James Bond is Mikael Blomkvist in nuwe Larsson-fliek

SARIE Augustus 2010

Vuurwarm nuus! Daniel Craig (42) is gekies om die rol van die joernalis Mikael Blomkvist in die Amerikaanse weergawe van die topverkoper Stieg Larsson-boek The Girl with the Dragon Tattoo te vertolk, berig Entertainment Weekly se webtuiste.

Die fliek word op 21 Desember 2011 bekendgestel. En daar word reeds aan die 2 opvolg-flieks van die Millennium-trilogie beplan.

Verfilming gaan in Swede plaasvind, David Fincher (van Benjamin Button-faam) is die regisseur.

Die groot vraag bly natuurlik, wie gaan die rol van Lisbeth Salander speel? Ons eie Yo-landi Vi$$er van Die Antwoord is glo genader, maar sy't die geleentheid van die hand gewys. Ellen Page, Mia Wasikowska en Rooney Mara se name is ook al genoem.

Craig maak op die oomblik sy fliek Cowboys and Aliens klaar met Harrison Ford en Sam Rockwell as mede-akteurs.

Verwante artikels

Galery

  • Daniel Craig
  • The Girl with the Dragon Tattoo

Kommentaar

Web Development by FormFunction