Michael Jackson agter die skerms - Eksklusief!
Jackson-aanhangers wêreldwyd kan uitsien na 'n agter-die-skerms-kykie op die Prins van Pop se laaste voorbereidingsmaande vir sy THIS IS IT-toer, wanneer eksklusiewe video-materiaal in die film THIS IS IT te sien sal wees.
Hierdie toer was reeds uitverkoop voor Jackson se ontydige dood en sou in die somermaande in Londen se O2-Arena plaasgevind het.
Die film is gemaak uit die sowat 100 ure se video-materiaal wat tussen April en Junie vanjaar opgeneem is gedurende Jackson se repetisies. Jy kan uitsien na 'n private kykie en eksklusiewe materiaal van hoe Jackson die musikant, die danser, die kreatiewe genie, die argitek en die filmmaker sy laaste vertoning tot op die laaste detail skep.
Kenny Ortega, Michael se kreatiewe vennoot en verhoogregisseur, is die regisseur van die film.
Dit begin op Woensdag 28 Oktober draai en kaartjies sal vanaf 27 September te koop wees.
Verwante artikels
-
Die huldeblyk van Michael Jackson se dogter, Paris
SARIE - Julie 2009 | Kommentaar: 2
Gister is die 'Koning van Pop' ter ruste gelê. En dis sy oudste wat die wêreld aan die praat het met haar toespraak by sy gedenkdiens. Hier is die insetsel.
-
Jackson se THIS IS IT - só was dit
SARIE - Oktober 2009
Die kontroversiële beeldmateriaal rondom Michael Jackson se laaste dae van repetisies word tans op die grootskerm vertoon in This Is It. Lou-Ann Stone het gaan kyk
















Kommentaar