EKSKLUSIEF: Cezanne se eerste week in die tronk

Deur Martie Swanepoel, SARIE - Mei 2010

Cezanne Visser het die eerste week van haar sewe jaar tronkstraf agter die blad en sy probeer so dapper as moontlik om aan te pas.

“Ek het Cezanne Woensdag gesien en sy het eers verskriklik gehuil. Ek het haar probeer kalmeer en gesê ons het so min tyd saam, ons moet dit kwaliteittyd maak.”

Dit was vir Cezanne Visser se ma, Susan Lemmer, vanselfsprekend ’n nagmerrieweek.

“Hoe slaap mens as jy weet jou kind slaap vannag in die tronk? Ek word gewoonlik nie snags wakker nie, maar ek het dié week ’n paar nagte wakker geword en my oor haar bekommer.”

Sy en haar dogter is baie na aan mekaar en sy mis haar teenwoordigheid in die huis verskriklik.

“Dit voel of sy enige oomblik by die deur kan instap. Ek raak hartseer as ek haar goedjies in haar kamer sien.”

Hulle laaste naweek saam was baie emosioneel.

Met myself gaan dit maar soos mens van ’n ma kan verwag. Ek is gebroke en hartseer..." - Susan Lemmer, Cezanne Visser se ma

“Cezanne was by tye baie hartseer, maar eintlik was sy die dapper een. Sy het my heeltyd probeer vertel wat ek als moet doen om myself te beskerm terwyl sy weg is. Omdat ek probleme met my oë het, is sy bang ek ry snags alleen rond. Sy het ook moeite gedoen om tyd saam met haar twee oumas en haar vriend deur te bring. Dis asof sy oor almal bekommerd was en haarself op die agtergrond geskuif het. Maar ek weet sy was baie bang oor die onbekende wat op haar wag.”

Susan moes skarrel om al Cezanne se goed bymekaar te kry vir die tronk. Sy kon net ‘n voorgeskrewe lysie goed saamneem.

Mens moet jou hele lewe in twee sakke probeer inkry. Ek het vir haar thermal-onderklere gekoop en sy het vlootblou sweetpakke, tekkies, rubberplakkies om mee te stort en wit T-hemde nodig gehad.” (Sy het Maandagoggend met stylvolle klere by die hof aangemeld, maar het daar ‘n sweetpak aangetrek voor sy na die Pretoria Sentraal-gevangenis vertrek het.) Cezanne moes onder meer haar eie eetgerei, seeppoeier, hangers en beddegoed saamneem.

“Al haar eetgerei moes plastiek wees en sy het bakkies nodig gehad om haar koffie en suiker in te hou.”

Daar is ’n snoepwinkel waar gevangenes eetgoed en kruideniersware kan koop. Susan moes geld by die snoepie inbetaal vir Cezanne.

Susan en Cezanne het voor sy haar by die gevangenis aangemeld het ’n voorbereidingsessie met pastoor Philip Kruger gehad. Hy doen al 35 jaar geestelike berading in die Pretoria Sentraal-gevangenis.

“Hy is ’n gawe man en het Cezanne vertel wat sy te wagte kan wees. Hy het beloof hy sal sorg dat daar mense is wat na Cezanne omsien. Maar Cezanne het met my eerste besoek gesê dat niemand mens eintlik regtig kan voorberei op die werklikheid nie.”

Cezanne is nie in een van die groot selle waar tot 50 mense aangehou word nie. Sy is in ’n kleiner sel waar 16 mense slaap.

“Die eerste twee weke is blykbaar die moeilikste om aan te pas, maar ek weet Cezanne sal dit regkry. Ek het destyds, toe sy in opdrag van die hof in Weskoppies opgeneem is vir waarneming, en tussen van moordenaars tot geestesversteurdes moes bly, al gesienhoe sterk Cezanne kan wees.”

Susan is baie bekommerd oor die stories wat mens gewoonlik van tronke hoor, maar sê niemand het haar kind nog enige leed aangedoen nie. Almal by die tronk is tot dusver baie vriendelik en behulpsaam om haar te help aanpas.

Cezanne het haar voorgeneem om haar volle samewerking in die tronk te gee. Sy wil dit so positief as moontlik aanpak en wil graag betrokke raak as onder meer ‘n opleidingsbeampte in rekenaaronderrig. Sy wil ook by ’n geloofsaksie aansluit om haar geloof uit te leef.

“Sy gaan al die positiewe kanse wat sy in die tronk kry, aangryp en benut.”

As alles goed gaan, kan Cezanne binne twee jaar en drie maande weer vry wees. Dit is waarop Susan hoop.

Susan mag haar dogter vier keer per maand vir 30 minute sien en Cezanne mag Saterdae, Sondae en Woensdag tien minute met iemand oor die foon praat.

“Met myself gaan dit maar soos mens van ’n ma kan verwag. Ek is gebroke en hartseer, maar sal alles in my vermoë doen om my kind se tronkstraf so gerieflik moontlik te maak.”

Verwante artikels

Kommentaar

  • Hierdie inligting is verouder, wanneer praat SARIE weer met Susan. Ons wil weet hoe dit nou gaan. Of skaar SARIE hul nou by die twee skrywers wie die vreeslikste bewerings maak. LET WEL bewerings. Ek glo hul stories glad nie.

    11de Des. 2011, 18:16
  • jakie dit was darm nie nodig nie

    2de Aug. 2010, 13:37
  • Hello Susan, Ek het die artikel baie insigewend gevind. Daar is net een vraag wat niemand tot dusver regtig vra nie nie en dit sal mense daarbuite MOONTLIK sal laat verslaan waarom die aangeleentheid so pynlik is vir jou. Ons het gelees dat jou huwelik met "prof" Lemmer verby is. Ek wil weet hoe kan n man sy vrou onder hierdie omstandighede laat en nie na haar behoeftes kyk nie. As jy en die prof dan elke dag saam hof toe was, wat gaan nou aan? Wat het gebeur? Hy het vir my na n goeie ou gelyk en nou, nou drop hy jou,gedurende die heel moeilikste tyd??? Daai vieslike sondagkoerant het hoeka sulke lelike stories oor jou man vertel, wil jy vir my se jy dis daaroor? WAS DIT DIE WAARHEID ????

    25ste Jul. 2010, 21:29
  • Aan almal wat kommentaar lewer die volgende. Dit is ons reg om kommentaar te lewer want ons word daarvoor gevra, goed of sleg, positief of negatief. Julle is almal maar te nuuskierig om te lees wat hier staan en wat ander mense se. Julle is almal skuldig aan iets, julle wat hier lees. As ek die meeste van julle reg verstaan kan ons maar ontslae raak van ons reg stelsel want as iemand iets verkeerd gedoen het bid hy/sy en ons almal saam en vra vir vergifnis en gaan dan weer net aan met ons lewens, ongeag wat gebeur het met die arme prooi. Dit is hoekom ouers hulle kinders grootmaak en ons skool gaan om te leer van reg en verkeerd. Hoekom luister kinders nie na hulle ouers en ouer mense wat al deur die wereld skool is nie en praktiese ondervinding het van baie dinge wat met jou kan en gaan gebeur as jy voortgaan met verkeerde dinge en mense nie. En aan al julle engeltjies, in die bybel se tyd was daar ook straf, doodstraf onder andere vir sekere oortredings en onthou maar van tugtig die een wat jy lief het. Ek dink die groot rede waarom kinders/mense in tronke beland is omdat daar te veel ge ja en amen word en die lat gespaar word.

