Gwyneth Paltrow gewaagd op tydskrifvoorblad
Foto’s: www.harpersbazaar.com/Terry Richardson Galery
Sjoe, Gwyneth! Kyk dié super-sexy voorblad van die nuut-ontwerpte Amerikaanse Harper's Bazaar!
Dié oudste modetydskrif in Amerika het pas 'n nuwe baadjie gekry - die eerste in 'n dekade. En 'n baie sexy 39-jarige Gwyneth Paltrow skop hul nuwe voorkoms met oemf af. Sy verskyn op die Maart 2012-uitgawe.
Dié gewaagde asimmetriese rok is ontwerp deur die minder bekende Anthony Vaccarello – werklik 'n lekker pluimpie vir hom! Die foto is geneem deur 'n Harper's Bazaar-gunsteling, die fotograaf Terry Richardson.
Lees die volle artikel op www.harpersbazaar.com
Verwante artikels
-
Gwyneth Paltrow 'red' vrou se lewe op 9/11
SARIE September 2011
Van al die honderde helde en heldinne op daardie noodlottige dag, 10 jaar gelede, het Gwyneth Paltrow seker die minste verwag dat sy iemand se lewe sou "red".
-
Gwyneth Paltrow bostukloos vir Vanity Fair
SARIE Julie 2011 | Kommentaar: 7
'n Sexy 38-jarige Gwyneth Paltrow is nét met visnet-kouse en Louis Vuitton-juweliersware vir die tydskrif Vanity Fair afgeneem.
















Kommentaar
veralda het gesê:
as ek sulke bene gehad het, het ek op my hande geloop
2de Feb. 2012, 16:15