FOTO: Sanger Robbie Williams se troudag
Foto’s: www.hellomagazine.co.uk Galery
Hier's die eerste amptelike foto van sanger Robbie Williams voor die kansel.
Robbie Williams, bekende sanger, het in Augustus 2010 met sy meisie, Ayda Field, tydens 'n prettige affêre by sy Los Angeles-huis getrou. Daar was agt honde in die plek van strooimeisies en die troue het 'n James Bond-tema gehad.
Die Augustus uitgawe van Hello! Magazine het 'n volle 35-blad foto-album van Robbie se groot dag. "Ek is die gelukkigste man in die wêreld!" het hy verkondig.
"Die troue was betowerend. Dit was wonderlik om al die familie daar te hê en Ayda het so mooi gelyk. Dit was net te veel vir my... "
Robbie het ook een van sy treffer-liedjies, Angels, gesing en het al die gaste oortuig om saam te sing.
Lees meer oor hul verlowing op Kersdag, hul liefde vir realiteitsreekse en dat hulle nie haastig is om 'n gesin te begin nie (hoewel die gerugte loop dat Ayda reeds swanger is...).
Dit is onlangs bekend gemaak dat Robbie weer 'n CD saam met sy vorige musiekgroep, Take That, opgeneem het en dat dit binnekort bekendgestel gaan word.
Robbie het aan BBC News gesê dat hy vreeslik opgewonde is oor die hele ondervinding.

Verwante artikels
-
Calista Flockhart en Harrison Ford trou... uiteindelik!
SARIE - Junie 2010
Na bykans 8 jaar saam het Harrison Ford (67) en Calista Flockhart (45, van Ally Mcbeal-faam) uiteindelik die knoop deurgehaak, berig www.people.com
-
Carike Keuzenkamp se seun trou op Mauritius - foto's
SARIE September 2010 | Kommentaar: 45
Carike Keuzenkamp se seun, Werner, is op 27 Mei 2010 by die La Plantation Hotel op Mauritius met Johanna Botha getroud. Dit was 'n troue soos min! 'n Weeklange feesviering saam met 70 familielede en vriende op dié eksotiese eiland. Kyk deur die foto-album
-
Kyk net wie's almal getroud in 2010 - Penélope, Robbie, Orlando...
Al wat 'n celeb is, het in die 2010 trou-seisoen die knoop deurgehaak.
-
Penélope Cruz trou
SARIE Julie 2010
Die nuus is pas uit! Die pragtige Spaanse aktrise, Penélope Cruz (36), en haar liefde, mede-Spanjaard en akteur Javier Bardem (41), is stil-stil by 'n vriend se huis in die Bahamas getroud.
-
Robbie Williams – die musical
SARIE - Januarie 2011
Robbie Williams het dié week ’n kontrak geteken om toestemming te gee dat sy musiek gebruik word om ’n musiekblyspel te vervaardig.
-
Springbok Jean de Villiers se troufoto's
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Springbok-rugbyspeler Jean de Villiers is in Augustus 2010 in die Boland met Marlie le Roux getroud.


















Kommentaar
Jacomi Grove het gesê:
Two of the most beautiful people...!
26ste Aug. 2010, 11:15Marisa het gesê:
Dit is pragtig die fotos...sjoe
13de Aug. 2010, 13:20