Is Nigella besig om gewig te verloor?

SARIE November 2011

Nigella Lawson het miljoene gemaak uit haar kookboeke en TV-programme wêreldwyd. Maar nou lyk dit asof kos vir eers op die agtergrond geskuif word vir die vrou wie kurwes gewild gemaak het, berig die Daily Mail.

Nigella Lawson (51) het skraler as gewoonlik gelyk toe sy onlangs saam met haar man, Charles Saatchi, vir middagete in Londen gegaan het. Sy het nog altyd met haar gewig gesukkel.

Dié keer was sy stralend aan die sy van Saatchi in 'n helder geel winterjas in plaas van in haar gewone swart uitrustings. En sy was aansienlik maerder. Die geheim rondom haar gewigsverlies is nog nie bekend nie, maar sy't vroeër vanjaar gesê dat sy graag gewig wil verloor.

"Daar is soms tye wanneer ek graag gewig wil verloor. Ek wil net nie só maar wees nie," het sy gesê. Ten spyte van die feit dat sy haar liggaamsbou aanvaar het, wil sy nie die 'gesig' van vroue met kurwes wees nie.
"As ek gewig verloor sal ek iemand in die steek laat."

Nigella se pa, Nigel Lawson, 'n voormalige Britse minister van finansies het destyds eie dieetboek bekendgestel toe hy ná sy uittrede gewig verloor het. Hy was dikwels as oorgewig in die media uitgebeeld. Ná sy uittrede het hy besluit om gewig te verloor.

Lees die volledige artikel en kyk die foto's op die Daily Mail se webtuiste

Verwante artikels

Kommentaar

  • Maer of mollig, Nigella bly sexy!

    16de Nov. 2011, 22:12

Web Development by FormFunction