    22ste Jul. 2010, 07:56
  • Ai tog! Hou op om so te neul oor die "arme kinders". DIS NIE SO ERG NIE!! Ek is self as kind jare lank gemolesteer, en dit is nie vir my so verskriklik gewees nie. Ek het daaroor gekom en gaan aan met my lewe. Vandag dolgelukkig getroud (10 Jaar al) met 2 pragtige kinders. Om gemolesteer te word is nie die einde van die wereld nie, demmit! Daar is baie erger dinge in die lewe om oor te kom as dit. Julle onkunde is soms bekotsenswaardig.

    21ste Jul. 2010, 20:57
  • Especially for every person who offer comments! Heavenly Father, search our hearts and minds today. Show us any area where we may be holding on to the PAST. Help us to receive Your forgiveness so that we can extend forgiveness TO TOHERS and MOVE FORWARD in the wonderful plan YOU have for us. In Jesus' Name. Amen. For Susan and Cezanne and all the victims, HE always was, He always is, He always will be UNMOVED, UNCHANGED! He was bruised and brought healing, He was pierced and eased pain, He was persecuted and brought freedom, He was dead and brought LIFE!!! When you fall, He lifts you up When you fail, He forgives When you are weak, He is strong When you are lost, HE is the way When you are afraid, HE is you're courage When you are hurt, He heals you When you are broken, He mends you When you face trials, HE is with you When you face persecution, HE shields you When you face death, HE carries you Home! He is everything for everybody, everywhere, every time, and every way! HE is God, He is faithful! UNDERSTAND THIS: HE said it and that SETTLES IT! AMEN

    21ste Jul. 2010, 11:38
  • Soos baie mens sê, wie van ons kan klippe gooi want ons almal het al foute gemaak, en die Here is genadig en Hy vergewe. En ek glo dat Cezanne absoluut in Dirk se mag was, sy was bang vir hom, in sy greep gewees, hy het dan tot gedreig om haar familie seer te maak, ek sou ook maar doen wat hy vra, om my familie te beskerm. Dit wat hulle gedoen het is verkeerd maar kom ons bid eerder vir haar as om te veroordeel.Kyk net hoe het sy verander vandat daai Vark van 'n Dirk uit haar lewe uit verdwyn het, as sy so sleg was dan sou sy mos aangegaan het met haar dade. Sterkte Cezanne, ek dink werklik aan jou daar in die gevangenis.Mag God jou bewaar en jou weer sterk en heel maak.....

    21ste Jul. 2010, 11:00
  • Aan Susan & Cezanne, ek wens julle sterkte toe en krag van Bo.Ja dit is baie hartseer. En glo ek ook dat almal wat seergekry het deur God se Genade vertroosting sal vind. By God is niks onmoontlik nie.En vir die' wat so maklik stenig........sjoe hoe kry julle geslaap met daardie stralekrans-op-die-hoof??Aan die van julle met groenkoring BID dat so n beker jul verbygaan.Daar is n waar gesegde "What goes around comes around" Wees versigtig om ander te oordeel. Die oordeel kom ons nie toe nie.

    25ste Jun. 2010, 13:21
  • Ja julle Christene! Waar kom die "Jy moet jou naaste liefhe soos jouself" nou weer in? Julle kan nie vir Cezanne vergewe nie maar noem julleself Christene! Dis 'n skande, plaas bid julle wat so sondeloos is vir haar.

    15de Jun. 2010, 10:22
  • Al wat ek wil meld is, "There, but for the grace of God, go I". Ek was ook met 'n vark getroud, maar was baie sterker as hy en kon NEE se. Gelukkig kon ek na 'n paar maande daaruit!!!!! Cezanne het al my simpatie al stenig almal haar ook nou.

    3de Jun. 2010, 14:29
  • My hart gaan uit na Susan asook Cezanne. Wie is enige van ons om klippe te gooi? Wie is ons beter as enige een? As ons onsself Christene noem behoort ons te weet dat ons God `n God van liefde is en ons 70x70 maal ons sondes vergewe. Ons behoort ook te vergewe. Ek is ook `n ma en kan my net indink hoe haar ma moet voel. My hart en gebede gaan uit na altwee van julle. Onthou Jesus het julle baie lief. Ek sal nie ophou om vir julle vir krag en genade te bid nie. baie sterkte

    3de Jun. 2010, 08:45
  • Goeie dag Ek kan net se sterkte aan die ma en almal buite. Dis vir hulle meer kommerwekkend as enige iemand anders. Cezanne, ek sal jou nie beoordeel nie, want ek glo die pers en jou gewete het dit meer akkuraat gedoen as wat buitestanders kan besef. Sterkte en mag jy God waaragtig vind en leer om in Sy wysheid en krag te wandel, dan sal jou lewe gelukkiger en vervullend wees. Dit sal steeds baie uitdagend en by tye seer wees, maar draagliker as jy Hom die middel van jou lewe maak. Aan alle mense wat seer gekry het uit die veral, my hart bloei vir julle. Mag God julle genees en jul help om wel 'n lewe te he waar julle tog vreugde leer ken. Aan ons lesers, dis maklik om kant te kies, maar wanneer jy iemand se skoene in watter kant ookal moet volstaan is dit 'n ander saak. En wie se ons sal dit beter kon hanteer. Mag elkeen verbonde aan die tragedie vrede vind en leer waaroor die lewe werklik gaan. Ons ander mag ons leer uit ander se lesse en ons kinders beskerm. Mag ons vir ons kinders bid dat hulle nie aan een van die kante hoef te staan nie. Groetnis

    2de Jun. 2010, 13:01
  • Almal kyk teen Cezanne vas. Waar was die kinders se ouers wat veronderstel is om hulle te beskerm teen die aanslae van die lewe? Hoekom was hulle in die 1e plek in 'n weeshuis? Waar was al die familie? Wil vir my voorkom asof die ware sondebokke misgekyk word... Ek kan nie dink dat niemand van die familie, (as die ouers nie kon) kon uitryk na kinders sodat hul nie in die weeshuis moes grootword nie. Ons het 'n plig teenoor kinders en onthou net, dit gaan nie net oor wat jy gedoen het nie, maar ook wat jy NIE gedoen het nie! Laat ons nou nie klippe optel terwyl ons self in glashuise bly nie...

