Eksklusief: Kurt wys sy spesiale foto's

SARIE Maart 2010

Kurt Darren deel sy foto's van spesiale oomblikke en reise. Geniet!

Op 20 Februarie vanjaar het Kurt se plaas net buite Mookgophong (Naboomspruit) behoorlik gerock tydens sy verjaarsdagfees, Innibosveld. Hy deel 'n paar foto's met ons. (En vir dié wat dit as 'n moet op volgende jaar se kalender wil skryf, hou solank 18 en 19 Februarie 2011 oop.)

So word daar op die Innibosveld-webtuiste geskryf: "As jy daar was, sou jy saamstem dat dit sommer 'n GROOT en lekker fees was! Daar is musiek gemaak tot laataand toe."

Innibosveldfees op Kurt se plaas   Innibosveldfees   Innibosveldfees

In Januarie vanjaar het Kurt die eer gehad om by die Midem-musiekfees in Cannes op te tree. Só het hy op sy sarie.com-blog daaroor geskryf: "Ek het ook by die Midem Musiekfees in Cannes, Frankryk, opgetree en dit was awesome!" Dit was 'n groot geleentheid vir die wêreld-musiekgemeenskap. Die persfotograwe het Kurt behoorlik beetgepak in Cannes.

In Cannes by die Midemfees Kurt tree op in Cannes by die Midemfees

Kurt en persfotograwe by die Midemfees

Nog fotograwe by Midem

Hy en sy verloofde, Dunay, het sommer ook van die geleentheid gebruik gemaak om 'n bietjie te toer. Hy deel sy spesiale vakansiefoto's van daardie toer en ander wonderlike wegbreke.

2010: Die Britse Maagde-eilande  2010: In Mexiko 
Britse Maagde-eilande in Januarie   Kurt en Dunay in Meksiko

2010: Op St Maartens-eiland

 2009: In Phuket waar die fliek The Beach verfilm is.

Kurt en Dunay op St Maartens-eiland

 In Thailand

2009: Kuier saam met apies in Phuket

2010: In die Bahamas

Kurt kuier saam met die apies in Phuket In die Bahamas

2008: Kurt voor die Notre Dame-katedraal in Parys

2008: Kurt in Venesië

Voor die Notre Dame-katedraal in Parys In Venesië

Kurt se wildplaas naby Mookgophong (Naboomspruit) is sy hartsplek.

Kurt geniet sy quadfiets   Lekker tye op sy plaas

Verwante artikels

Galery

  • Kurt Darren
  • Britse Maagde-eilande in Januarie
  • Kurt en Dunay in Mexiko
  • Kurt en Dunay op St Maartens-eiland
  • In die Bahamas
  • In Phuket
  • Kurt kuier saam met die apies in Phuket
  • Kurt tree op in Cannes by die Midemfees
  • Kurt en persfotograwe by die Midemfees
  • Nog fotograwe by Midem
  • In Cannes by die Midemfees
  • In Jamaika
  • Kurt neem sy video op die Simfonia
  • Op die Simfonia-skip
  • By die 46664-konsert in Londen in 2008
  • Innibosveldfees op Kurt se plaas
  • Innibosveldfees
  • Innibosveldfees
  • Kurt geniet sy quadfiets
  • Lekker tye op sy plaas
  • Voor die Notre Dame-katedraal in Parys
  • In Venesië

Kommentaar

  • Whatever Freddie, jou kommentaar is gebasseer op 'n aanname, wat in werklikheid niks met jou saligheid te make het nie. Ek stem volkome saam dat Kurt nog altyd net 'n positiewe beeld uitgedra het en dat hy 'n waardige rolmodel vir Suid-Afrikaners is. Ja, wat verkeerd is,is verkeerd, maar haal eers die balk uit jou eie oog uit, eers DAN is dit jou plek en voorreg om iemand so in die openbaar aan te vat. Daar is vele vorme van "immorele leefstyl",korrupsie;oordeel;hoogmoed;selfopheffing; noem maar...ek sê maar net

    28ste Jul. 2010, 10:34
  • Ek sien julle publiseer nie my kommentaar oor Kurt se immorele leefstyl nie...dis jammer. "die pragtige beeld wat jy uitdra. Jy is voorwaar 'n voorbeeldige jongman..." Julle stel Kurt voor as 'n "rolmodel" voor. Dis jammer. Kurt en sy verloofde is 'n pragtige paartjie ek stem 100% maar hulle foto's van die wereld vol saamtoer en saamslaap voor die huwelik (jammer as ek verkeerd is en hulle in aparte kamers slaap) is en bly verkeerd volgens God se Woord. Dis verkeerd punt. Julle kruisig waardes en normes en dan wonder julle hoekom God Sy rug op Suid Afrika draai Sarie? Begin om die waarheid te reflekteer - reg is reg en verkeerd is verkeerd. Daar is altyd 'n prys te betaal vir sedeloosheid. Altyd. Ek hoop die persoon wat my kommentaar "modereer" het die guts om die kommentaar te publiseer...! Indien nie wys julle julle ware kleure...en dit sal jammer wees.

    1ste Apr. 2010, 01:40
  • Jou stem is fantasties en so ook jou liedjies

    13de Mar. 2010, 08:35
  • Eish... sy's beeeeautiful. Kan ek maar "babysit" as jy travel?????? Sterkte - mag julle net geluk en vreugde ervaar!!!!

    9de Mar. 2010, 19:52
  • Kurt & Dunay, julle laat 'n man se hart sommer vinniger klop! Dankie Kurt vir wat jy vir Suid-Afrika beteken en die pragtige beeld wat jy uitdra. Jy is voorwaar 'n voorbeeldige jongman, 'n baie goeie ambassadeur vir SA en 'n goeie rolmodel vir die ander jongmense wat die Afrikaanse musiekwêreld betree! Man, jy't ons Afrikaanse ligte musiek sommer op die map gesit - met mening! Trots op jou/julle! Alles wat mooi is vir julle en hou so aan met die feesoptredes en nuwe liedjies! Daar's niks so lekker as om die jongklomp op jou musiek te sien dans en hulself te geniet nie - party ken selfs die woorde soos 'n boek! Jy's die ou!

    8ste Mar. 2010, 15:16
  • Sommer lekker jaloers. Alles lyk so lekker. Wens ek kan op jou wildsplaas kom kuier. Pieter (Paarl)

    8ste Mar. 2010, 11:28
  • Wees bietjie meer vriendelik by die Action Cricket in Valhalla. Sien julle gereeld daar maar te bang om te chat. Groete Mags

    8ste Mar. 2010, 11:21
  • wOW JULLE IS SO 'N PRAGTIGE PAARTJIE!!

    8ste Mar. 2010, 08:55
  • wat 'n pragtige meisie! kurt, jy kan regtig trots wees op haar. en baie geluk met jou sukses.

    5de Mar. 2010, 09:47