Is Cherel van Isidingo groot geld betaal om terug te gaan?
Foto’s: Leana Clunies-Ross Galery
Saam met die nuus dat Michelle Botes teruggaan Isidingo toe, het allerhande gerugte kop uitgesteek.
Ilse van Hemert, hoofskrywer van Isidingo, beantwoord dit prontuit.
"Het Isidingo Michelle ’n reuse-salaristjek aangebied om haar terug te lok?
Ons spelers word uit ’n vooraf bepaalde begroting betaal. ’n Senior speler verdien ’n sekere hoeveelheid geld en binne ons perke is daar ongelukkig nie veel beweegruimte nie.
Wou julle Michelle as Cherel terughê om jul kykergetalle op te stoot? Die gerug is dat sy Isidingo moes kom “red”?
Met Cherel wat terug is, gaan daar sekerlik mense wees wat weggedwaal het wat weer Isidingo gaan kyk. Hoewel ons kykergetalle nog nie is waar ons wil hê dit moet wees nie, het dit die afgelope jaar stelselmatig geklim. Al hoef Isidingo nie gered te word nie, is ek seker sy sal ons getalle ’n goeie hupstoot gee."
In die Oktober-uitgawe van SARIE bekyk ons die magic en mag van Michelle Botes - mooi, klein, sexy, Afrikaans en een van die magtigste aktrises in die wêreld van Suid-Afrikaanse sepies!
Sedert sy haar eerste sepierol twaalf jaar gelede in Isidingo aanvaar het, was sy nog nooit nié op ons TV-skerms nie. Nou is sy terug as die feeks Cherel de Villiers-Haines in dié sepie nadat sy die afgelope twee en ’n half jaar die saggeaarde maar sterk Ingrid Jordaan-Koster in die M-Net- en kykNET-drama Binneland Sub Judice gespeel het.
WAT SÊ DIE KYKERS?
André Dellow van Johannesburg
Ons gewone mense moet maar stilbly en die vrede bewaar as iemand ons ontstel. Wat Cherel so indrukwekkend maak, is dat sy juis al die goed doen waaroor ons maar net kan fantaseer. As jy voor die kassie sit en Cherel se woede beleef, help dit jou om stoom af te blaas.
Paul Petersen van Pretoria
Nadat Cherel in 2007 uit Isidingo is, het dit gevoel of die sepie ’n bietjie van sy betowering verloor het. Ek het selfs opgehou om daarna te kyk. Maar toe my skoonsuster onlangs vir my sê Cherel is terug, het ek dadelik ingeskakel. Sy maak Isidingo soveel meer opwindend. As Cherel betrokke is, is daar altyd drama. Michelle lééf die rol. Sy’s so ’n goeie aktrise. Ek kan myself verbeel Cherel bestaan regtig. Ek is mal oor haar!
Lee-Ann Solomon van Kaapstad
Isidingo se spark is terug. Cherel is sommer klaar besig om dinge omver te gooi. Ek is mal oor haar omdat sy die enigste een is wat die bose Barker Haines kan aanvat en intimideer. Die nuwe feeks, Kimberly, is niks in vergelyking met haar nie. As hulle teen mekaar te staan sou kom, sal Cherel kleingeld van Kimberly maak. Michelle speel die feeks uitsonderlik goed, veral wanneer sy daai gevaarlike kyk in haar oë kry . . .
WAT SÊ JY?
* Lees in die Oktober-uitgawe van SARIE waarom Michelle die magtigste vrou in sepies is.
Verwante artikels
-
Die sepiesterre wat julle die meeste mis
SARIE Januarie 2010
Volgens ons meningspeiling op sarie.com het julle só gestem oor die sepiesterre wat julle die meeste mis...
-
Henry Mylne: Die man agter ons sepiesterre
SARIE - Julie 2008
Hy buig en vorm 7de Laan se nuwelinge na sy hand. Sommige word tot regisseur Henry Mylne se groot vreugde volwaardige akteurs. Ander se glans verdof maar gou ...
-
Michelle Botes kry haar eie haarkleur!
SARIE - Julie 2009 | Kommentaar: 4
Michelle Botes vertel dat haar hare nog altyd gehelp het om 'n storie te vertel: in Konings was sy blond om Santie te speel, in Arende die donkerkop eilandmeisie Princess en in Isidingo die vurige rooikop Cherel.
-
Michelle Botes oor hare
SARIE Januarie 2010
-
Oor sepies se sedes
SARIE Januarie 2010
-
Sepies en jou kind
SARIE Januarie 2010
















Kommentaar
Chris het gesê:
Nee man ons soek haar terug in Binnelanders. Sy moet ou At nog kom uitsorteer en daai mislukke dogtertjie van haar se tjank kom trap.
29ste Sep. 2010, 13:39