    1ste Jun. 2010, 20:17
  • Baie jammer aan die wat klippe gooi, maar dit kon ook ons kind gewees het. Vernaam in vandag se siek lewe is daar soveel manupileerders en ons moet maar net bid dat ons kinders nie onder hulle verval nie - Ek sien dit daagliks Alle sterkte vir almal wat in hierdie saak gely het - dit is net baie hartseer en ek bid net sterkte vir almal toe Solank ons - ons sonde bely en sy Naam aanroep - sal ons Liewe Here vir ons vergifinis gee - hy is mos ons Hemelse Vader

    1ste Jun. 2010, 15:02
  • Sjoe dit is geen wonder ons land is in so gemors nie daar is net te veel vals gelowiges lyk my hulle pas net hulle geloof toe waneer dit hulle pas. Cezanne het wel 'n vreeslike ding gedoen maar as God bereid was om haar te vergewe wie is julle om dit teen haar te hou? Ek glo sy het opreg berou vir dit wat sy gedoen het, ek glo ook daar is baie van die name hier bo wat eendag in die verdoemenis sal land terwyl sy langs Jesus se voete sal sit. Gaan doen so bietjie self ondersoek en is seker jy sal ook 'n walglike daad uit jou verlede opdiep, onthou by God is daar nie klein en groot sonde nie sonde is sonde. Ek is as kind gemollesteer maar ek het nie in 'n sak as gaan sit en myself bejammer nie ek het vorentoe gekyk en geweier dat dit my terughou vandag is ek gelukkig getroud het 'n wonderlike lewe en het die persoon wat dit aan my gedoen het vergewe.Ek dra dit nie meer saam met my nie ek het dit agtergelaat en vergifnis het my vry gemaak. Cezanne jy is nog jonk en ek glo jy het berou en dat God jou vergewe het hou jou oe op die Here want dit is waar jou hulp vandaan kom, Hy sal jou skoon was in sy bloed. Laat daar net iets goed kom uit hierdie hoofstuk van jou lewe en moet dit nooit herhaal nie. Ons is maar almal net mense wat sonder God se liefde en genade niks is nie, al die mense wat jou so veroordeel het nog nooit werklik die liefde van God ervaar nie. Ek bid vir hulle almal dat God in hulle harte sal werk en hulle sal genadig wees.

    1ste Jun. 2010, 14:17
  • Ek het 'n paar vrae. Waar begin 'n mens se denke verkeerd gaan sodat jy sulke dade wil pleeg en dan jouself wil regverdig? Hoe het Dirk Prinsloo grootgeword? Die persoonlikheids afwyking is defnitief by hom en hy het 'n ontsettende houvas op Cezaan gehad. Wie was sy pa en ma? Het Cezaan aandag, liefde of erkenning gesoek? Het sy in sy mag beland en kon nie daar uit nie? Al hierdie vrae wys net op een ding. Di t is verskriklik belangrik hoe ouers hulle kinders grootmaak. Veral seuns kan maklik ontaard in manupilerende wesens en daardeur is soveel mense se lewens nou geraak. Sy eie, Cezaan s'n, al die vrouens in Rusland, al die kinders en ek wonder net of sy die enigste vrou en die kinders die enigstes in Suid-Afrika is wat onder sy mag was? Baie sterkte vir julle. Geen mens het dit nodig, in die kort tydjie dat ons op aarde is nie.

    1ste Jun. 2010, 12:54
  • Ek dink almal moet ophou oordeel Cezanne dien haar vonnis uit en Jesus se Bloed is oor haar gepleit en ook oor al die ander saam met haar sy moet net haar oog op Hom hou. Kan daar nie iets aan die rotteplaag gedoen word nie dit is nie juis 'n pluimpie vir die korrektiewe dienste nie die mense wat so deur die rotte geterroriseer word kan nie goed wees vir hulle menswaardigheid nie en ek is seker daar moet n oplossing wees ek meen ons leef mos nie in die middeleeue nie? Hou moed julle!

    1ste Jun. 2010, 07:56
  • Dis baie erg wat gebeur het, maar dis nie vir ons om te oordeel nie...

    31ste Mei. 2010, 16:03
  • Ja,ja,ja! Tipies die wit suid afrikaner wat net altyd kan oordeel! Cezanne het haar straf gekry ..... Waarom nog so na die slagoffers verwys? Cezanne en Susan: Julle het die mooiste ma/dogter verhouding. Dit is wat die belangrikste is! Sterkte vir jul albei!

    31ste Mei. 2010, 10:18
  • Hou haar daar ek het geen deduld vir kindermolesteerders nie, en so ook nie vir die wat voorgee hulle was net die masjien om die kind daar te kry sodat die man hom self kan geniet. Gooi sommer die sleutel weg, veral wat ek om gee.En dit onskuldige kinderhuis kindertjies, hulle het nie ouers om hul by te staan nie. Sies en dan loop haar ma met al die snert in die koerante rond ek sal my dood skaam en my kop weg steek sodat niemand my moet ken nie. Ek kan nie glo die koerante en media koop die manipulasie van die mense nie, het julle nie waardigheid tot jul self nie. Wat van die kinders dan moet hulle en die se ouers al die snert lees wat julle skryf oor arme Barbie pop ek skaam my vir julle.

    30ste Mei. 2010, 09:54
  • Ek onthou in een berig het me Lemmer genoem dat die trotste en wonderlikste dag in haar lewe was, toe Cezanne haar twee regsgrade gekry het, is dit nie dat die wonderlikste dag in enige moeder se lewe moet wees as sy die pasgebore bondeltjie, (volmaak of nie) vashou, die eerste treetjies woorde ens. sien nie? Me Lemmer, ek wonder dat waar Cezanne vandag is nie die oorsaak is van 'n ma wat haarself wou volmaak en belangrik sien in haar dogter se prestasies nie? My kinders het ook grade, maar dit is bonisse, hulle gesondheid, geluk en afhanklikheid van God is vir my elke dag die belangrikste dag. Gaan vra haar vergifnis, dat jy nie klein en eenvoudige dinge as wonderlik eerste kon noem nie. Grade, ai man, dit maak nie van jou 'n beter mens nie.

    29ste Mei. 2010, 10:19
  • Al wat ek wil vra is hoe sou Cezanne gevoel het as dit aan 1 van haar kinders gedoen is? Sterkte aan jul.

    28ste Mei. 2010, 14:16
  • Cezanne jy is 'n baie intelligente vrou, Ondersoek alle mediese boeke en kry vir jou terminale siekte en doen aansoek vir mediese parool, as Shabier dit kon reg kry, kan jy ook. Ek dink jy het klaar geboet vir jou dade en jy hoort nie daar nie, vasbyt girl! As God jou vergewe het wie is die mens wat dit teen jou kan hou. Die egbreekster in die Bybel moes volgens die wet gestening word, en wat sê die Here vir haar, gaan dan heen en sondig nie meer nie.

    28ste Mei. 2010, 08:13
  • Cezannetjie en Me Lemmer Ek dink julle is die sterkste vroue wat vir 10 jaar die pad moes stap om tot hier te kom. Susan JY is die beste ma wat ek nog ooit gesien het. Jy hoef nie maar jy het haar deur dik en dun bygestaan. Ek het al baie drooggemaak in my lewe en nooit n ma gehad om my te help nie. Ek dink jy is n MODEL MA !!

    28ste Mei. 2010, 00:02
  • Aan almal wat so jammer voel vir Cezanne: Wat as dit jul kinders was wat die slagoffers was? Sê julle ook "siestog" vir al die ander misdadigers? Ja, 'n mens moet vergewe, maar dit beteken nie dat misdadigers nie gestraf moet word nie! Ek dink sy moes langer tronkstraf gekry het! Ongelukkig moet ons almal die gevolge van dade dra. Sterkte aan al die slagoffers!

