Janie du Plessis het jóú hulp nodig

Deur Madge Booth

Janie du Plessis het jóú hulp nodig Foto’s: verskaf Galery

Janie en haar span soek ’n naam vir hul nuwe kanker-bewusmakingsveldtog. Help haar, en jy kan wen met Revlon.

Janie du Plessis gaan vanjaar weer saam met ander borskanker-oorlewendes (survivors) die langpad per motorfiets aandurf om geld in te samel vir kankerlyers en om mense bewus te maak van dié wêreldwye siekte.

Anders as in die verlede fokus vanjaar se veldtog nie net op borskanker nie. Kankers wat mans én vroue kry is nou deel van die projek, wat in samewerking met People Living With Cancer aangepak (PLWC) word.

“2011 se tema is skaam kanker. Dit behels die soorte kanker waaroor jy nie graag wil praat nie, soos borskanker (mans kry dit ook), prostaatkanker en servikale kanker,” verduidelik Janie.

“Dit is nie meer die pienk van borskanker nie, maar alle kleure, vir alle slagoffers.”

Op dié toer, wat heel moontlik in September gaan plaasvind, gaan die groep vroue van Johannesburg na Kaapstad reis en by dorpe langs die pad stop om hul inspirasie te deel. “Ons besoek skole en gemeenskappe om hulle bewus te maak van die erns van kanker sodat dit vroegtydig opgetel kan word en mense dit kan oorleef,” gaan Janie voort.

Al ry Janie en die span van Johannesburg na Kaapstad, beteken dit nie dat hulle nie sal afdraai om by jóú dorpie uit te kom nie. “Enige gemeenskap kan ons nooi. Ons sal daar met ons motorfietse stilhou en motiverende toesprake gee. Ons bring ook vermaak saam, so mense moenie huiwer om ons te nooi nie!”

Met Revlon as hoofborg is alles goed op dreef vir dié reuse-projek. Al wat skort, is die perfekte naam. Daarom vra Janie en haar vriendinne jou om te help om vir hulle ’n naam te kies.

Een gelukkige leser kan ’n groot Revlon-verrassing ter waarde van R2000 wen as die naam wat jy voorstel gekies word! “Ons soek ’n sterk, brawe, immerjonk, opvallende en opwindende naam,” sê Janie. Die naam moet sê wie ons is: Borskanker-survivors, wat vir mense wys daar is ’n lewe ná kanker.

Kompetisie

Hierdie kompetisie is klaar toe.

Verwante artikels

  • Janie du Plessis gesels oor Cancer.vive

    Janie du Plessis gesels oor Cancer.vive

    SARIE Augustus 2011

    Janie en die span van Cancer.vive vertrek eersdaags op hul landwye motorfietstoer om mense met skaam kankers te bemoedig, geld in te samel en mense in te lig oor die werklikheid van kanker. sarie.com het meer gaan uitvind.

Kommentaar

  • Ek is ook 'n oorwinnaar van borskanker en alle eer aan ons Groot Geneesheer!!! Ek wil graag betrokke raak met bewusmaking ens. aan alle mense want hoe meer bewus ons mense maak hoe meer gereeld sal hulle gaan vir ondersoeke en selfondersoeke. Oorwinnaarsgroete Wilna x

    5de Jan. 2012, 16:26
  • ek is nie self 'n slagoffer van kanker nie maar my man en een van my leen kinders was albei slagoffers van hierdie lelike bekruipende siekte, albei het dit oorleef en ek kan net God en mense soos julle bedank, ek weet die kompetisie is verby maar ek dink dit is 'n onderwerp wat nooit ooit genoeg geld en aandag kry nie, as ek nog in die pylvak was sou ek se hulle moes hulself 'rainbow girls' genoem het want dit is mos wat hulle is, alle kleure van mense en alle kleure van kanker saamgegooi in een span. dit werk in engels en afrikaans en dit se iets van ons land van hul persoonlikheid en van hul doel want aan die einde van elke reenboog is 'n skoongewaste nuwe begin. hierdie afrkakind voel vir elkeen van die mense wat iewers langs die pad met hierdie groot K tedoen gekry het, want alhoewel ek nie self die siekte gehad het nie, moes ek dit twee maal self deurmaak, met die mense wat ek die liefste het. ek kan nie motor of motorfiets bestuur nie maar as ek kon sou ek graag saam hierdie dames die wye wereld wou invaar en se WAKE UP GIRLS DIE K IS OM DIE DRAAI VAN ELKE MENS GO GIRSL GO RAINBOW GIRLS CAN

