Hier's dit: Heinz Winckler se nuwe musiekvideo
Dit gaan goed met Heinz Winckler! Hy't pas sy musiekvideo Jakarandakoningin op sy Facebook-blad en YouTube bekend gestel en sy aanhangers is mal daaroor.
In Mei 2010 word hy die eerste keer pa - hy en sy vrou, Aletté-Johanni, verwag 'n seuntjie – en hy's een van die stem-afrigters van die gewilde Supersterre-reeks op SABC2.
Sy CD Ek kan weer in liefde glo het binne 4 maande goue status bereik.
Heinz het bekendheid verwerf toe hy in die eerste plaaslike Idols-reeks in 2002 as die wenner uit die stryd getree het. By die World Idol-reeks het hy die vierde plek behaal. (Kelly Clarkson was tweede.)
* Kuier agter die skerms en kyk hoe die video by die vliegtuigmuseum in Germiston geskiet is.
* Wat dink jy daarvan?
Verwante artikels
-
Bobby van Jaarsveld se nuwe musiekvideo, en hy's op pad Amerika toe
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 1
Bobby van Jaarsveld se nuwe musiekvideo Net vir jou is hier.
-
Corine du Toit en Heinz Winckler wys hul nuwe haarstyle
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Corine verruil haar lang lokke vir die pixie-haarstyl. Dit vat waagmoed en mooi gelaatstrekke, wat Corine beslis het.
-
Heinz en Aletté-Johanni Winckler se eersteling gebore
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 5
Lian Theo Winckler het om 7:25 vm op Sondag 23 Mei 2010 sy verskyning gemaak - 'n bielietjie van 'n volle 4,12 kg!
-
Heinz oor sy nuwe Afrikaanse CD
SARIE - November 2009
-
Heinz Winckler en sy vrou wys hul nuwe babakamer - foto's
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 6
Aletté-Johanni Winckler skryf vir SARIE oor haar en Heinz se grootste geskenk.
-
Just Jinjer-liedjie op Courtney Cox se treffer-TV-reeks
SARIE - Mei 2010
Sy's die gesig van Calvin Klein se nuwe parfuum, Beauty. Die Inglourious Basterds-ster en jarelange meisie van Fringe-akteur Joshua Jackson sal binnekort in 'n reeks gedrukte en TV-media verskyn.
-
Rian van Heerden speel in musiekvideo
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 3
Rian, DJ van Mambo Jumbo op OFM en aanbieder van die joernaalprogram Rian op kykNET, het die afgelope naweek in ’n musiekvideo gespeel.
-
Roer! - Heinz en Aletté Winckler se aarbei-en-gemmerkaaskoek
SARIE - Augustus 2009
Natuurlik kan 'n mens nie vergeet van nagereg nie! Die aarbei en gemmer is 'n interessante kombinasie, maar dit is vingerlek-lekker!
-
Roer! - Heinz en Aletté Winckler se aarbei-en-spinasieslaai
SARIE - Augustus 2009
Volgens dié twee is die sous heerlik. Dit word voor die tyd verkoel sodat al die geure kan meng
-
Roer! - Heinz en Aletté Winckler se hoenderdye
SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 2
Nie 'n gewone hoendergereg nie! Dit word ekstra-spesiaal gemaak deur die bokmelkkaas-vulsel. Heerlik...


















Kommentaar