    27ste Mei. 2010, 16:22
  • An almal daar buite, niemand is bo die wet verhewe nie en in die geval het die reg sy gang gegaan en geregtigheid het geskied. Wie is ons om ander te oordeel en te veroordeel. Almal maak foute in hierdie lewe en as n mens tot orde geroep word hetsy deur die gerg of geloof, dan is die een siel meer in die Koningkryk. Dit is beslis n hartseer vehaal, maar dit gaan beslis ook n pragtige einde he......Daar is niks kragtiger as gebed nie en as sy opregte berou toon sal sy vergewe word en ek glo sy sal n positiewe bydra maak verder in haar lewe......MOENIE DAT ONS NET ALTYD OORDEEL NIE....Kom ons bid eerder vir die wat slagoffers was vir genesing en ook vir haar wat in n proses van heeling is.

    27ste Mei. 2010, 16:19
  • Cezanne, Laat die een, wat geen foute het nie, die 1ste klip optel. Ons was nie daar nie, hoe op aarde kan ons oordeel, aan iets waarvan ons niks weet nie. Nee ek se nie dit wat gebeur het is reg nie, maar ek kan geen klip optel nie, en ja daar is onskuldige kinders wat se lewens vir altyd verwoes is, vir hulle en hul ouers kan ons net bid. Ons dien 'n lewende God, en ek het geleer dat by Hom, niks onmoontlik is nie. Hy het nie vir die volmaaktes gekom nie, maar vir ons wat vol foute is. Dankie Lizette, mens kan sien jy het al 'n pad geloop! sterkete aan Cezanne Jacky uit Namibie

    27ste Mei. 2010, 14:31
  • Cezanne, Laat die een, wat geen foute het nie, die 1ste klip optel. Ons was nie daar nie, hoe op aarde kan ons oordeel, aan iets waarvan ons niks weet nie. Nee ek se nie dit wat gebeur het is reg nie, maar ek kan geen klip optel nie, en ja daar is onskuldige kinders wat se lewens vir altyd verwoes is, vir hulle en hul ouers kan ons net bid. Ons dien 'n lewende God, en ek het geleer dat by Hom, niks onmoontlik is nie. Hy het nie vir die volmaaktes gekom nie, maar vir ons wat vol foute is. Dankie Lizette, mens kan sien jy het al 'n pad geloop! sterkete aan Cezanne Jacky uit Namibie

    27ste Mei. 2010, 14:31
  • Cezane, jy het twee keuses die regte en verkeerde. Ongelukkig het jy die verkeerde keuse gemaak. Jy gaan dalk minder as 7 jaar vir jou dade boet, wat van die kinders - lewenslank.

    27ste Mei. 2010, 13:05
  • Ek kan nie glo dat die vrou met so 'n ligte straf weg kom nie, ek is ook as kind gemolesteer en JULLE ALMAL wat voel dat soveel Suidafrikaaners onvergewend is......... WAT DINK JULLE!!!!!! Magtig mense sy het onskuldige kinders vir die res van hulle lewens verwoes nie net vir 2 jaar nie. Dit sal nooit uit hulle koppies en hartjies uitgevee word nie... Elke liewe dag sal hulle daaraan dink, en nagmerries kry ek belowe dit aan die mense wat dink siestog die arme vrou. Hou liewer jul simpatie en gebede vir die slagoffers. Dink net aan watter tipe mens sy werklik is om dit aan kinders te kon doen. Hoe moes hulle nie gehuil en gepleit het nie, maar tog was haar hart hard Hierdie Tannie wou nie luister of help nie sy het dit te veel geniet. Hoop sy het al haar hel in die tronk dit is waar sy hoort vir die res van haar lewe!!!

    27ste Mei. 2010, 13:02
  • Ek keer nie haar dade goed nie maar ek's GESKOK vnaand om soveel on- vergewendgesindheid onder ons afrikanernasie te sien!! Hellooo...kom by!

    26ste Mei. 2010, 21:26
  • Ek sal die eerste klip gooi Lizette, want ek molesteer, het nog nooit en sal ook nie, niemand terwyl ek met die Bybel onder die arm loop nie. Sy moet vrot daar in haar sel, dis waar sy hoort.

    26ste Mei. 2010, 16:17
  • SANTI, dit was darem 'n baie onnosele regter wat vir Cezanne skuldig bevind het en nou sit sy in die tronk!! Die stoute tieners!!

    26ste Mei. 2010, 15:33
  • Laat hom wat nie sonde het nie, eerste die klip gooi. Die hof het haar gestraf & 'n mens kan nie 'n horlosie terugdraai oor wat gebeur het nie. Los die verlede in die verlede & beweeg aan. Net soos die slagoffers nou na die hofsaak verby is die kans het om die verlede agter hul te probeer sit & aan te gaan & te probeer die beste maak van die toekoms, net so moet ons Cezanne ook die kans gee. Slegs God mag oordeel, nie die mens nie

    26ste Mei. 2010, 12:40
  • Wie is julle om Cezanne so te stennig. Almal van julle het geraamtes in julle kaste, niemand is volmaak nie. Sy het skuld erken op haar dade so los haar nou in vrede uit en moenie klippe gooi na ander mense toe nie. Niemand sal weet waardeur sy is met 'n mal boyfriend nie, ons was nie in haar skoene nie. Jy kry mal mans wat net inzoom op vrouens soos sy wat emosioneel nie sterk genoeg is om sulke situasies te hanteer nie. So gaan sit en dink ernstig oor hierdie saak en dink of julle sondeloos is. Cezanne en mev Lemmer julle is in my gebede. Hannie as jy jou Bybel goed ken sal jy lees dat God vir ons sondes gesterf het en ek glo nie dat jy volmaak is nie. Sy sal net 'n beter mens aan die anderkant uitkom. Annoniem

    26ste Mei. 2010, 12:32
  • Tipies in ons land. Misdaad was gepleeg en die misdadiger word bejammer. Die slagoffers moet maar gedwee aan gaan met hul lewe. Het sy ooit berou en vergifnes gevra sienende dat sy nou na haar geestelike lewe wil werk ? TM

    26ste Mei. 2010, 10:38
  • Gaan SARIE nou van hierdie misdadiger 'n heldin probeer maak? Magtag! 'Barbie' is tog nie die eerste mens wat tronk is nie?? Gee eerder spasie aan mense wat positiewe bydrae lewer tot die samelewing? Ek hoop ten minste SARIE skenk van die geld wat hulle maak uit hul Cezanne stories aan die arme mense wat gely het EN STEEDS LY agv Barbie en Dirk!

