Jana Strydom se koffiewinkel

SARIE Julie 2010

Wees op die uitkyk vir Jana Strydom (Kate in Erfsondes en Helena in 7de Laan) as jy dalk inval by die Wild Rocket Café in Fourways, Johannesburg.

Sy is mede-eienaar van dié koffiewinkel. Wynand Deysel, wat met ’n bouprojek by haar huis gehelp het, het laat val hy gaan ’n kwekery oopmaak en soek ’n vennoot vir die koffiewinkel.

“Ek het sommer vol bravade gesê ek sal dit doen. Ons het besluit op Wild Rocket Café omdat dit ’n krui se naam is,” vertel Jana.

Terloops, sy is ook nou swanger met haar eersteling.

* Wild Rocket Café is op die hoek van William Nicol-rylaan en Fountainstraat.

Verwante artikels

  • Emmanuel Castis van Erfsondes droom van 'n fliek met Johnny Depp

    Emmanuel Castis van Erfsondes droom van 'n fliek met Johnny Depp

    SARIE Julie 2010

    Dié akteur en sanger wat nou in Erfsondes 3 op SABC2 te sien is, praat passievol oor sy drome, hoop, vrese, lewenslesse.

  • Foto's uit aktrise Jana Strydom se album

    Foto's uit aktrise Jana Strydom se album

    SARIE Julie 2010

    Jana Strydom maak haar persoonlike foto-album oop vir sarie.com-gebruikers: Van modderkoekies bak saam haar sus, Egoli-dae tot 'n paar troufoto's.

  • Kunstige koffie-kalender

    Kunstige koffie-kalender

    SARIE - Januarie 2011

    Liefde en koffie. Twee Italiaanse obsessies. Die Amerikaanse celeb-fotograaf Mark Seliger se fotografie vir die 2011-kalender van die Italiaanse koffiemeester Lavazza is sielvol en sensueel.

Kommentaar