In my grimeersakkie - kenner verklap haar geheime
Foto’s: verskaf Galery
Sy het die towerkwas met geoefende hand geswaai om Rolanda Marais op die voorblad van vandeesmaand se SARIE mooier as ooit te laat lyk. In die nuutste uitgawe van SARIE verklap Lesley Whitby en twee van SA se ander top-grimeerkunstenaars 'n paar van hul skoonheidsgeheime.
"Hoe kan 'n vrou vinnig haar voorkoms opknap?" was een van die vrae aan Lesley.
"Krul jou wimpers met 'n wimperkruller (eyelash curler) en wend ekstra maskara aan om jou oë definisie te gee. As jy bleek is, gee jou gesig 'n bietjie kleur met blosser of lipstiffie, en as jou vel vaal is, gebruik 'n verhelderende onderlaag vir 'n gesonde gloed."
In Lesley se grimeersakkie
![]() |
Dermalogica Ultra Sensitive Faceblock (R321) "Dit beskerm nie net jou vel nie, maar gee dit ook 'n bietjie kleur vir 'n mooi, gloeiende gelaat as jy nie 'n onderlaag wil gebruik nie." |
![]() |
M.A.C Lustre drops (R160) "Gebruik dit bo-oor jou onderlaag vir ekstra helderheid." |
![]() |
Chanel Exceptionnelle Mascara (R350) "Dit verleng jou wimpers sonder om korrelrig te raak en lyk steeds natuurlik." |
![]() |
Estée Lauder Signature Silky Powder Blush (R330) "Blosser gee kleur aan jou gesig en skep kontoere wat jou wangbene definieer." |
Verwante artikels
-
"Dít kry my deur die dag" - skoonheidkenners verklap hul kan-nie-daarsonder-nie-produkte
SARIE Maart 2010
Skoonheidkenners vertel van hul één noodsaaklike produk. Niks kan jou onderkry met skoonheidsprodukte wat nuwe woema gee nie.
-
Binneland-ster se skoonheidsgeheime
SARIE Maart 2012 | Kommentaar: 2
Rolanda Marais, Stefanie van Binneland, vertel wat werk vir haar wanneer dit by haar skoonheidsroetine kom.
-
Hoe kom ek uit my grimeer-groef?
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 1
'n Studie het bevind dat die meeste vroue graag meer waaghalsig met hul voorkoms wil wees. Lewensafrigter Kate Emmerson van Kaapstad vertel hoe.
-
Kry Rolanda se feesvoorkoms
SARIE - Julie 2009
Grimeerkunstenaar Lesley Whitby verklap hoe sy Rolanda onder hande geneem het.

























Kommentaar
Mariska van Rooyen het gesê:
Jy kan jou naaste salon skakel - hulle bestel dit by Hair Health Beauty en dit kos ongeveer R80. (Hair Health Beauty se nommer is 011 608 4191, maar hulle verskaf ongelukkig nie direk aan die publiek nie.)
1ste Jul. 2009, 16:09Sonja Celliers het gesê:
Waar kan ek 'n eyelash curler opspoor??
23ste Jun. 2009, 11:03