Gevind: Die meisie met die 'dragon tattoo'
Kyk wie het die rol van Lisbeth Salander gekry?
Die hoofrol in die opkomende fliek van die gelyknamige blitsverkoper-boek, The Girl with the Dragon Tattoo, is uiteindelik gevul. Die onbekende Amerikaanse aktrise, Rooney Mara (25), het dié gesogte rol voor mense soos Britse aktrise Carey Mulligan, Scarlett Johansson en Natalie Portman weggeraap. Daar was selfs sprake dat die vervaardigers onse eie Yolandi Visser van Die Antwoord vir dié donker rol van Lisbeth Salander in die oog gehad het.
Daniel Craig, bekend vir sy rol as James Bond, speel die manlike hoofrol - dié van Sweedse joernalis Mikael Blomkvist - in die fliek. Fight Club-regisseur, David Fincher, bring dié eerste in die Millennium-trilogie van Sweedse skrywer Stieg Larsson na die groot skerm. Larsson het onverwags aan 'n hartaanval gesterf net ná hy sy trilogie voltooi het. Sy boeke is in meer as 40 lande uitgegee en het meer as 20 miljoen eksemplare wêreldwyd verkoop. In 2008 was hy die tweede mees suksesvolle skrywer ter wêreld.
Die eerste toneel word volgende maand in Swede geskiet en die fliek word in Desember 2011 uitgereik.
Verwante artikels
-
Deon Meyer se 13 uur saam met Stieg Larsson se 3de boek vir gesogte internasionale prys benoem
SARIE - Junie 2010
Deon Meyer se 13 Uur (vertaal in Engels as Thirteen Hours) is die eerste roman uit Afrikaans vertaal wat vir 'n toonaangewende CWA International Dagger-prys benoem is.
-
Eat, Pray, Love se voorprent met Julia Roberts - Kyk die video
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 1
Elizabeth Gilbert se memoires Eat, Pray, Love het soos 'n veldbrand tussen ywerige lesers regoor die wêreld versprei en nou is dit 'n fliek. Hier's die voorprent.
-
James Bond is Mikael Blomkvist in nuwe Larsson-fliek
SARIE Augustus 2010
Vuurwarm nuus! Daniel Craig (42) is gekies om die rol van die joernalis Mikael Blomkvist in die Amerikaanse weergawe van die topverkoper Stieg Larsson-boek The Girl with the Dragon Tattoo te vertolk, berig Entertainment Weekly se webtuiste.
















Kommentaar