    26ste Mei. 2010, 10:20
  • Sjoe, dit laat my sidder as ek sien hoe onvergewensgesind ons mense is. As God so oor die mens (my en jou, nie net al die ander mense nie) gevoel het, het Jesus nooit vir ons sondes kom betaal nie.... dan was ons almal vir ewig verlore. Die Here leer ons om te bid dat hy ons sondes sal vergewe, net soos ons ander ook vergewe. Ons het dus 'n plig om te vergewe! Ja, dit wat Cezanne gedoen het was verkeerd, maar haar sonde is nie groter as ons onvergewensgesindheid nie. Jy wat so oordeel, dink bietjie rustig na of jy ook so sou reageer as dit jou dogter was, of as dit dalk jyself was wat in die tronk was. Jesus het juis gekom vir stukkende, sondige mense. Jesus kyk na Cezanne (en elkeen van ons) deur 'n bril van liefde, omgee en vergifnis. Ons moet dit ook doen. Gelukkig vergewe God, al wil mense nie. Vir die slagoffers: Jesus se liefde is ook vir julle daar. Hy kan en sal genees. Hou net vas aan Hom. Kom ons maak SA beter: kom ons LEEF Jesus se liefde, elke dag, teenoor ALMAL.

    25ste Mei. 2010, 16:21
  • Carl Dit is so maklik om mense te verdoem as hulle foute maak, ons mensdom is partykeer so fluks as dit by negatiwiteit kom. Ons kan soveel vermag as ons bereid is om te vergewe en mekaar te ondersteun, eintlik het ons seker almal al iets leliks aangevang erens in die verlede, onthou as jy vinger wys na ander wys daar vier terug na jou. Groete en voorspoed vir almal wat my mening lees.

    25ste Mei. 2010, 15:50
  • Sterkte, ons is nie een sonder sondes nie.

    25ste Mei. 2010, 15:34
  • Sy wil nou huil omdat sy haar straf moet uitdien, dink net hoe moes daai kinders huil om so wreed hulle menslikheid te verloor met twee mense wat nie hulle hande kon tuishou nie, ek het geen simpatie met haar nie, haar straf is nog te lig, die kinders moet hulle hele lewe loop met wat hulle gedoen het, sy probeer haarself verontskuldig, sy probeer die beseerde voeltjie speel en met party mense kry sy dit wel reg, daai kinders is slagoffers nie sy nie, mense moet nou hulle oe oopmaak en ophou om die soort gemors goed te praat, sy is nie n onkundige mens nie so ek sal my nou nie laat vertel sy het nie geweet wat sy doen nie.

    25ste Mei. 2010, 13:40
  • BRAVO!!! aan Jackie Connor. Die 1e ding wat by my opkom, toe ek al die smartvrate se "ag siestoggies" lees is: Sou jy dieselfde oor "die arme Cezanne" gevoel het, as dit JOU kinders was wat deur die hel gegaan het a.g.v. Cezanne Visser. Ai! Cezanne, ek hoop God sal jou vergewe.

    24ste Mei. 2010, 10:45
  • Anchen Hofmeyer - as jy nie iets mooi kan se nie, bly liewer stil! Sies man. Este - Stellenbosch

    24ste Mei. 2010, 09:42
  • Klink my dit gaan sommer heel lekker daar agter tralies waar die belasting betalers haar verblyf moet betaal. Sy gaan nou seker aan haar boek begin werk - "101 Maniere om Weeskinders te geniet".

    24ste Mei. 2010, 08:29
  • Aan Cezanne en aan al die slagoffers wil ek net sê sterkte ....Jy is op jou sterkste as jy op jou kniee is....Onthou net dat julle nie alleen is nie en dat Jesus elke dag saam met julle is of julle dit wil hoor , glo of nie....Ek kan net vir julle bid en dat julle die "ondervinding" sal gebruik om julle liggies helder te laat skyn sodat ander weer by julle kan aansteek wat deur dieselfde ondervinding gaan....

    24ste Mei. 2010, 07:58
  • Ja, ek wil ook my stem voeg by diegene wat Cezanne aanmoedig om diep na te dink en vas te stel wat met haar gebeur het vanadt sy met Prinsloo deurmekaar geraak het. As sy daarin kan slaag om al die foute te identifiseer en name te gee sodat andere dit kan verstaan of selfs daarmee kan identifiseer, gaan sy 'b geweldige bydrae maak. Geen sielkundige of kriminoloog kan verduidelik wat in haar hart gebeur het nie. As sy nugter bly en nugter en eerlik praat gaan haar woorde van absolute belang wees vir die wetenskap en vir die mense van ons tyd. Ek dink maar aan die rooiligte wat sy vir ouers van tieners kan uitwys, ensovoorts. Vasbyt Cezanne. En baie sterkte aan Susan!

    23ste Mei. 2010, 20:16
  • Cezanne, jy kan baie bly bees jy het nie 'n kind van my so mishandel nie. Almal is so jammer, vir jou en wil jou amper soos 'n heilige laat klink. Maar nou na, as jy 'n heilige was, sou jy nie nou in die tronk gesit nie. Ou sussie, wat jy gesaai het, het jy nou gemaai. Aan Mev Lemmer, wat sou jy gemaak het, as jou dogter Cezanne, een van die onskuldige kinders was? Ja, arme Cezanne!!

    23ste Mei. 2010, 14:16
  • moenie van die grootste vark vergeet wat in Rusland in 'n tronk sit nie - mense - daai man is "creepy" - ek het al saam met hom in vergaderings gesit en na die 1ste vergadering al vir my base gesê ek weier om weer langs hom in 'n vergadering te sit. Hy wou alles van dag een af al beheer - 'n absolute beheervraat. Ek was baie versigtig vir hom. Ek glo Cezanne as sy sê sy was onder sy "spell" - vergaderings (met manne met grade) was onder sy "spell" - hy kon maak wat hy wil met hulle - sy het nie 'n kans gestaan nie.

    23ste Mei. 2010, 09:48
  • Wie kan die eerste klip gooie ....WIE???????

    22ste Mei. 2010, 20:01
  • Nee wat poppie kry vir jou. Wat op aarde het jy gedink gaan gebeur as jy lol met kinders. Ek wil jou hoor as dit eendag met een van jou kinders gebeur. Hou op om martie martel gat te speel en dien jou wel verdiende tronkstraf uit. Ek voel nogsteeds die tronkstraf was hopeloos te min.

    22ste Mei. 2010, 18:41
  • Ek stel nie eens 'n bietjie om wat en hoe dit met haar gaan nie! Ek kan nie verstaan waarom die media 'n krimineel wil "vereer" deur hulle verhaal te publiseer nie! Mense wat verkeerd doen, word gestraf en nie "vereer" deur publisiteit nie! Ek hoop sy gebruik die tyd in die gevangenis om oor die res van haar lewe te dink en ook aan die lewens te dink wat sy willens en wetens opgemors het! Hoe kan jy so iets aan enige iemand doen en dan dit suld op 'n ander pak! Haal haar naam uit die media! Ek is nou dik siek en sat vir mense wat nie aan normale gedrag hulle onderwerp en dan met 'n "helde-verering" voorleef. Mevrou Lemmer, jou dogter was stout en dien haar straf uit - iets wat jy dalk self moet besef en met jou dogter daaroor praat - dis 'n ouer se plig om sy of haar kind goed op te voed, te laat opvoed en op die regte pad te hou!

