Jo-Ann Strauss op Europa se grootste Saterdagaand-TV-program vir Wêreldbeker
Foto’s: www.zimbio.com Galery
Voormalige Mej Suid-Afrika en Top Billing-aanbieder, Jo-Ann Strauss, deel 'n bank met Lionel en sy dogter Nicole Richie op Europa se grootste Saterdagaand-TV-program. Sy vertel meer.
Die voormalige Mej. Suid-Afrika en Top Billing-aanbieder, Jo-Ann Strauss, is die gesig van die SA FIFA Wêreldbeker in Duitsland. En die Duitse TV-kanaal ZDF het haar genooi om verlede week 'n gas op Wetten, dass...?, Europa se grootste Saterdagaand-TV-program, te wees. Sy was op die Summer Edition van Wetten, dass...? in Palma de Mallorca in Spanje, wat na bykans 18 miljoen mense (9 miljoen vir die eerste uitsending, nóg 9 miljoen vir die heruitsending) uitgesaai is ... in Duits!
As ambassadeur vir Suid-Afrika het sy saam met bekendes soos Lionel en Nicole Richie, die Duitse sokkerspeler Michael Ballack en Duitse swemmer Franziska van Almsick op die program verskyn.
Sy en Nicole Richie se aantrekkamers was langs mekaar en Jo-Ann het op Twitter gesê hoe mal sy oor Lionel Richie is. Die pragtige rok wat sy op die foto's aanhet is van Slate, 'n boetiek in die Kaapse Waterfront.
Intussen rits sy rond tussen advertensies skiet vir die Wêreldbeker saam met François Pienaar en sy MAD-kinderliefdadigheidsorganisasie, Top Billing-opnames, fliek-premières en nog glansryke partytjies.
Jo-Ann se Duitse besoek in die laaste ure voor die wêreld hul kameras op ons draai, was ook om haar eie TV-program te bemark. Dit gaan gedurende die Wêreldbeker in Duitsland uitgesaai word.
"Die program wys die vele gesigte van ons pragtige land, anderkant die misdaad en die chaos wat die internasionale media dek. Ek besoek verskeie plekke in SA, o.m. Mandla Mandela en die Abathembu Tribe in Kaapstad by die hotelle waar die spanne bly, wynplase, glansryke partytjies en selfs by my ou Universiteitsprofessore," sê Jo-Ann.
Jo-Ann sal by die groot openingskonsert te sien wees. Onthou om in te skakel om 20h00 op 10 Junie 2010 vir die FIFA Wêreldbeker-openingskonsert waar kunstenaars soos Alicia Keys, Amadou & Mariam, Angélique Kidjo, Black Eyed Peas, BLK JKS, John Legend, Juanes, Shakira, Freshlyground, The Parlotones, Tinariwen, Vieux Farka Touré en Vusi Mahlasela sal optree.
Verwante artikels
-
Jo-Ann Strauss is verloof!
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 1
TV-glanspersoonlikheid, model en sakevrou Jo-Ann Strauss is verloof. Sy wil nie sê presies wanneer of waar sy verloof geraak het nie!
-
Jo-Ann Strauss se kosbaarste lewensles
SARIE - Desember 2009
-
Jo-Ann Strauss: foto's van 10 TV-jare
SARIE - April 2011 | Kommentaar: 10
Sy is aanbieder van Top Billing en tree gereeld as seremoniemeester op. Sy is steeds een van ons mooiste Mej. SA's en hou steeds haar lyf model. Jo-Ann Strauss gaan van krag tot krag en ná 10 jaar in die kollig is daar geen keer aan haar nie!
-
Matriekafskeid: Naomi Campbell skenk ontwerpersrok vir Jo-Ann Strauss se liefdadigheid
SARIE Julie 2010
-
SA Wêreldbeker die beste nog - só sê 'n kenner
SARIE Julie 2010
-
SARIE, Charlize en sokker!
SARIE - Desember 2009
Op die Charlize-webtuiste, charlizeonline.com, word daar geskryf oor SARIE se treffende Januarie-uitgawe.
-
Sokker-'bling'
SARIE - April 2010
Sokker-inspirasie deur die plaaslike juweliers Shimansky!
-
Sokkermanne wys lyf (en landsvlae) vir die kamera - foto's
SARIE - Mei 2010
Sokkerkoors het behoorlik posgevat in SA in 2010, maar ook regoor die wêreld.























Kommentaar