El Bulli, wêreld se top-restaurant, sluit vir goed
El Bulli, die wêreld se top-restaurant, sluit finaal sy kombuis se deure.
Kos-ghoeroe en grootbaas van El Bulli, Ferran Adria, het tot onlangs gesê El Bulli sluit slegs vir twee jaar. Maar die afgelope naweek het hy erken dat El Bulli nie wins maak nie en hy en sy vennoot, Julie Soler, het besluit om El Bulli vir ewig te sluit.
Dit kom as 'n groot skok vir duisende kosliefhebbers regoor die wêreld. Daar is reeds 'n waglys van 3 000 mense vir volgende jaar se seisoen.
El Bulli sal nog vir die 2010-seisoen oop wees, en ons kan maar net wonder wat die meester Ferran Adria gaan doen voor die gordyn finaal sak?
Volgens die Daily Mail beplan Ferran om 'n kookskool te begin, maar dis nog net 'n toekomsdroom. Adria beplan ook om sy aandag op ander projekte te fokus soos sy hotel en wegneem-ete-plek, Fast Good.
Het jy geweet?
Ons het in die heel eerste SARIE KOS oor El Bulli geskryf
Verwante artikels
-
El Bulli se towersmake
SARIE KOS - Somer 2007
Op ’n heuwel aan die Spaanse kus is jy bietjie nader aan die hemel, want hier lê die wêreld se beste restaurant
-
Top-50 beste restaurante in die wêreld - SA kry 2 plekke
SARIE - Mei 2010
Die S.Pellegrino World's 50 Best Restaurant Awards het in Mei 2010 twee SA restaurante onder die top-50 aangewys.


















Kommentaar