Errol van '7de Laan' raak op Tafelberg verloof!
Foto’s: verskaf Galery
Christo Davids (Errol van 7de Laan) en sy vriendin, Cindy Khana , het 2012 op 'n hoë noot begin toe hulle op 6 Januarie verloof geraak het.
Dié twee is al sowat nege jaar saam en Christo het gereken dis hoog tyd om die volgende stap in hulle verhouding te neem.
Hy was einde verlede jaar in die Kaap besig met David Kramer se produksie, Some Like it Vrot, en was ook betrokke by die Cape Heart Theatre waar hy artistieke direkteur is.
“Cindy het ‘n bietjie krapperig geraak met my vol skedule en met reg – dit was net werk, werk, werk,” vertel hy.
Hy het Vrydag die 6de af gehad en besluit om haar ‘n bietjie te bederf. Die twee het soos wafferse toeriste op die Kaap se bekende rooi bus die wêreld vol gery en hulle gate uit geniet. Oor middagete op Tafelberg het hy die jawoord gevra.
Nou watter meisie sal kan nee sê as so ‘n sjarmante jong man haar op so ‘n spesiale plek vra om sy vrou te word?
Die twee beplan om Maart 2013 te trou. Op die 7de Laan-stel is almal in die wolke oor die goeie nuus .
















Kommentaar
marietha eyssen adelaar het gesê:
x baie bly vi jle twee ! jle is so qute bymeka...alle voorspoed mag jle dosyne "kids" hê..mwah!
20ste Mar. 2012, 17:13Isabel het gesê:
Baie geluk goeie keuse mag julle baie gelukkig wees
1ste Feb. 2012, 14:01Achmat het gesê:
Hi Christo ....die eerste uitnodiging trou kaartjie is myne Ek en vrou sal dit uit die boonste gestontes waardeer want sy is n groot fan en het jou shows bygewoon. Tata
1ste Feb. 2012, 08:41Achmat het gesê:
Baie Geluk Julle Twee Christo Hou Haar Vas Moenie Los Nie
31ste Jan. 2012, 08:51Silvia het gesê:
Baie geluk Errol- glo en vertrou jul sal baie gelukkig wees- Jammer Cindy hy sal maar moet werk want ons wil hom nie graag verloor as akteur- hy is n ware ster!
30ste Jan. 2012, 14:38Fiona Boesak het gesê:
Geluk Errol En Cindy. Nou is jy sommer mos A 4 away...geniet dit. Van al die personeel lede van Radio Gamkaland in Beaufort Wes. Jy kan nou oral in skakel,maak nie saak waar in die wereld jy is nie: www.gamkafm.ndstream.net. Dis ons webtuiste,chiao!
30ste Jan. 2012, 10:55theresa minnaar het gesê:
net die beste sonskynwense vir julle
29ste Jan. 2012, 12:23enoch het gesê:
Baie geluk Merrol ( soos Oom Oubaas se)
27ste Jan. 2012, 08:10CLJ het gesê:
Went to watch Some Like it Vrot in November, it was amazing. Congrats to the oulike couple!
27ste Jan. 2012, 07:55Tina Pasmans het gesê:
Baie geluk julle tweetjies ons wag vir die troue
26ste Jan. 2012, 22:57Joan Oelofse het gesê:
Veels geluk en mag God jul seen
26ste Jan. 2012, 20:03Rozanne Carolus het gesê:
Baie geluk julle twee
26ste Jan. 2012, 16:08paulina foxcroft gerber het gesê:
geluk Christo en Cindy.
26ste Jan. 2012, 14:57Dehlia Fernandez het gesê:
Baie geluk met jul verlowing, Cindy ek weet jy gaan baie gelukkig wees , want met 'n man soos Errol kan daar net baie pret wees,
26ste Jan. 2012, 14:35Allison het gesê:
Cindy is 'n pragtige girl...goed opgevoed en weet. Wat sy in die lewe wil he. Baie geluk aan die twee lieflike beskeie mensies..
26ste Jan. 2012, 14:31laetitia het gesê:
Baie geluk Errol.Mag julle baie gelukkig wees.
26ste Jan. 2012, 12:51Petro het gesê:
... en wat gaan Mnr Meintjies se? Baie geluk en ek hoop hulle het 'n lang en gelukkige verbintenis vorentoe.
26ste Jan. 2012, 12:28