    30ste Jun. 2011, 07:48
  • “Rascals”. As jy kanker het maak dit jou nie anders as ander mense nie, MAAR tog in ‘n sekere sin smokkel dit met jou brein en dis dat ek toe so dink: You need to be ruthless, because life in general is so short You need to be playful and live abundantly because life in general is so short You need to be mischievous to entertain your friends, love, dance and be cheerful because life in general is so short Sterling North het in 1963 ‘n kinderboek uitgebring met die naam “Rascals” wat ook beteken “A Memoir of a better era”. Julle name WOW en COOL is werklik “cool”, maar baie dinge is cool en wow. Ek glo julle moet julle kan identifiseer met ‘n mascot. Vir my beteken RASCALS R = Rev-up (This could refer to your Sponsor and the Harley bikes) A = and S = stay C = cool A = and L = live S = smart

    2de Jun. 2011, 15:36
  • Lank terug het Leonard Cohen so 'n FANTASTIESE lied geskryf!! Het ek nou gisteraand gelê & dink - jy behoort hom damn goed te ken my T. Sisters of Mercy... Ek weet dis engels maar maak taal nou regtig saak? Dis ook onder andere een van my fa...vourites; die lirieke gaan so: "Oh the sisters of mercy, they are not departed or gone. They were waiting for me when I thought that I just can't go on. And they brought me their comfort and later they brought me their song. Oh I hope you run into them, you who've been travelling so long. Yes you who must leave everything that you cannot control. It begins with your family, but soon it comes around to your soul. Well I've been where you're hanging, I think I can see how you're pinned: When you're not feeling holy, your loneliness says that you've sinned..." Dis net sooooo mooi! Julle kan die res van die lirieke hier kry: http://www.sing365.com/music/lyric.nsf/SISTERS-OF-MERCY-lyrics-Leonard-Cohen/9F69FD7015C6D96E48256AF00025E821

    2de Jun. 2011, 15:32
  • Ek is die slagoffer van velkanker (melanoom) agv my eie nalatigheid. Van die ouderdom van 19. Elke keer word dit verwyder dan 5 jaar later is dit maar weer terug. Dames soos julle gee my die inspirasie om nie op te gee nie, om aan te hou veg. Dankie vir julle inspirasie en goeie voorbeeld van wat gedoen KAN word................

    26ste Mei. 2011, 10:15
  • My moeder het van haar 21e jaar af met kanker geworstel en na 41 jaar se stryd is sy oorlede,Dankie vir hierdie projek dames.Die laaste Drie jaar se omsien na haar was vir my as haar seun die moeilikste,Wens ek kon aan n naam dink .Die nnaste wat ek kan kom is Skittersterre in die behoud van lewe.Sterkte en voorspoed.John Kirk .Rosendal.

    23ste Mei. 2011, 19:55
  • This is such a wonderful initiative drawing attention to the shy cancers by talking about them. Early detection can save our lives. Go safely!

    22ste Mei. 2011, 08:25
  • Sukses met julle rit. Self al 29 jaar "skoon" en nog elke dag dankbaar.

    21ste Mei. 2011, 13:56
  • DIE span vroue vanoor ons mooi land, is mooi van binne en buite, maak nie saak wat kanker aan hullle gedoen het nie. Weereens dink ek die optog, uittog, aanry, wydsbeen sit, lekker plekke sien en goeie dade doen gaan 'n wenner wees vir die dames asook vir die van ons wat hulle gaan ondersteun.

    21ste Mei. 2011, 10:29
  • Baie van my familie en vriende is gediagnoseer met kanker en die naam SHY drive sal mense juis laat wonder en so nuuskierig soos die mensdom is sal hul meer wil weet.

    21ste Mei. 2011, 05:38
  • Die naam is jy moet gemaklik wees om te praat daarvan,jy moet gemaklik wees,en dit laat jou weet daar is mense wat omgee. Janie en span julle lyk baie gemaklik en julle gee om en dis baie belangrik so alles van die Beste en Sterkte voorentoe.

    20ste Mei. 2011, 14:29
  • Ek bly die letters intik maar dit word nie aanvaar nie. Ek gebruik kleinletters met geen spasies. Wat moet mens doen?

    19de Mei. 2011, 11:05
  • Sterkte aan Janie en haar span.

    19de Mei. 2011, 11:03
  • Die gevreesde woord kan almal raak, van alle kleure en ek hoop dat Janie en die span al die sukses in die wereld gaan he met die rit vanaf JNB tot CPT. Sterkte mense.

    18de Mei. 2011, 20:26
  • Ek is self n oorwinnaar van Servikale kanker. Prys die Heer!!!

    18de Mei. 2011, 00:01

Web Development by FormFunction