Hier's die top-20 sangers van nuwe Afrikaanse musiek-reeks

Deur Lou-Ann Stone, SARIE Mei 2012

Die Sanger is 'n splinternuwe reeks vir manlike sangers op kykNET wat op 12 Julie afskop. Sarie.com was agter die skerms in die Kaap toe die top-20 aangekondig is.

So met die intrapslag lyk dinge op stel belowend. Die groep deelnemers staan rond vir 'n fotosessie. Dis kitare, skinny jeans en kuiwe waar jy kyk. Die atmosfeer is energiek. Die Sanger in samewerking met Select Musiek is opsoek na 'n nuwe groot stem in Afrikaans. En as 'n mens so na die hoopvolles kyk, erken jy hier en daar 'n bekende gesig. Dis dan Munro en Bongi van Idols, en hulle was góéd!

"Kyk, hierdie ouens kán almal reeds sing," verseker Heidi Edeling, musiekregisseur en beoordelaar, my. Die uitnodiging om deel te neem is in die musiekkringe en die wyer industrie verkondig en dié top-20 is werklik die bestes.

Skakel vanaf Dinsdag 10 Julie van 17h00 tot 18h00 in op kykNET (kanaal 111). Daar is 'n herhaling op Donderdae om 21h00. Die Sanger duur vir 13 episodes en die publiek sal uiteindelik vir die wenner uit die top-2 stem. Klik by www.kyknet.co.za vir meer.

Hier's die lys name:
Bordeaux Augustyn
Wynand Barnard
Magnus Beukes
Rohan Booysen
Munro du Toit
Bernhard Faasen
Pierre Farmer
Frank Panaou Horton
JP Moggee
Bongi Mthombeni
JeanO Ongansie
Pierre Rossouw
Jacobus Silwer Coetzee
Dihan Slabbert
Peet Slabbert
Julius van der Walt
Manie van Niekerk
Ruan Wepener
Jean-Pierre/JP Zeelie

Die top-20 in Die Sanger

KYK HIER NA 'N VIDEO


Kommentaar

  • Pierre het 'n pragtige stem en sing met soveel passie! Vir my is hy die wenner...

    28ste Sep. 2012, 13:29
  • Pierre Rossouw is 'n absolute wenner, mal oor hom en baie opgewonde oor sy vordering in 'n baie mededingende mark - WEET hy kan dit doen!

    22ste Sep. 2012, 15:30
  • Grote genade waar kruip die Magnus Beukes ou weg? Jy het die x-faktor broer

    14de Sep. 2012, 15:43
  • Pierre Rossouw is vir n feit di wenner!!

    8ste Sep. 2012, 23:48
  • Ken geeneen van die deelnemers, maar Pierre Rossouw het beslis die beste stem! Boonop kan hy liedjies skryf en is die musikaalste van die lot.

    6de Sep. 2012, 22:29
  • Ag nee kan die manne nie meer opgewonde wees en vroliker liedjies sing nie. Dit klink of hulle vir n begrafnis oefen.

    3de Aug. 2012, 15:08
  • Lekker Peer, maak ons mense hier in Kraaifontein TROTS op jou... Goodluck, ek sien klaar n wenner Pierre Rossouw !!!!!

    1ste Aug. 2012, 09:25
  • Go Pierre'tjie Rossouw!!! Hou vir jou duime en tone vas! Jou buurvrou, Tascha

    30ste Jul. 2012, 12:35
  • ag nee, waars Alberto Mazzoncinni? dink julle het foutjie gemaak om hom uit te laat.

    24ste Jul. 2012, 17:58
  • Waar is die Francois Bruwer of Bouwer outjie van Bloemfontein? Hy het regtig verdien om deur te gaan. Ons het so gehoop ons sien baie meer van hom.

    16de Jul. 2012, 10:42
  • Munro du Toit gaan dit doen. Hy het die personality, looks, en die stem. Hy skryf ook ongelooflike mooi liedtjies. Komaan Munnie ons hou al ons duime en tone vas vir die een. Oons weet jy kan dit doen.

    27ste Jun. 2012, 10:37
  • Geen twyfel, die res kan maar waai want PIERRE ROSSOUW is maar net by ver die beste!!!!!!!!!!!!!!

    18de Jun. 2012, 14:14
  • Julle gaan deur baie moeite....Haal net vir "Pierre Rossouw" uit...hy is klaar alles wat julle soek en def. alles wat ons soek in Afrikaanse Musiek.

    18de Jun. 2012, 14:07
  • Die PEER! Pierre rossouw gAan wen,geen twyfel! :D dink aan jo boeta sterkte! NOULEN

    17de Jun. 2012, 19:00
  • Frank Panaou Horton is definitief my keuse, stem looks net wat ons soek!! Sterkte ons geld is op jou!!!

    15de Jun. 2012, 18:27
  • Frank Panaou Horton is ons man ons hou styf duime vas en kan nie wag vir sy optrede nie. Sterkte aan almal.

    15de Jun. 2012, 15:11
  • Sterkte Julius. Ons dink aan jou. Lovies!!!!!!

    8ste Jun. 2012, 13:20
  • Yeaaaa Gareth, goed om jou weer hier te sien. Mis jou!!! Elnette

    30ste Mei. 2012, 12:27