Jolie-Pitt no. 7 op pad?
Die Hollywood-glanspaartjie Brad Pitt en Angelina Jolie beplan glo om nog ’n kind aan te neem, berig ibtimes.com.
The Daily Star, ’n Britse koerant, het van ’n bron na aan die paartjie gehoor dat hulle ’n kind uit Ethiopië wil aanneem omdat hulle jare gelede hul dogter Zahara belowe het hulle sou vir haar ’n boetie of sussie uit dieselfde land as sy aanneem.
Brangelina het reeds ses kinders, van wie drie aangeneem is – Maddox (10) is van Kambodja, Pax (7) is van Viëtnam en Zahara van Ethiopië. Hul biologiese kinders is Shilo (5) en die tweeling, Knox en Vivienne (3).
“Die Jolie-Pitts het ’n hoe-meer-hoe-beter-uitkyk op hul gesinslewe en is baie opgewonde om nog ’n kind te hê,” het die bron vertel. Hy het voorts gesê dat sewe Brad se gelukkige nommer is, en dat hy en Angelina glo sewe kinders sal vir hulle geluk en vreugde bring.
Vroeër vanjaar was daar ook gerugte dat die paartjie nog ’n kind wil aanneem omdat Angelina ’n sewende stel koördinate laat tatoeëer het, soos sy met die geboorteplekke van al die ander kinders gedoen het. Maar sy het later aan die media vertel dat dit Brad se geboorteplek in Shawnee, Oklahoma, se koördinate is.
Ons sien baie uit om klein Jolie-Pitt nommer sewe te ontmoet!
Verwante artikels
-
Die Jolie-Pitt-gesin land sonder drama in Japan
SARIE Oktober 2011 | Kommentaar: 2
Die meeste van ons is skrikkerig om met een kind te reis, wat nog te sê van ses almal onder die ouderdom van elf! Brad, Angelina en hul kroos het gister in Japan aangeland.
-
VIDEO: Angelina: "Ek lyk al meer soos my ma"
SARIE November 2011
Angelina Jolie het op 60 Minutes, 'n TV-program op CBS, hart oopgemaak. Oor haar skoonheid, oor ma-wees en oor haar eie ma.
















Kommentaar