Heinz en Aletté-Johanni Winckler se eersteling gebore
Lian Theo Winckler het om 7:25 vm op Sondag 23 Mei 2010 sy verskyning gemaak - 'n bielietjie van 'n volle 4,12 kg!
Geluk Heinz en Aletté-Johanni! Heinz het op sy Facebook-blad die aankondiging gemaak: "Very healthy and beautiful! Praise God!"
Lian is kort ná sy geboorte op 'n glukose-drip geplaas om sy suikervlakke reg te kry. Vanoggend (Maandag 24 Mei) het Heinz laat weet dat sy suikervlakke reggestel is en dat borsvoeding glad verloop. Foto's van die kleinding sal eers later bekendgestel word.
Verlede jaar het Aletté-Johanni op ses weke 'n miskraam gehad, maar kort daarna was sy weer swanger. En vandag brand die vreugdevure hoog!
Gebruik die kommentaarboks hieronder as julle jul goeie wense vir hulle wil stuur. SARIE sal dit dan aan hulle oordra.
* Klik hier om te sien hoe Lian se kamer lyk en wat sy naam vir die Wincklers beteken.
Verwante artikels
-
Aletté-Johanni Winckler blog: "Na die size 34-vrugte proe enigiets groter nou bitter in my mond..."
SARIE September 2010 | Kommentaar: 20
"My liewe Sarie-susters! Eergisteroggend (Maandag) kom ek in die kombuis en sê vir my bediende: "Yvonne, today I am starting a VERY STRICT diet." Sy kyk my aan asof sy my nie mooi verstaan nie en reageer met: "You, who love food so much?"
-
Aletté-Johanni Winckler blog: En daai dag het gekom...
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 10
Ek het julle gewaarsku daai dag gaan kom dat ek als oorboord gooi en my verlustig en vergryp aan elke verkeerde ding wat voorkom. En daai dag het gekom… Gister.
-
Aletté-Johanni Winckler blog: Survivor by Skouspel!
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 5
Ek is seker julle almal is baie nuuskierig om te hoor hoe die eerste naweek van Skouspel afgeloop het?
-
Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: "Gym toe vir die eerste keer, op die dread-mill!"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 13
"Studio toe!" (Dis wat ek gevrees het: groot oop ruimtes met baie spasie om BAIE dinge te doen en nêrens om weg te kruip nie!)
-
Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: "Hou op cheat, en bid baie hard!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 35
Vriendinne, dit voel vir my of die weke net heeltemaal te vinnig verbly vlieg met hopeloos te min resultate. Lian is vandag al 13 weke oud en môre 3 maande, en ek is wrag(gies) nog net waar ek was toe ek uit die hospitaal gekom het...
-
Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: "My liewe vriendinne, die dag het aangebreek dat ek moet bely..."
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 4
Net soos ek elke Woensdagaand vir my groepie girls aanmoedig om dinge na die lig te bring is dit vandag my beurt. Maar kom ons begin by die begin en dan kyk ons of julle my kan vergewe?
-
Aletté-Johanni Winckler: "I feel pretty! Oh so pretty! I feel pretty and witty and...MOTIVATED!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 13
En nou, 'n week en 'n half later sit die Dokter steeds pens en pooitjies in ons huis en vra ons (met 'n smile) af: "So presies hoé verloor mens 20kg...? Eén kilogram op 'n slag..."
-
Heinz Winckler en sy vrou wys hul nuwe babakamer - foto's
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 6
Aletté-Johanni Winckler skryf vir SARIE oor haar en Heinz se grootste geskenk.
-
Heinz Winckler: "Dit gaan goed met ons en klein Lian Theo"
SARIE Julie 2010
Marguerite van Wyk het met hom gesels oor 'n nuwe projek en sy nuwe vaderskap.
-
Hier's dit: Heinz Winckler se nuwe musiekvideo
SARIE - April 2010
Dit gaan goed met Heinz Winckler! Hy't pas sy musiekvideo Jakarandakoningin op sy Facebook-blad en YouTube bekend gestel en sy aanhangers is mal daaroor.














Kommentaar
mrs wendalls het gesê:
ag wat het nog nooit van die knaap gehou nie sal ook nie te windgat vir my hhy parkeer gereeld in [parking bays] vir gestremdes want dis te ver om te loop oulike vrou wat hy het ,,,,
2de Jun. 2010, 22:59Zelda het gesê:
Wel, dalk was die diens by Olivedale nie so waffers nie! Baie geluk Heinz & Alette
27ste Mei. 2010, 14:31Al het gesê:
Ai, ja en hy gee voor dat hy so 'n "humble witness" is - wys net - nogtans geluk met die "blessing" van ouerskap.
27ste Mei. 2010, 06:10Marinz het gesê:
Baie geluk ! Ja net jammer om te hoor Heinzi het sulke "tantrums" gegooi in die OliveDale Hospitaal oor die behandeling ...was glo met niks tevrede nie ! Onthou Heinz die hange het ore ......
26ste Mei. 2010, 08:35Adeleen het gesê:
Baie geluk julle. Dit is darem so 'n wonderlike ervaring om 'n pappa en mamma te word. God is good.
24ste Mei. 2010, 11:47