Internasionale ster nooi Bobby van Jaarsveld oorsee, sus Karlien speel in geheime fliek
Bobby van Jaarsveld het onlangs Michael W. Smith se vertoning by die Moreleta-kerk in Pretoria bygewoon en was bevoorreg genoeg om saam met die sanger en sy gesin te eet.
Hy het vir Bobby genooi om by hom te kom kuier in Nashville wanneer hy in Julie saam met Eden-sanger Paulo daarheen gaan.
"Ek het onsettend lekker met hom gesels en so lekker gevoel om te sien hoe so iemand soos hy so nederig bly ten spyte van sy sukses. Hy is rêrig 'n Koningskind! Dit was so 'n groot voorreg vir my, want ek is 'n baie groot aanhanger van sy musiek en as jy nog nie 'n Michael W. Smith CD of DVD het nie - gaan koop dit vandag nog. Jy sal nooit spyt wees nie. Glo my!" skryf Bobby op sy webblad.
En as jy gewonder het of Bobby by Skouspel gaan wees? Dit is bevestig. Hy gaan beslis daar wees!
Sy ouer suster, Karlien, se CD word binnekort bekendgestel, met die title As die gordyn val.
"Ek dink ek is baie meer opgewonde as sy op die oomblik. Dit gaan uniek wees! Haar eerste single gaan een van die dae op die radiostasies begin speel. Hou maar julle ore oop.
En dan die groot geheim...
"Ek kan ook seker maar nou die geheim verklap dat Karlien ook 'n rol gekry het in die fliek, Platteland, onder leiding van Sean Else en Deon Opperman. Die verfilming begin in Augustus en sal iewers in volgende jaar op die groot skerms wys. Sy het 'n baie interessante rol en haar pa word deur 'n baie bekende sanger gespeel. Meer mag ek nie sê nie..."
Verwante artikels
-
Bekroonde aktrise Alice Krige in SA - sy gesels met SARIE
SARIE Julie 2010
Die Suid-Afrikaansgebore aktrise Alice Krige, wat in 1981 haar rolprent-debuut gemaak het in die Oscar-benoemde rolprent Chariots of Fire, was sedert Vrydag (Julie 2010) saam met haar man, draaiboekskrywer en regisseur, Paul Schoolman, in die land om hul nuwe eksperimentele kunsrolprent StringCaesar bekend te stel.
-
Bobby van Jaarsveld verloof aan sy skoolliefde
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 3
Sie Spieëltjie-spieëltjie sanger, Bobby van Jaarsveld, het na 7 jaar die groot vraag gevra.
-
Bobby van Jaarsveld verwyder sy tatoes
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 19
Bobby van Jaarsveld het gister sy tatoeëermerk op sy arm laat verwyder.
-
Splinternuwe Liefling-treffervideo met Bobby en Lika
SARIE - November 2010
Die musiekvideo van Liefling, die movie se eerste enkelsnit is pas uitgereik. En hier's Bobby en Lika!
-
‘Dié fliek is vir jou, pa Gé’ - Linda Korsten oor Liefling die Movie
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 2
Liefling, die movie het einde 2010 in SA teaters gedraai. Vir Linda Korsten is dit ekstra spesiaal, want dis ook ’n huldeblyk aan haar pa, Gé Korsten
















Kommentaar