Pirelli-kalender vir 2012 bekend gestel

SARIE Desember 2011

Pirelli-kalender vir 2012 bekend gestel Foto’s: Mario Sorrenti Galery

Die Pirelli-kalender, een van die mees gesogte versamelings van naakfoto's sedert sy ontstaan in 1964, is gisteraand by ’n glansgeleentheid in New York bekend gestel, berig usatoday.com.

 

Die foto's vir die kalender is op die eiland Korsika deur die Italiaanse fotograaf Mario Sorrenti geskiet, en lede van die media, bekendes en invloedryke persone was die gelukkiges om 'n voorsmakie te kry.

Die kalender word nie te koop aangebied nie en word jaarliks deur die Italiaanse motormaatskappy Pirelli aan koninklikes, beroemdes en invloedrykes geskenk gegee.

Sorrenti het aan die modeblad Women’s Wear Daily gesê hy wou nie hê die foto’s moes sexy wees nie, net natuurlik en smeulend. “Ek het die modelle se liggame regstreeks in kontak met die natuur geplaas sodat dit lyk asof hulle deel vorm van die natuurlike habitat. Rotse, bome, lug en die see maak ’n groot deel van die foto’s uit.”

Van die skoonhede wat in die kalender te sien is, is die Britse model Kate Moss en die Amerikaanse aktrise Milla Jovovich.

Klik hier vir 'n voorsmakie van die 2012 Pirelli-kalender. (Voor jy klik, onthou dat die kalender naakfoto's bevat)

Verwante artikels

  • Koffie op die kalender

    Koffie op die kalender

    SARIE - Februarie 2009

    Die Italiaanse koffiereus Lavazza wys die wêreld hoe koffie nou eintlik gemaak moet word–met ’n glanskalender daarby

Kommentaar

  • waar is die kalender vir dames - enkel ouer

    14de Des. 2011, 12:25
  • Ek kyk nie eers nie, as ek wil sien vra ek sommer my vrou, sy is maar te gewillig om vir my te "pose"

    14de Des. 2011, 11:03
  • Ai,julle dames moet nie so jaloers wees nie.

    13de Des. 2011, 12:29
  • Dit lyk soos my vrou!!!! Op 43 jarige ouderdom kan van hierdie modelle maar net wens hulle het so lyf..en sy is nie eers op 'n dieet nie!!! Heeltemal gesond...en haar dogters 400m hekkies rekord staan nog steeds by die plaaslike hoerskool...hoekom moet ek die kalender koop as ek so vrou het?????

    13de Des. 2011, 09:02
  • Antoinette jy praat LOUTERE nonsens! Ek dink juis 'n meisie wat kaal poseer het baie respek vir haar liggaam! Ek dink jy's net suur oor jy nie so hot soos hierdie girls is nie....

    12de Des. 2011, 17:06
  • Jinne... Bring maar ENIGE TYD vir Bernard Jordaan! Hierdie is maar 'n powere poging... om die minste te sê... Bernard s'n sou jou sommer oopbek laat staar het! En, dan het hy sommer van ons plaaslike modelle gebruik... op Clifton se prag strand! Valentino, sê net as jy Bernard se kontakbesonderhede soek! Ek sê maar net! Suid-Afrikaners is en bly pragtige mense!

    12de Des. 2011, 09:28
  • Ag foeitog. Hulle het seker spanne mense gehad wat die aasvoëls weggejaag het vooordat hulle die foto's kon neem. Wens iemand wil tog iewers 'n kaalender maak met ronder en gesonder lyfies.

    12de Des. 2011, 06:01
  • Ek hoop rerig nie Sarie ondersteun die tipe kalenders nie. Os sou dit nie as porno geklassifiseer word nie. Geen meisie wat kaal poseer, kan respek hê vir haar liggaam nie. Waar is die Christelike beginsels dan

    11de Des. 2011, 15:08
  • Nie naastenby van dieselfde standaard as Pirelli 2011 nie!

    9de Des. 2011, 09:00
  • Ek het nog laasjaar se kalender. :))

    8ste Des. 2011, 16:37
  • Ek wens so ek kan een van hierdie "kaalenders" in die hande kry.

    8ste Des. 2011, 16:18
  • Daar word altyd gepraat oor te maer modele en die meisies ly dan aan anereksia, om dat hul ook so wil lyk. Ai ai. Maar moet se as ek ook maar weer so kon lyk. Ouderdom is n lelike ding. Baie mooi modele.

    8ste Des. 2011, 12:33

Web Development by FormFunction