LOKPRENT: Michelle Williams as Marilyn Monroe
Michelle Williams se nuutste fliek, My Week with Marilyn, word in Oktober in New York bekend gestel.
Richard Pena, organiseerder van die New York Filmfees, sê Marilyn word in ’n nuwe lig gestel. “Haar komplekse persoonlikheid en unieke teenwoordigheid word baie goed deur Michelle uitgebeeld,” vertel hy aan Perez Hilton.
Die fliek is in en om Londen geskiet en vertel die storie van Marilyn wat vir ’n week uit die Hollywood-wêreld ontsnap en saam met die Brit Colin Clark (gespeel deur Eddie Redmayne) deurgebring het.
Vir Michelle was dit ’n groot uitdaging om die rol van so ’n ikoon te vertolk. “Ek het geweet ek sal nie kan nee sê vir dié rol nie. Maar ek was bang, want ek en Marilyn is heeltemal verskillend. Ek het baie tyd gebruik om meer oor haar te leer sodat ek die essensie van haar kon snap en geloofwaardig weergee,” het Michelle aan die Britse koerant The Daily Mail vertel.
Michelle het vanjaar ’n Oscar-benoeming as beste aktrise gekry vir haar rol in Blue Valentine.
Die Britse akteurs Judi Dench en Emma Watson speel ook in My Week with Marilyn.
Hier is die amptelike lokprent:
Verwante artikels
-
Dié twee aktrises het 'n ding of twee gemeen ...
Michelle Williams vertolk die rol van Marilyn Monroe in My week with Marilyn, maar dié twee het meer gemeen as 'n kort blonde kapsel.
-
Lindsay as Liz Taylor, Nicole as Grace Kelly, Ashton as Steve Jobs
SARIE April 2012
Meryl Streep as Julia Child, toe Margaret Thatcher. Nicole Kidman as Virginia Woolf. Michelle Williams as Marilyn Monroe. Hollywood vertel graag die lewensverhale van ikone, en daar is nog 'n hele paar opwindende projekte in die pyplyn.
-
Marilyn Monroe se geheime dagboeke, gedigte openbaar gemaak
Daar is min mense wat die verbeelding van die wêreld só aangegryp het soos silwerdoek-godin, Marilyn Monroe.
-
Michelle Williams se nuwe rooi kapsel
SARIE Januarie 2012
Daar word gewoonlik gesê dat blondines meer pret het, maar die aktrise Michelle Williams het besluit om haar blonde hare na ’n koperkleurige rooi te kleur!
-
Nuwe Marilyn Monroe foto's vrygestel
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
Foto's wat nog nooit voorheen openbaar gemaak is nie, het nou die lig gesien van silwerdoek-ikon Marilyn Monroe.
-
Oscar-bekroonde aktrise besig om sig te verloor
SARIE KOS Feb/Mrt 2012
Dame Judi Dench (77) se sig het al só verswak dat sy sukkel om haar woorde te lees en gesigte te herken. Sy ly aan makulêre degenerasie, 'n toestand waar 'n mens se sentrale visie oor tyd verswak
-
Oscar-trends vir jou lokke
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 6
Stem ook vir jóú gunsteling Oscar-haarstyl.
















Kommentaar
Drienie Lambert het gesê:
Ek dink Marilyn Monroo was 'n pragtige verfynde dame en hierdie dame lyk net so pragtig, behoort die ding te kan doen!
8ste Aug. 2011, 16:56