Jeremy Mansfield kry 'n rol in die nuwe Toy Story 3
Dis 'n eerste vir SA! Jeremy Mansfield het op 11 Mei 2010 op sy Rude Awakening-radioprogram aangekondig dat hy die stem van 'n karakter in Disney.Pixar se Toy Story 3 gaan vertolk, berig www.highveld.co.za
"Dis nou amptelik en als is gefinaliseer. Ek's 'n groot aanhanger van Disney.Pixar, en dit is 'n eer om gekies te word," het Mansfield Dinsdagoggend op die lug gesê.
Mansfield gaan die stem wees van Lifer, 'n Chatter-telefoon wat in 'n speelgoedboks by 'n kleuterskool woon.
Daar is groot opgewondenheid rondom die bekendstelling van Toy Story 3. "Ons is veral opgewonde daaroor om Jeremy Mansfield as stemkunstenaar te hê," het Rick Dempsey, die senior visie-president van Disney Character Voices gesê. En onder leiding van Rick sal Jeremy se stem opgeneem word vir die Suid-Afrikaanse fliek- en DVD-vrystelling van dié fliek.
Lees die volledige storie by www.highveld.co.za
Volg Jeremy Mansfield op Twitter.
Nuwe Toy Story-vriende
Onder die nuwe gesigte in Toy Story 3 tel Barbie se bachelor-vriend, Ken (stem van Michael Keaton), 'n ystervark genaamd Mr. Pricklepants (stem van Timothy Dalton) en 'n pienk, aarbei-gegeurde teddiebeer genaamd Lots-o'Huggin' Bear (stem van Ned Beatty). En dan natuurlik Lifer, die Chatter-telefoon (stem van Jeremy Mansfield).
Verwante artikels
-
Eksklusief op sarie.com - Jake Gyllenhaal gesels uit Hollywood
SARIE - Mei 2010
Jake Gyllenhaal is binnekort te sien in die fliek Prince of Persia wat 21 Mei 2010 op die grootskerm in Suid-Afrika begin draai. Jake se medester is Gemma Arterton.
-
Eksklusief: Nicole Kidman praat met sarie.com
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 1
Sy's weer in 'n musiekblyspel wat beloof om 'n lokettreffer te wees. In Nine speel sy teenoor nog groot name soos Penélope Cruz, Sophia Loren, Judi Dench, Marion Cotillard en Kate Hudson. Sy vertel meer oor haar lewe Keith en Sunday Rose.
-
Jeremy Mansfield
SARIE - Junie 2009
-
Jeremy Mansfield oor sy kanker-ervaring
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 8
-
Jul boodskappe vir Jeremy Mansfield
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 1
-
Robin Hood is hier - Russell Crowe oor Cate Blanchett en sy Merry Men
SARIE - Mei 2010
Die akteur Russell Crowe en medester Cate Blanchett se nuwe fliek, Robin Hood, het op 12 Mei 2010 'n stormagtige Cannes-filmfees geopen.
-
Roer! - Jeremy Mansfield se Viëtnamese slaai
SARIE - Oktober 2009
Kyk hoe lekker lyk hierdie slaai! Dis heerlik verfrissend
-
Toy Story 3 verdien miljarde
SARIE Augustus 2010
Toy Story 3 is een van die beste animasie-flieks ooit.
















Kommentaar