GiGi speel in Willie Esterhuizen se nuwe fliek

Deur Fanie Cronjé, SARIE - Mei 2010

Survivor 2010-wenner en klubeienaar GiGi speel in Willie Esterhuizen se nuwe fliek Stoute boudjies, wat in Desember 2010 uitgereik word.

Dit is die laaste in die trilogie wat begin het met die groot loket-suksesse Poena is koning en Vaatjie sien sy g*t.

In Stoute boudjies, wat in produksie is, speel GiGi die rol van die hoofkarakter, Hardus Vogel (Andrew Thompson), se ma. Sy is 'n Russiese paaldanser wat met 'n voormalige predikant getroud is. Hardus is tans in 'n liefdesdriehoek met Blapsie in die kykNET-reeks, Molly & Wors, betrokke.

GiGi sal vir die volgende 2 weke aan haar tonele skiet.

Dis 'n baie besige jaar vir GiGi. Deon Opperman, skrywer van die kykNET-reeks, Getroud met Rugby, is ook besig om haar boek te skryf. Dit sal in Januarie volgende jaar bekendgestel word. Lees meer oor dié boek hier.

Verwante artikels

Galery

  • Gigi
  • 'n Toneel uit Poena is koning

Kommentaar

  • Ek wil net een ding se: AFRIKAANS IS PUIK. Willie baie dankie vir jou bydra tot baie lekker oorspronklike afrikaanse humor. Die mense wat nie daarvan hou nie is nie suiwer afrikaans nie. Een van die moeilikste tale om te leer dis wat dit so spesiaal maak. Willie moet nie op hou nie.

    8ste Okt. 2010, 18:07
  • hoekom wil mense nie maar hulle eie venynige kritiek vir hulle self hou nie, nou moet dit gepubliseer word vir ons almal om te lees, maar dit gaan oor keuses, ek (ons ) hele familie en al die kinders geniet Willie Esterhuysen se flieks, dit maak die lewe sommer ligter en lag is goeie terapie. Baie dankie vir Mollie en Wors, Vaatjie Vetkoekpaleis en Stoute Boudjies.

    16de Aug. 2010, 19:38
  • Willie Esterhuizen se flieks is so commin soos kan kom - kan nie verstaan hoe die mannetjie nog geld kan maak nie - hy beeld die Afrikaner uit as agterlik!! Nee wat ek sal beslis nie die snert gaan kyk nie.

    31ste Mei. 2010, 11:22
  • ag dankie tog ek laaik hierdie afrikaanse prente dankie willie en deon en gigi sal goed lyk in die stuk

    31ste Mei. 2010, 11:11

Web Development by FormFunction