Internasionale haarkapper deel lekker haar-geheime
Die bekende Britse haarkapper Lee Stafford was onlangs in SA om sy nuwe reeks haarprodukte bekend te stel. Hy deel van sy geheime.
Hoe het jou unieke perspektief as haarkapper bygedra tot jou sukses?
Toe ek begin het, was my fokus op snit. In die 28 jaar van my beroep het ek die meeste van my tyd gebruik om dié kuns te bemeester, want die regte snit is die eerste en belangrikste stap tot mooi hare wat jy maklik stileer.
Wat is die groot fout wat vroue met hul hare maak?
Vroue verander hul haarkleur te veel en dít maak hul hare droog en verswak die toestand. Dit spruit dikwels uit verveeldheid – dit weet ek van my meisie, wat van blond na swart en dan weer na blond wil gaan. Die toestand van jou hare moet die hoofoorweging wees wanneer jy so ‘n besluit neem.
Watter style en kleure is nou gewild?
Groot hare, met hope volume, en pluiskam (backcomb of tease), asook die blinkgladde (slick) poniestert. Daar is ‘n lekker kontras tussen die twee style. Ek is ook mal oor hare wat vloei en beweeg, enigiets van klein vlegsels tot ‘n paar krulle. Wat kleur betref, is ek tans mal oor blonde hare, want dit kan glansryk óf edgy lyk.
Watter klein verandering sal ’n byderwetse voorkoms skep?
‘n Kuif verander ’n voorkoms gou. Dra dit as jy besig is om jou hare te laat groei of uitgroei. Probeer Lee se staatmaker Poker Straight Flat Iron Protection Shine Mist (R95) of sy Colour Love Conditioner (R95) as jy gekleurde hare het. Lee se produkte is beskikbaar by Clicks.
Verwante artikels
-
Eerste stilis vir VO5 in SA
SARIE Februarie 2012
Jy ken al lankal VO5 se haarprodukte, en nou stel hulle hul eerste plaaslike haarstilis bekend
-
Miley Cyrus se nuwe haarstyl
SARIE Februarie 2012
Miley Cyrus het wéér gedoen wat sy beloof het om nooit weer te doen nie! Sy't haar Twitter-aanhangers se mening gevra . . . dié keer oor haar nuwe haarstyl.
-
Só is Donnalee se krulhare reguit gemaak
SARIE Januarie 2012 | Kommentaar: 2
Donnalee se krulhare is haar handelsmerk. Maar juis dít het by 7de Laan amok gemaak, want dit het die haarstilis soggens 1 uur geneem om Donnalee in haar karakter, Annelie met die reguit hare, te verander. Hier is die oplossing!
















Kommentaar
lindi het gesê:
Jammer om te hoor van clicks ons Suid-Afrikaanse haarstyleerders glo vas in ons salon produk. Nie al di produkte is onbekostigbaar ni
22ste Feb. 2012, 12:38