Eva Longoria gebroke oor egskeiding!
Eva Longoria, bekende Desperate Housewives-ster en een van die wêreld se mooiste vroue, staan op skei. Dié nuus het gister soos ’n veldbrand versprei nadat Eva (35) dit self op haar Twitter-blad bekend gemaak het.
So het sy op Twitter laat weet: "It is with great sadness that after 7 years together, Tony and I have decided to divorce. We love each other deeply and pray for each other's happiness." Die rede? Haar man, Tony Parker, die bekende basketbalspeler, se dwalende oog en hande wat maar net nie kon tuis bly nie!
Talle gerugte doen nou die rondte oor wie die ander vrou is. Daar is twee verdagtes. Die een is ’n Franse model, Alexandra Paressant, en die ander een is Erin Barry, die eksvrou van ’n voormalige spanmaat van Tony (28). Erin en Brent Barry is reeds in Oktober geskei.
Daar is bewerings dat Tony langer as ’n jaar honderde suggestiewe boodskappe aan ’n ander vrou gestuur het. Eva het glo erken dat sy dié boodskappe op haar man se foon gesien het. Volgens die stories sou sy gesê het die boodskappe was gerig aan die eksvrou van ’n voormalige spanmaat van Tony. Dié twee sportmanne was van 2004 tot 2008 spanmaats vir die San Antonia Spurs en die twee paartjies het destyds bevriend geraak. Met sulke vriendinne, wie het dan vyande nodig, Eva?
Eva se regsverteenwoordiger is die beroemde Hollywood-egskeidingsprokureur Lance Spiegel. Hy het al onder meer die egskeidings van Sandra Bullock en Russell Simmons hanteer.
Die huwelik word beëindig ná drie jaar van getroude lewe, maar die paartjie is al sewe jaar bymekaar. Eva dring daarop aan dat haar volle naam weer terugverander na Eva Jacqueline Longoria. Sy het erken haar hart is gebreek deur die verraad, maar sy is sterk.
Eva, ons dink aan jou!
Verwante artikels
-
Affairs met bekendes: Wat dryf die ander vrou?
SARIE September 2010
Die een ná die ander bekende man se buite-egtelike verhouding(s) kom deesdae op die lappe. Die vraag is: Watter soort vrou begewe haar in só ’n riskante situasie?
-
Al dié bekendes wat in 2010 uitmaak
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 2
Nes jy dink dis die jaar van geluk en liefde, verbreek nog 'n 'gelukkige Hollywood-paartjie' hul verhouding.
-
Daar is lewe na egskeiding
SARIE - Oktober 2010
-
Egskeiding: Maak die seer makliker - Deel 2
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 1
Egskeiding kan kinders se wêreld laat verkrummel – tensy julle as ouers dit reg hanteer. Maak jou huis steeds ’n plek waar hulle veilig en gekoester voel - Deel 2
-
Eva Longoria het pas ’n kookboek bekend gestel
SARIE - April 2011
Dié Desperate Houswives-aktrise deel haar passie vir kos en haar kombuis met al haar aanhangers. En hier is een van die resepte!
-
Frank Rautenbach wys sy trou-, familie en modelfoto's
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 3
Rugbyspeler, gimnas, branderplankryer, model, sanger, selfs baba-oppasser . . . Is daar dan geen einde aan Frank Rautenbach se talente nie? Maar bo dit alles kies hy akteur-wees.
-
Hoe gaan Kate lyk op haar troudag?
SARIE - November 2010
Die koninklike paartjie se troudatum is pas bekend gemaak: 29 April 2011! Maar nou begin die volgende rondte raaiskote oor wie haar rok gaan ontwerp ...
-
Kinders en egskeiding: Maak die seer makliker
SARIE - Junie 2010
-
Nuwe liefde vir Minki
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 10
Ontmoet die nuwe liefde in haar lewe...
-
Pedro Camara (7de Laan se Carlos) wys sy trou-album: "Daar steel 'n regte Boeremeisie my hart!"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 6
"O gaats, nou is ek diep in die moeilikheid. Ek weet nie op watter dag in Februarie ons getroud is nie!" Pedro Camara beken ruiterlik hy is nog nie eens 'n jaar getroud nie en het klaar die datum vergeet!
-
SA bekendes wat soos Hollywood-celebs lyk. Raai wie?
SARIE Augustus 2010
Ons het 'n bietjie deur die foto-albums geblaai, en raai wat? Kyk net na watter internasionale celebs lyk Michelle McLean, Jana Strydom, Anna-Mart van der Merwe, Corine du Toit en Landi Swanepoel!
-
Wie's na Prins William se troue genooi?
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 2
Dis die groot vraag op almal se lippe as Prins William en sy Kate uiteindelik voor die kansel staan.
















Kommentaar