    22ste Mei. 2010, 18:38
  • Jammer tannie, maar jou dogter is gelukkig en bevoorregtd, ek bedoel, self in "'n kleiner sel"....lyk my die previous advantaged word nogsteeds bevoordeel. Sy het aangejaag en boet nou daarvoor. Deal with it. En jaaaa, sy is 1 van die gevang is, maar sou die rolle omgedraai wees en dit was NIE jou dogter sou jy NIE simpatie met die oortreder gehad het.

    22ste Mei. 2010, 13:57
  • Careleda, Jesus is God en die Jode het gevra dat hy gekruisig word. Jy ken nie jou Bybel nie. Oor Cezanne, sy het nie teen ons gesondig nie, ons het niks om te vergewe nie. Ek verstaan dat sy nog versuim het om die teen wie sy gesondig het om vergifnis te vra en dat sy nog nie enige aanspreeklikheid aanvaar het nie. Ek hoop haar tyd in die tronk laat haar besef dat sy verantwoordelikheid vir haar dade moet aanvaar en dat sy daarna sal kan aanbeweeg.

    22ste Mei. 2010, 11:25
  • wat van die arme slag offers het dirk prinsloo dan ook nog n pa nie dis net cezanne cezanne,,,mevr. lemmer ...hellloooooo... .....al wat ek kan se sy het goed geweet wat sy aanvang die vieslike goed ,,,,seks speelgoed ,,,orale seks voor daai arme kinders sies man i rest my case ek weet nie enige een sal besef wat hulle aan daai kinders gedoen het nie ek het al met sulke kinders gewerk ,,,,anyway sit maar ek hoop jy sal dit kan oor leef ,,,

    22ste Mei. 2010, 10:13
  • nou na al haar skandes wil sy by 'n geloofsaksie in die tronk aansluit EN sy hoop om met haar goeie gedrag na 2 en 'n half jaar vrygelaat te word. Ek weet van talle mense wat met "kragdadige bekerings" en "goeie gedrag" vroeg vrygelaat is, NET om WEER hulle verkeerde dade in die samelewing buite die tronk voor te sit...

    22ste Mei. 2010, 08:59
  • LEKKER ... Hoekom so jammer voel vir hierdie twee mense, ag sies tog. Susan Lemmer is ook verkeerd, sy moes eerder gese het "dankie tog, een minder wat kinders se lewe kan verwoes". Kan sy net aan haarself dink?????

    22ste Mei. 2010, 01:02
  • Hennie Lottering, gaan verkondig jou anti-semitiese twak op 'n ander plek, SA kan nie mense soos jy bekostig nie. Ek is geskok en met afsku vervul. Hoe arrogant!

    21ste Mei. 2010, 20:54
  • Dis n jammerte dat so n intellegente vrou deurmekaar geraak het met die duiwel. Liefde is blind. Al wat ek vir Cezanne kan sê is, vra Jesus om jou te vergewe. As jy dit gedoen het met n opregte hart, sál Hy jou vergewe en Hy sal ook vergeet. Dan moet jy jouself ook vergewe. ñ Mens kan partykeer jouself in depressie in dink, maar wie is ons, dat ná God ons vergewe het, dat ons ons self nie eers kan vergewe nie? Onthou, hierdie is nie die enigste lewe nie. Daar is ook ñ lewe ná die een. Sit eerder in die tronk vir 7 jaar en gaan Hemel toe as wat jy vir ñ ewigheid in die hel sit. Ek het ook al die tronk vrygespring.

    21ste Mei. 2010, 20:10
  • Cezanne en Susan, ek wil vir jul se dat ek dink julle het die tragedie wat jul lewens vir so n lang tydperk geteister het, met waardigheid hanteer. Julle is die tipe vroue waarvoor ander respek moet he. nie vir dit wat Cezanne verkeerd gedoen het nie MAAR vir jul vermoee om met sulke pyn steeds te oorleef. Cezannetjie sterkte ons bid vir jou. Hou jou mooi kop hoog !!!

    21ste Mei. 2010, 17:14
  • Mev Lemmer, my hart gaan uit vir jou. Vir jou dogter het ek geen respek of simpatie nie. Geen verskoning sal ooit genoeg wees nie. Sy gaan baie baie swaar kry, nie die hardste kriminele het nie tyd vir verkragters, molesteerders,pedofiele of enige iemand wat sy pote opgetel het vir n kind nie. Maar ja sy moes aan al hiedie dinge gedink het ne! Cezanne kan nou ook maar gelos word,sy is nie al hierdie publisiteit werd nie, daar is baie ander belangrike dinge wat gebeur, kom ons bid vir n arme kind, Marzanne wat dalk vir die res van haar lewe blind gaan wees.

    21ste Mei. 2010, 17:03
  • Careleda,vergewe my , maar ek verskil van jou.Gaan lees Mattheus. Dit is 'n boek in die Bybel.Die eerste een in die nuwe testament. Die Romeine het vrede gehad met die Evangelie wat Jesus verkondig het.Pontius Pilatus, die Romeinse bevelvoerder in Jerusalem het bevind dat Jesus aan niks skuldig is nie.Vandaar die uitdrukking "ek was my hande in onskuld" Dit was die Farisiëers en Skrifgeleerdes(Die Joodse kerkleiers van daardie tyd)wat aangedring het op Jesus se kruisiging. Soveel so dat Judas met geld omgekoop is deur einste die mense om Jesus te verraai.

    21ste Mei. 2010, 16:35
  • Sterkte! Dis nie maklik nie en ook dit sal verbygaan. Nie lank nie, dan lees ons jou onderhoud na jou vrylating in die Sarie!

    21ste Mei. 2010, 15:23
  • Wel dis nou nie asof sy NET die kinders laat by die tehuise terugbesorg het nie... Behou perspektief.

    21ste Mei. 2010, 14:29
  • Sy het haar bed gemaak, sy moet op hom slaap. Sy het duidelik gedink sy is as regsgeleerde verhewe bo die wet. Ek dink ook eerder aan die slagoffers en hulle gesinne. Ek kan ongelukkig nie vir haar jammer voel nie.

    21ste Mei. 2010, 12:21
  • 'n Ma bly 'n Ma en daarom het God haar uniek geskep. Sy is nie blind vir haar kind se foute nie, verseker besef sy die pyn en leed wat haar kind ander aangedoen het, maar haar beskermingsdrang en haar liefde vir haar kind kom van God. Daar is geen handleiding wat saam met die geboorte van 'n kind kom nie, daarom maak ons almal in ons lewe foute met die opvoeding van ons kinders waarmee ons moet saamleef. Niemand is perfek nie, maar die oordeel kom God alleen toe. Slegs ouers wat reeds in haar skoene gestaan het, weet wat sy deurmaak. Nooit sal ek my ouma se trane kan vergeet wat sy stil gestort het terwyl sy na buite gestaar het maar met haar eie gedagtes besig was oor my Oom in die tronk nie, al het almal hom veroordeel as sleg uitgekryt het sy hom onvoorwaardelik lief gehad ten spyte van die seer wat hy haar aangedoen het. Sy het nooit sy dade goedgepraat of verskonings vir sy optrede gesoek nie. Hy moes saamleef daarmee dat sy Moeder wat hom onvoorwaardelik liefgehad het, begrawe is en dat hy nie haar begrafnis kon bywoon nie, nie omdat hy nie wou nie, maar dat sy eie toedoen hom daarvan weerhou het. Susan, jy wil verseker steeds die beste vir jou kind in die lewe hê, jy kan steeds vir haar die beste gee, gee haar oor aan God se beskerming deur in geloof vir haar te bid, my ouma het dit tot die dag van haar dood gedoen. Haar woorde was, let go, let GOD; dit IS jou BESTE en tot jou beskikking.

