Hoe gaan Kate lyk op haar troudag?
Die koninklike paartjie se troudatum is pas bekend gemaak: 29 April 2011! Maar nou begin die volgende rondte raaiskote oor wie haar rok gaan ontwerp ...
Die hele wêreld gons hieroor en al die internasionale top-ontwerpers het reeds aan die werk gespring, net vir ingeval hulle dalk genader word. Hulle maak voorspellings en gee raad. Dis mos elke ontwerper se droom om ’n rok vir ’n koninklike troue te maak. En daar word reeds na dié rok verwys as die rok van die eeu!
Ontwerpers vermoed dat Kate se rok beslis kant sal hê en dat sy bedek sal wees soos dit ’n koninklike betaam, maar in ’n moderne styl. Kate is ’n klassieke – maar hoogs moderne – dame en so sal haar rok ook wees. Tydloos, statig, weelderig, maar subtiel.
Ontwerpers berig ook dat sy die perfekte lyf het om mee te werk. Sy is lank, lenig en het natuurlike kurwes op al die regte plekke. En al dra sy Diana se ring, reken hulle haar rok sal iets heel anders as Diana s'n wees. Elizabeth Emanuel, wat destyds Diana se rok ontwerp het, sê sy sal baie geëerd voel as Kate haar sou vra, maar sy besef ook Diana en Kate se smaak verskil en hulle lewe in verskillende eras (bron: people.com).
Maar dis nie waar die gissings stop nie! Senior koninklike bronne het bevestig dat Kate en William se eerste keuse vir ’n troudatum einde April is. En die datum is sopas aangekondig as Vrydag, 29 April 2011! Dit beteken dat die paartjie in dieselfde maand as wat prins Charles en Camilla getrou het, die knoop sal deur haak.
Wie weet wat die dag als sal inhou? Maar een ding is seker: hier kom een groot koninklike feesviering!
Hier's die voorgestelde sketse
- Foto van www.millionlooks.com
Verwante artikels
-
'n Nuttige troue-tydlyn
Ons nuttige troue-tydlyn sal alles vlot en stresvry laat verloop
-
Die koningin sluit aan by Facebook!
SARIE - November 2010
Die amptelike Facebook-blad vir die Britse monargie het op 8 November 2010 die lig gesien en 41 000 aanhangers het reeds binne die eerste uur op dié blad geklik.
-
Eksklusief! Janie du Plessis blog: "Boewens en krokke..."
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 2
Janie du Plessis, voorbladgesig van November 2010, blog voortaan vir sarie.com.
-
Eva Longoria gebroke oor egskeiding!
SARIE - November 2010
Eva Longoria, bekende Desperate Housewives-ster en een van die wêreld se mooiste vroue, staan op skei. Dié nuus het gister soos ’n veldbrand versprei nadat Eva (35) dit self op haar Twitter-blad bekend gemaak het.
-
Harry en William op 'n omgee-safari - SARIE gesels met skrywer van nuwe boek oor Prinse
SARIE Augustus 2010
Afrika se diere, sonsondergange, braaivleis en natuurlik die Wêreldbekersokkertoernooi was vir die Britse prinse William en Harry pure magic. En dit het by hul ma, prinses Diana, begin...
-
Kate en William die fliek – kyk wie speel Kate Middleton
SARIE - Maart 2011
Die Britse aktrise Camilla Luddington het die rol van Kate Middleton losgeslaan in William and Kate, die fliek oor dié twee se verhouding tot en met die verlowing.
-
Prins William en Kate is verloof - nuwe FOTO
SARIE - November 2010
Die lang wag is verby. Prins William en Kate Middleton is verloof, berig People.com. Hulle gaan al vir 8 jaar uit, en uiteindelik is daar 'n troue op pad.
-
SARIE-model by Boris Becker se troue
Nerina Labuschagne, gereelde SARIE-model, was een van die 200 glanspersoonlikhede by tennislegende Boris Becker se troue met die Nederlandse model Sharlely "Lilly" Kerssenberg.
-
Wie's na Prins William se troue genooi?
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 2
Dis die groot vraag op almal se lippe as Prins William en sy Kate uiteindelik voor die kansel staan.
















Kommentaar