Farrah Fawcett se Barbie!

SARIE - November 2010

Farrah Fawcett (2 Februarie 1947 – 25 Junie 2009) was ’n Amerikaanse aktrise wat vir verskeie Golden Globe- en Emmy-toekennings benoem is. Sy het in 1976 in die eerste seisoen van Charlie's Angels internasionale roem verwerf as privaatspeurder Jill Munroe.

Miljoene vroue regoor die wêreld het sedertdien haar bekende haarstyl nageboots. Farrah-ondersteuners kan nou begin opgewonde raak, want die Farrah Fawcett-Barbie is een van die dae op die winkelrakke! Die pop is ’n afbeelding van dié foto (regs) wat in die 70's geneem is en die Barbie lyk kompleet soos die ware Jakob. Wie weet, dalk word dit nog ’n versamelaarsitem. 

Nou wag ons net om te sien hóé perfek hulle die ikoniese haarstyl kon namaak!

  • Foto van shavedlongcock.blogspot.com, perezhilton.com

Verwante artikels

  • Barbie word 50

    Barbie word 50

    SARIE - Maart 2009

    Ouderdom is geen probleem vir ons gunsteling-pop nie. Sy't Maandag 9 Maart 50 geword en lyk mooier as ooit! Volgens www.barbie.com was die groot partytjie Sondagaand by haar droomhuis in Malibu. Barbie het ook haar eie mode-vertoning by die Mercedes-Benz...

  • Farrah Fawcett - almal se engel

    Farrah Fawcett - almal se engel

    SARIE - Junie 2009

    Die bekendste engel van die Charlie's Angels-reeks en die ikon van die 70's, Farrah Fawcett, het haar stryd teen kanker op 62 verloor.

  • Gé se dogter oor haar pa

    Gé se dogter oor haar pa

    SARIE - November 2010 | Kommentaar: 2

  • Hanna Grobler: "Ek's g'n blonde poppie"

    Hanna Grobler: "Ek's g'n blonde poppie"

    SARIE - April 2010

    Haar tyd op die eiland Santa Carolina tydens die skiet van Survivor SA, het mense ’n ander kant van haar laat sien as net die sexy blondine, sê Hanna Grobler. En sy’t baie van haarself geleer

  • Hansie Visagie, poppemaker

    Hansie Visagie, poppemaker

    Jare terug het hy die poppe vir Mina Moo en Mannemarak geskep. As marionetmeester het hy ook lewe gegee aan Kwaaitjie Kabouter in Liewe Heksie en Wielie Walie se Sarel Seemonster. Op 51 speel Hansie Visagie steeds pop. Hy het gehelp om die poppe vir 7...

  • Nuwe liefde vir Minki

    Nuwe liefde vir Minki

    SARIE - November 2010 | Kommentaar: 10

    Ontmoet die nuwe liefde in haar lewe...

  • SA-mode vier Barbie se verjaardag

    SA-mode vier Barbie se verjaardag

    SARIE - Junie 2009

    Barbie het op 9 Maart haar 50ste bestaansjaar gevier, en daar word regoor die wêreld partytjies vir dié bekende pop gehou.

  • SARIE se Fanie kry rol in nuwe Afrikaanse fliek

    SARIE se Fanie kry rol in nuwe Afrikaanse fliek

    SARIE - November 2010

    SARIE se styl- en sosiale redakteur, Fanie Cronjé, het 'n rol losgeslaan in Sean Else se nuwe fliek.

Galery

  • Farrah Fawcet
  • Farrah Fawcet Barbie

Kommentaar

Web Development by FormFunction