Nuwe Chanel-geur op haar verjaarsdag

SARIE Augustus 2011

Die getal 19 is ’n betekenisvolle een vir mode-ontwerper Coco Chanel.

19 Augustus is Coco se verjaardag én die inspirasie agter die naam van haar Chanel No. 19-parfuum.

’n Nuwe weergawe, Chanel No. 19 Poudré (beskikbaar vanaf vandag, 19 Augustus 2011, R1 240 vir 100 ml EDP), is pas bekend gestel om dit te herdenk.

Irisplantasies is spesiaal deur Chanel vir hierdie geur aangeplant, en nou word ’n tikkie muskus bygevoeg vir die nuwe Chanel no. 19 Poudré.

Sy is ook teen 1919 as couturier geregistreer. En haar groot liefde, “Boy” Capel, is in 1919 in ’n tragiese motorongeluk dood.

Kyk hieronder na die inspirerende Chanel No. 5 korflieks

Verwante artikels

Kommentaar

  • Fantasties. Bly sy verjaar in my leo maand want ons is Koning van die diere! Geluk Chanel 19

    19de Aug. 2011, 23:42

Web Development by FormFunction