Elizma Theron se gunsteling fliek
Elizma Theron, sangeres en aktrise in Villa Rosa gesels oor haar mees inspirerende fliek.
"Ek dink byna elke dag aan die fliek Facing the Giants. Dis inspirerend en maak jou dankbaar en nederig. Dit gaan oor geloof en dat geen probleem te groot of te klein is vir ons Vader nie. Jy moet net roep na hom en jou hartseer en geluk met hom deel. Veral een storie bly my by: Twee boere het swaargekry, want die grond was baie droog. Albei het gebid vir reën. Toe het die een boer gewag vir reën voor hy begin plant het, maar die ander een het dadelik sy lande begin voorberei. Só dikwels wag 'n mens ná gebed dat iets moet gebeur voor jy 'n kans waag. As ek nou bid, dink ek: Elizma, jy het gebid ... Now prepare for rain."
Verwante artikels
-
Aktrise Thandie Newton gesels met SARIE
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 3
Die Britse aktrise Thandie Newton speel die rol van Laura Wilson in Roland Emmerich se nuwe trefferfilm, 2012. Sy gesels met SARIE oor 'n paar benoude oomblikke op stel, die krag van 'n goeie storie en die Maja-profesië
-
Elizma Theron
SARIE - Oktober 2009
-
Elizma Theron gesels oor vrede, vergifnis – en haar gewig
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 5
Net nie oor haar verbrokkelde verhouding met die sanger Theuns Jordaan nie...
-
Elizma Theron oor haar en Theuns se nuwe fliek
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 4
Die sangeres Elizma Theron hou haar lyf deesdae aktrise. Ons gesels met haar
-
Ivan Zimmerman - "Die fliek het my anders laat kyk"
SARIE - Desember 2009
-
Kyk die voorprent van Jakhalsdans - nuwe Afrikaanse fliek met Theuns Jordaan en Elizma Theron
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 3
'n Splinternuwe Afrikaanse fliek Jakhalsdans begin op 23 April 2010 op die grootskerm wys. Dis gegrond op 'n liefdesverhaal deur die skrywer Deon Meyer, die regisseur is Darrell Roodt.
-
Lianie May se gunsteling-fliek
SARIE - April 2010
-
SARIE se Charis resenseer Jakhalsdans
SARIE - April 2010
"Nadat jy die fliek gekyk het, voel dit so 'n bietjie asof jy na 'n hoogspring-atleet gekyk het wat maar net nie oor daai dwarslat kon kom nie." Só skryf SARIE se Charis oor die nuwe Afrikaanse fliek Jakhalsdans.
-
Theuns Jordaan se diefstalvoorval - die ware feite
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 2
Volgens 'n persvrystelling wat vanoggend uitgereik is, was daar verskeie feitefoute in die artikel oor Theuns Jordaan en die voorval in Mei 2010 in Nelspruit toe sy motor gesteel is.


















Kommentaar