Juanita se splinternuwe musiekvideo - is jy daarin?
Juanita du Plessis se Engel van my hart-CD het alreeds platinum-status bereik binne die eerste dag wat dit op CD-rakke verskyn het!
Die liedjie "Wit Vlag", van die bekroonde album se splinternuwe musiekvideo is hier! Sy het 'n ruk terug vir haar aanhangers gevra om na die verfilming daarvan te kom en in haar video te speel. Het jy ook op die 17de September
Juanita is nie die enigste bekende du Plessis in haar "Wit Vlag"-musiekvideo nie. Frikkadel van Vetkoekpaleis (Zach du Plessis), oftewel, is ook te sien! Ilne Nienaber wat destyds in Egoli, 7de Laan en Villa Rosa gespeel het, is ook in die video. So ook die bekende Jacaranda-omroeper Maurice Carpede, wat ewe deftig in 'n pak verskyn. En Ramey Short, Quinton van Binnelanders en Garth Collins, Dries van Getroud met rugby, is albei Maurice se lyfwagte in die musiekvideo. Maar wag, laat ons nie alles vertel nie...
Verwante artikels
-
10 dinge waaroor Juanita du Plessis droom + sy wys haar foto's
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 4
In 'n vorige SARIE-artikel deel Juanita met lesers die 10 dinge wat sy nog wil doen
-
3 x nuwe Afrikaanse musiekvideos - Bok, Nádine en Jay
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Daar's 3 splinternuwe musiekvideos in Afrikaans en sarie.com wys jou!
-
Juanita du Plessis - KKNK
Hulle is daar in hul honderde en duisende . . . hulle gil en skree vir Juanita du Plessis in die Huisgenoot-tent by 2009 se KKNK. Sy’s een van net 5 SA kunstenaars wat al meer as ’n miljoen albums kon verkoop – en die enigste vrou op daardie lysie!...
-
Juanita du Plessis vs Lady Gaga
SARIE Augustus 2011 | Kommentaar: 3
Engel van my hart, Juanita se jongste album, is die Suid-Afrikaanse topverkoper vir 2010. En die enigste internasionale sanger wat dit kon regkry om meer CD’s as Juanita op plaaslike bodem te verkoop is Alicia Keys, met haar album Element of Freedom.
















Kommentaar