    21ste Mei. 2010, 11:52
  • Cezanne moet ongelukkig betaal vir haar optrede. Sy het gelukkig baie lig van haar skade weggestap. Dink aan die slagpffers wat nie meer 'n lewe het nie. Hulle onskuld is deur haar seksbeheptheid van hulle af weg geskeur sonder hulle eie besluit of sonder enige romanse of drome oor hulle droom man. Betaal vir wat jy veroorsaak het, daardie tyd was jou belange van die belangrikste en net jou eie satisfaksie. Dit was jou keuse om so te lewe vir seks, dwelms en geld. Lees die boek 90 seconds en dit sal jou laat besef wat jy dalk gedoen het.

    21ste Mei. 2010, 11:31
  • Ons maak maar almal foute in ons lewens, party seker groter foute as ander. Hoewel Cezanne (en haar vriend van destyds) se oortredings baie groot en onverskoonbaar was, dien sy nou haar straf daarvoor uit, soos wat die Hof geoordeel en beveel het. Onthou net, voor God is daar nie groot en klein sondes nie; enige verkeerde woorde, gedagtes of dade, of versuim, is SONDE, volgens die Bybel. So, wie is ons nou eintlik om te oordeel? Die oordeel kom God toe, in die laaste instansie. Ons sal almal eendag voor Sy Troon verskyn om oor ons woorde, dade en gedagtes "verslag te doen". Laat ons dus elkeen let op ons eie lewe, terwyl ons ander vergewe, soos Hy ons elke dag vergewe. Ek bid die geaffekteerdes in die saak sterkte en seen toe.

    21ste Mei. 2010, 09:23
  • 'n Mens wonder net baie keer wanneer dit goed gaan met die slegte dinge wat jy doen, dat die lewe goed en opwindend is. As die lewe dan draai en dit eweskielik nie volgens jou wil gaan nie, dan verwag jy alle ondersteuning , simpatie en empatie sover jy gaan. Skildgevoelens duik dan op van diegene wat verantwoordelik was vir opvoeding. Klomp onbeantwoorde vrae word dan in die stilligheid ondersoek. Hoe ironies is dit nou dat sleg en slegte dinge nou omskakel na sesasie. Oor 4 jaar verskyn daar seker 'n boek ook. Al wat ek kan sê , ek is terleurgesteld in 'n hoogs bekwame vrou wat sulke dinge met onskuldige mense aangevang het. Iewers op Universiteit moes daar seker nog 'n vak gewees het oor : Morele verantwoordelikheid of "Common sense". Nee wat meisie, vat maar jou straf.

    21ste Mei. 2010, 09:21
  • Geen simpatie met haar nie. Wat sy gedoen het is walglik. Ek weet wragtig nie hoekom daar geskryf word oor haar lewe in die tronk nie. Wat is sy beter as die ander gevangenisse? Skryf dan oor hulle ook.

    21ste Mei. 2010, 09:06
  • Waar was haar 'geloof' toe sy die kinders gemolesteer het?

    21ste Mei. 2010, 09:05
  • Cezanne, ek dink aan jou en aan jou ma, ek sal jou in my gebede opdra. Ons maak almal foute, doen dinge waaroor ons later spyt is, maar weet dat God het jou klaar vergewe. Dien jou tyd uit en as jy uitkom kan jy van voor af begin. Daar gaan mense wees wat jou gaan kritiseer en 'n harde tyd gee maar op die ou end moet jy besef dat GOd jou klaar vergewe het. Bly net sterk, kry vir jou iets om op te fokus. Bid elke dag dat God jou die genade sal gee om hier deur te kom, en glo my Hy sal. Vra vir die Here dat Hy jou sal lei en jou sal gebruik waar Hy kan, onthou nou, jy het deur iets gegaan waardeur duisende ander vrouens ook al gegaan het en nog steeds gaan, gebruik daardie slegte ondervinding nou ten goede van ander mense want dan sal jy weet dit was nie alles tevergeefs nie. Sterkte vrou, onthou jy is 'n intelligente pragtige skepping van God en God is nog steeds baie lief vir jou. Al was jy skarlakenrooi van die sonde sal God jou witwas en reining. That which have been nullified will now be purified.

    21ste Mei. 2010, 08:22
  • Ek voel jammer vir haar Ma wat nou gereeld die gevangenis moet besoek. Moet aaklig wees. Aan die ander kant, hoekom sal ons nou medeleie he vir so 'n monster? Wie is die werklike slagoffers hier? Beslis nie sy nie. Sy is gemors en kry presies wat sy verdien...sy het niks gevoel vir die mense wat nou lewenslank met verskriklike sielkundige letsels moet loop weens haar selfsugtige doen en late. 'n Mens kan net bid dat almal sterker mense kan word deur alles wat gebeur het en dat die arme slagoffers innerlike heeling kry.

    21ste Mei. 2010, 08:06
  • Dis nou tipies van SA ! Cezanne verdien elke minute in die tronk. Dankie Wally, ek stem saam met jou. Ek hoop sy vind dit in haar hart om vir elke kind wie se lewe sy opgemors het,'n persoonlike boek te skryf waarin sy hulle om genade en vergifnis vra vir haar walglike dade. Sterkte aan die Slagoffers !!!

    21ste Mei. 2010, 08:06
  • Cezanne, sterkte, die belangrikste is dat as jy jou lewe voor God reggkry, is hy vergewe van al jou oortredinge hierdie een ook en kan jy as n nuwe mens in Christus lewe. Lig jou kop op .

    21ste Mei. 2010, 08:05
  • ek hoop dat almal hieruit iets geleer het, van die owerhede wat mense beter moet ondersoek, na ouers wat sien hulle kinders is in verkeerde verhoudings en profesionele mense wat mag misbruik en dink hulle kom weg daarmee. ek hoop en bid dat al die partye die drade van hulle lewens nou op tel en aanbeweeg. sterkte

    21ste Mei. 2010, 06:13
  • Selfs uit die swartste modder kom die mooiste wit lelie, so ek hoop dat alles ten einde vir haar goed meewerk en dat sy 'n volwaardige kind van die Here daar sal uitkom en groei in die geloof, jammer vir wat sy aangevang het, maar ek glo sy gaan 'n beter mens daar uitkom en moet probeer om 'n boek te skryf wat met haar gebeur het en wat sy onder vind, sterkte en bid vir die kinders wat deur jou doen en late verniel is.

