek het jou gesien op Kwela, en jy was 'n voorbeeld vir baie vroue, ek bewonder jou!. Wat ook al die waarheid, alle sterkte, en Hou vas aan God se liefde en ondersteuning. Julle het 2 pragtige kids. Jy is 'n pragtige vrou, van binne en buite en jy het 'n ongelooflike mooi stem. Kannie wag om jou nuwe cd te koop.
3de Jul. 2009, 11:10PIET het gesê:
JOOST EK WEET DIS HEL, HOU NET JOU KOP HOOG
2de Jul. 2009, 13:40Marinda Kitching het gesê:
God sif elke dag se swaarkry vir ons uit. Die dinge wat ons nie kan hanteer nie, hou HY weg. Alles wat deur die sif se gaatjies val kan ons met SY krag oorwin!! Wees lief vir mekaar, ondersteun mekaar in donker tye sowel as sonskyn tye. Ons is lief vir julle!
1ste Jul. 2009, 15:44Toy Swart het gesê:
Joost is een van ons familie se idols vanaf 1994. Ons wens julle alles van die beste toe en mag julle net sterker word uit alles wat met julle gebeur. Ons gebede is met julle!
1ste Jul. 2009, 13:42Marianne Meyer het gesê:
Sterkte daar by julle. Ek hoop alle nuus vorentoe is goeie nuus. Spoedig beterskap vir Joost.
29ste Jun. 2009, 22:49AE Moolman het gesê:
Amor bly 'n wonderlike voorbeeld vir al ons getroude vrouens!! Haar man en familie kan net rots wees op haar! Sterkte vorentoe.
29ste Jun. 2009, 21:22