Hierdie boer hét ’n vrou - Jacobus praat oor sy Ina
Foto’s: www.mnet.co.za Galery
Na afloop van Boer soek 'n vrou 3 is Jacobus en Ina die enigste paartjie wat steeds gelukkig saam is. Jacobus vertel van die lekker en die uitdagings
"Dit was nie 'n klassieke geval van liefde met die eerste oogopslag nie, maar ek is ongelooflik gelukkig dat dit Ina was wat my voete onder my uitgeslaan het," vertel Jacobus.
Die laaste vier maande vandat die opname van die program geëndig het, was vir dié twee 'n fees, die enigste uitdaging is om mekaar te sien, aangesien hulle 700km van mekaar af woon. "Maar gelukkig sien ons mekaar omtrent elke naweek, ons maak 'n plan, ons ry of vlieg, en sorg dat ons by mekaar uitkom!" vertel Ina.
Dit is nou aartappel-oestyd op sy plaas so hy is van vroeg tot laat besig om aartappels uit te haal en weer te plant soos hy klaar geoes het. "Dit is 'n besige tyd, maar vir Kersfees sal ek vir seker 'n paar dae afvat."
Hulle beplan om Kersfees na Ina se ouers op New Castle toe te gaan. Kersdag gaan rustig wees, eers kerk toe en dan onder die bome langs die stroom op haar ouers se plaas braai.
Daarna gaan hulle twee terug na Jacobus se plaas toe. "Dis 'n rowwe tyd, maar ek ken myself, ek sal definitief 'n paar verrassings vir haar hê om dit die moeite werd te maak!" sê Jacobus gehiemsinnig.
"Wat die toekoms aan betref gaan dinge vir seker in 'n rigting, maar daar is baie goed wat eers uitgesorteer moet word voordat Ina hiernatoe kan trek. Sy het haar huis en haar werk daar, so ons sal dit alles moet oorweeg voordat ons sulke planne kan maak. Ek sê nie dit gaan oor 100 jaar wees nie, maar nie binnekort nie," verklap Jacobus.
Verwante artikels
-
3 generasies gesels boerekos
SARIE KOS Winter 2010
Peter Veldsman, oud-kosredakteur van SARIE, is onlangs deur die ATKV vereer as Afrikoon vir sy groot bydrae tot die Afrikaanse kookkuns. Peter deel sy geheime en resepte met ons kosredakteurs, Barbara en Herman, wat ook veel te vertel het.
-
Pedro Camara (7de Laan se Carlos) wys sy trou-album: "Daar steel 'n regte Boeremeisie my hart!"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 6
"O gaats, nou is ek diep in die moeilikheid. Ek weet nie op watter dag in Februarie ons getroud is nie!" Pedro Camara beken ruiterlik hy is nog nie eens 'n jaar getroud nie en het klaar die datum vergeet!
-
Tickey van Boer soek 'n vrou se raad aan nuwe boere
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Tickey het sy trouvrou gekry, maar Tiaan sit nog met sy Jack Russell... 'n paar vorige deelnemers gee die nuwelinge van Boer soek 'n vrou raad
-
Vroue van Boer soek 'n vrou praat, gee raad
SARIE September 2010
Tickey het sy trouvrou gekry, maar Lynda en Alna, twee vorige deelnemers, is nou albei gelukkig in nuwe verhoudings weg van dié realiteitsprogram. Hulle deel hulle Boer soek 'n vrou-ervaringe.
















Kommentaar
Annatjie het gesê:
Ina en Jacobus geniet die liefde elke oomblik saam is geleen en kosbaar*jul maak die mooiste paartjie*drukkies*
9de Okt. 2011, 14:50katryn het gesê:
Dis alles net n klugspel want hul wil hul manlikheid prbeer wys, maar hulle is kideragtig.
9de Okt. 2011, 14:26Jackie Rudman het gesê:
Ek dink julle kan dit maak werk, baie geluk en baie sterkte! Jacobus, met daai diep, sexy stem van jou gaan jy vir seker aanhou om Ina se voete onder haar uit te slaan :-)
15de Des. 2010, 09:11Fransie Keogh het gesê:
Bly vir hulle wens hul voorspoed en geluk toe
12de Des. 2010, 22:42Rina van der Waal het gesê:
Ek is mal oor Ina en Jacobus. Dit was vir my met gisteraand se episode net verbasend dat meeste van die boere skielik 'n ander meisie aan hul sy gehad het. Ek dink sommige van hulle wou net inskryf om die meisie wat hulle in die oog het jaloers te maak. Een van hulle is Vlok. Ek hoop hy en sy meisie is gelukkig alhoewel ek nie dink hy het regtig mooi gemaak met Heidi en Ilze nie. Pieter is ook maar 'n "dark horse" Die persentasie van die meisies en boere wat bymekaar uitkom is maar laag en tog is dit wonderlik dat daar al 'n paartjie getroud is. Ek hoop alles gaan goed met Jacobus en Ina. Hulle is pragtig bymekaar.
10de Des. 2010, 13:06Denise van Greuning het gesê:
Baie geluk ons wens julle alles wat mooi is toe
10de Des. 2010, 11:33