    21ste Mei. 2010, 00:28
  • Mevrou - GOD is nie stom of bind nie- STERKTE

    20ste Mei. 2010, 21:49
  • Hallo Susan, Ek weet eintlik nie wat om vir jou te se nie, want net iemand wat in jou posisie is, sal dit kan verstaan. Ek kan my nie indink hoe jy moet voel en verlang nie, hoe bekommerd jy is nie, al wat ek kan se is dat ek ook 'n ma is. Mag jy krag en sterkte ontvang om die pad saam met jou dogter te loop - definitief gaan sy baie op jou skouer leun vir krag en nabyheid. Alle voorspoed. Van Susan.

    20ste Mei. 2010, 21:09
  • Sy moet net nie weer met Dirk Prinsloo of iets soortgelyks deurmekaar raak wanneer sy eendag uit die tronk kom nie. As sy nie uitgevang was nie, sou sekerlik nog steeds met haar sekskapades voortgegaan het sonder om 'n oog te knip. Ongelukkig moet mens maar hiervoor gestraf word, want die slagoffers ly in stilte.

    20ste Mei. 2010, 17:57
  • Weet jy Wally ek dink regtig dat dit nou tyd is dat mense soos jy ophou om oor,en oor,en oor dieselfde deuntjie te sing. Kyk eerder vir n slag wat jy kan doen om die samelewing te verbeter. Mense soos jy wat so onvergewensgesind is maak my moeg. Hierdie jong vrou is vir die afgelope 10 jaar gestenig oor die ou storie. Ek was soms in die hof teenwoordig gedeurende hiedie pynlike tyd vir haar en wil vir jou se, ek hanteer nog steeds die tienders (3) wie se getuienis by 3 geleenthede aangebied en al 3 keer verskil het met twyfel.Dit het my laat dink.... Is al hul stories waar ?? In dien wel, waarom het dit by 3 geleenthede verskil. Dink mooi !!!

    20ste Mei. 2010, 17:47
  • Ek is verbaas dat 'n gesins tydskrif soos Sarie 'n artikel publiseer oor 'n seksueele predictor se gevoelens en ondervinding van die tronk. Die vrou het gekies om kinders se lewens te verwoes - Ek persoonlik dink sy moet geen publisiteit behalwe negatiewe publisiteit kry nie! Oor 'n paar jaar is sy weer vry in die gemeenskap en ook vry om kinders van haar eie te hê - ek ril as ek daaraan dink!

    20ste Mei. 2010, 17:40
  • Jaaiks - my gedagtes was so by Cezanne en haar ma die week. This girl had so much going for her. Dit kan regtig met die beste onder ons gebeur om in so situasie vas gevang te raak. Veral as jy nie 'n goeie man rolmodel het nie. Ek wil saam met die twee bg mense stem. Sy kan haar lewe om draai en 'n inspirasie vir baie raak. Sy is nie verniet deur die aaklige trauma nie. En sy het die kapasiteit om dit tot haar en ander se voordeel te gebruik. Ek is seker daarvan sy het baie geleer in die hele situasie.

    20ste Mei. 2010, 16:28
  • Hennie Lottering waar kom jy daaraan dat die Jode G-d vervolg het. Jy het jou feite totaal en al deurmekaar want die Jode is juis die wat Haschem (G-d) soveel respekteer dat hulle nie eens die woord G-d mag voluit skryf nie. As jy so deurmekaar is glo ek moet jy liewer nie vir Cezanne raad gee nie. Daar word wel beweer dat die Jode Christus vervolg het maar weereens dit was die Romeine (Herodus). Cezanne ek wens jou sterkte toe en glo dat jy en jou familie baie gebede nodig het. Wanneer jy jou straf uitgedien het kan jy mos maar jou kop hoog oplig en almal in die oë kyk want laat die een wat sonder sonde is die eerste klip gooi. Ek is 'n moeder van 4 en het 6 kleinkinders so ek dink geweldig aan Susan Lemmer. G-d seen u en u familie.

    20ste Mei. 2010, 16:14
  • Dit is mooi om te lees van die positiewe raad wat die internetters vir Cezanne en haar moeder gee, maar wat van die slagoffers BUITE die tronk? Verdien hulle ook nie 'n bietjie (baie) raad om die lewe in die oë te kyk nie? Dit is mos eintlik HULLE wat gely het - nie Cezanne nie!!!

    20ste Mei. 2010, 15:28
  • Ai dis 'n jammerte dat Cezanne nou haar les op so 'n harde manier moes leer. Maar ongelukkig het haar dade 'n groot spel in haar uitspraak gespeel want hierdie is/was 'n kwesbare teer sakie en is nie iets wat jy net onder die bed kan wegsteek nie. Ons almal maak foute maar die belangrikste is wat jy daaruit gaan leer om staande te bly om voorentoe te beweeg. Hierdie stigma gaan haar volg tot in die graf eendag. Ek hoop van harte net dat sy haar les geleer het en terwyl sy in die tronk is iets skeppends begin doen om van al die emosies en gevoelens ontslae te raak sodat sy weer heel kan word en respek vir herself weer kan kry. Dalk moet sy dink aan 'n boek sodat ander daaruit kan leer. En wanneer sy in die toekoms uit die tronk gelaat word, moet sy hierdie gebeurtenis agter haar sit en vars begin. Sy sal moet begin vrede maak met mense se opinies, kommentaar en geniepsigheid. Dit gaan nou vir altyd daar wees, maar mense kan jou net seermaak as jy hulle toelaat. Hoe meer jy jou vyand in die oe kyk, hoe magtiger gaan jy word deur jou eie demons te konfronteer met die hoekoms en waaroms. Wanneer die nuwe vars bladsy buite begin gaan dit van haar afhang of sy gaan vlug of haar man gaan staan teen haar verlede.

    20ste Mei. 2010, 14:33
  • Geagte mevrou Lemmer en Cezanne. Ek kry u jammer wat elke naweek moet gana kuier want almal dink gewoonlik die familie is net soos die oortreder. Ek kan ook verstaan dat julle bekommerd is en het empatie met wat gebeur het. Die feit van die saak bly dat een by 100 moet aanpas en nie andersom nie. Cezanne sal gou haar voete vind en moet haar nie deur ander laat mislei nie. Die feit dat sy haar eie beddegoed saam geneem het is goed want sy het nog'n stukkie van haar persoonlikheid kon behou. Tronklewe is nie lekker nie maar kan ek u verseker as sy die nodige vaardighede toon wat ek glo sy het sal sy tot voordeel van ander aangehoudendes gebruik word. Sy kan haar akedemies kwalifikasie gebruik om ander te leer lees / skryf / moontlik as studieleier om ongeletterde mense te help en op die ou einde tel dit tot haar voordeel want sy werk saam. Onthou hulle kan jou liggaam toesluit maar nooit jou verstand nie. Wanneer sy uitkom moet sy weet sy het haar straf uitgedien en skuld die samelewing niks nie. (Die Suid Afrikaners laat my in elk geval aan die Jode dink wat God vervolg het - hulle kan en wil nie vergewe nie en sal jou bly kruisig tot die dag van jou dood) God is ook in die tronke teenwoordig en sal jou kind wat opreg berou het nie in die steek laat nie. Sterkte ook vir u en die res van die familie.

    20ste Mei. 2010, 13:27

Web Development by FormFunction