Heidi Klum se skitter-parfuum

Deur Madge Booth, SARIE - Januarie 2011

Heidi Klum se skitter-parfuum Foto’s: www.go4celebrity.com Galery

Heidi Klum is bekend op meer as een gebied op die mode-front ... Nie net is sy die aanbieder van The Project Runway nie, maar sy is ook een van die wêreld se bekendste modelle en mode-ontwerpers.

En binnekort kan jy soos sy ruik. Sy is al maande lank besig om haar eksklusiewe geur, Shine, in samewerking met Coty Inc. te ontwikkel.

"Om te sien hoe al die dele van so 'n projek uiteindelik bymekaarkom is ongelooflik!" het sy aan die tydskrif People gesê.

Die parfuum sal later vanjaar beskikbaar wees.

 

 

 

 

Verwante artikels

Kommentaar

Web Development by FormFunction