Fliek oor Saartjie Baartman by gesogte filmfees
Vénus Noire, 'n Franse film oor Saartjie Baartman se lewe, is op die lys van gevierde films by 2010 se Venice Film Festival in Venesië, Italië.
Suid-Afrikaanse akteur Andre Jacobs het meer as drie maande aan die fliek geskiet, en vandag is hy self saam met Hollywood-sterre soos Jessica Alba, Natalie Portman en Joaquin Phoenix op die rooi tapyt in Venesië om die filmfees by te woon. Andre speel die rol van Hendrick Cezar, die broer van die man wat Saartjie as slaaf aangehou het. Hendrick het Saartjie oortuig om Europa toe te gaan om munt te slaan uit haar uitsonderlike liggaamsbou.
Die regisseur is die bekroonde Abdellatif Kechiche.
Quentin Tarantino lei die beoordelaarspaneel, en saam met hom in die ding is Arnaud Desplechin van Frankryk, Guillermo Arriaga van Mexiko en die Italianer Gabriele Salvatores.
Verwante artikels
-
Afrikaanse fliek, Bakgat 2 - hier's 'n voorskou!
SARIE Augustus 2010
Die Afrikaanse film Bakgat was 'n treffer onder kykers!
-
Akteurs van nuwe Afrikaanse fliek, Roepman, gesels met sarie.com
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Phyllis Green gesels met die akteurs van Roepman, 'n nuwe Afrikaanse fliek, met Paul Eilers as regisseur.
-
Corine du Toit, Vicky Davis in bekroonde kunsfliek met Holllywood-regisseur - VIDEO en foto's
SARIE Augustus 2010
Corine du Toit (Jane in Egoli), Pasella-aanbieder Vicky Davis, en komediant Cokey Falkow speel in Florida Road, die bekroonde kunsfliek wat handel oor 'n Indiese familie wat hul tuisdorp, Moembaai, verlaat vir 'n beter lewe in Durban.
-
James Bond is Mikael Blomkvist in nuwe Larsson-fliek
SARIE Augustus 2010
Vuurwarm nuus! Daniel Craig (42) is gekies om die rol van die joernalis Mikael Blomkvist in die Amerikaanse weergawe van die topverkoper Stieg Larsson-boek The Girl with the Dragon Tattoo te vertolk, berig Entertainment Weekly se webtuiste.
-
Nóg 'n nuwe Afrikaanse fliek - SARIE kuier agter die skerms van Paul Eilers se Roepman
SARIE September 2010 | Kommentaar: 4
Kamera, ligte, aksie! 'n Groepie akteurs verskyn soos spoke uit die stoomwolke wat langs 'n trein uitwarrel. Hulle hardloop langs die trein tot waar hulle nie meer kan byhou nie.
-
Susanna van Biljon-fliek met klomp Afrikaanse sterre - nuwe foto's!
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Susanna van Biljon, 'n Franz Marx-film, is die storie van 'n meisie iewers tussen êrens en nêrens.














Kommentaar