Jack Parow se modelmeisie verklap haar skoonheidsgeheime
Swanger top-model Jenna Pietersen deel haar mooibly-geheime. Haar kêrel, Jack Parow, noem haar nie verniet darling face nie.
| My moet-hê-behandelings "My vel is vir my baie belangrik, so ek gaan een keer per maand vir ’n gesigbehandeling en ’n vollyf-massering. ’n Goeie massering bevorder sirkulasie en hou jou porieë skoon vir ’n gloeiende vel." |
| Oefening Ek besoek die gimnasium drie of vier keer per week, hoewel ek glad nie daarvan hou nie! Dis gewoonlik so ’n uur met gewigte oefen, en dan ’n bietjie draf of iets soos skopboks doen. Vandat ek nie meer bikram-joga kan doen nie, woon ek vinyasa-jogaklasse by, wat veilig is as jy swanger is. |
| Geur-gunsteling Ek hou nie van parfuum wat baie soet is nie. Verder kies ek waarvan ek hou, ek is nie baie spesifiek nie. Een van my gunstelinge is D&G L’Impératrice (R660 vir 100 ml EDT) |
| Gesonde Gewoontes Balans is vir my die belangrikste wanneer dit kom by gesondheid. Ek drink baie water en eet enigiets wat ek wil, maar hou altyd matigheid voor oë. Ek eet veral groente en vrugte, en kosse soos salm, neute en avokado wat goed is vir jou vel. Maar ek is nie skaam om vir my ’n pizza te bestel as ek die aand lus is daarvoor nie! |
Verwante artikels
-
Adeline Mocke se gunsteling-skoonheidsprodukte
SARIE Maart 2012
Adeline Mocke, model, Idols-finalis en Pasella-aanbieder, vertel van haar 3 top skoonheids"presteerders".
-
Jack Parow kap 'n braai
SARIE KOS Junie/Julie 2011
"My hande is so ingebraai en taai dat ek die wors met my vingers omdraai. As ek agter die braai is you can't go wrong..."
-
Jack Parow se 'Darlingface' gesels oor hul 'babatjie'
SARIE Desember 2011 | Kommentaar: 4
Die swemdragmodel van Kaapstad, Jenna Pietersen (24), vir wie Suid-Afrika se Afrikaanse zef rapper Jack Parow (Zander Tyler, 29) soms liefderik sy "Darlingface"’ noem, wou nog altyd kinders hê.
















Kommentaar