Henré Pretorius is weer pa – kyk die foto's!

Deur Madge Booth, SARIE - Januarie 2011

Henré Pretorius is weer pa – kyk die foto's! Foto’s: verskaf Galery

Die akteur Henré Pretorius en sy vrou, Nadine le Roux, 'n geleentheidskoördineerder, het nog ’n seuntjie ryker geword.

Sy naam is Heath Herman Pretorius, en hy is na Henré se oorlede broer vernoem.

Henré, wat die rol van Reinhardt Bekker in die kykNET-reeks Getroud met rugby speel, is in die wolke! "Ons is baie bly dat hy gesond is. Hy is baie stiller en soeter as sy boetie wat nou twee is, so hopelik kry ons 'n bietjie meer slaap," het hy by navraag gesê.

Net ná die geboorte het Henré getwiet: "Ek het vergeet hoe ongelooflik die wonder van geboorte is. Ek word herinner aan die feit dat daar iets groter as ons is."

 

Heath Herman Pretorius

Verwante artikels

Galery

  • Henré Pretorius
  • Die pasgebore Heath Herman Pretorius
  • Heath Herman Pretorius

Kommentaar

  • Baie geluk Henre en Nadine. Hy lyk pragtig. Dankie vir die eer wat jul Herman aangedoen het. Hy sou baie trots gewees het. Mag hy n baie groot vreugde vir jul wees. Sterkte op die pad vorentoe.

    8ste Feb. 2011, 12:39
  • Baie geluk met die nuweling,,,lyk soos klein poppie. Geniet hom terwyl hy so klein is want hulle raak so gou groot. Alles van die beste.

    27ste Jan. 2011, 09:40
  • Hoekom sê 'n mens "baba ryker geword?" My ou, as jy die klere, kos, medisyne, speelgoed, skoolfonds en universiteitsgelde by mekaar tel wat jy vir die volgende 22 jaar gaan opdok, is jy nie "ryker" nie....Jy's 'n baba armer!!!

    26ste Jan. 2011, 18:13
  • Baie Geluk Henre. Hy is pragtig.

    26ste Jan. 2011, 10:22

Web Development by FormFunction