Juanita se Jou Volla-video
"Hierdie video is opgedra aan almal wat eens op 'n tyd baie jonk en sommer baie dapper was..."
"Diegene onder ons wat weet hoe lekker lank die pad see toe kan wees in 'n volkswagen kewer..." Só skop haar nuutste musiekvideo, Jou Volla, af: 'n lekker luister- en verlang-liedjie na die ou dae toe die lewe nog als oor die liefde, die grootte van jou kattebak en die 'oop pad' na nuwe avonture gegaan het. En dít als in 'n vrolik geverfde 1971 VW Beetle 1300cc!
Die musiekvideo is met 'n Canon 5D MKII-kamera deur Blixem Productions geskiet.
Geniet dit en vertel ons van jou Volla-dae.
Verwante artikels
-
10 dinge waaroor Juanita du Plessis droom + sy wys haar foto's
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 4
In 'n vorige SARIE-artikel deel Juanita met lesers die 10 dinge wat sy nog wil doen
-
3 x nuwe Afrikaanse musiekvideos - Bok, Nádine en Jay
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Daar's 3 splinternuwe musiekvideos in Afrikaans en sarie.com wys jou!
-
Juanita du Plessis vs Lady Gaga
SARIE Augustus 2011 | Kommentaar: 3
Engel van my hart, Juanita se jongste album, is die Suid-Afrikaanse topverkoper vir 2010. En die enigste internasionale sanger wat dit kon regkry om meer CD’s as Juanita op plaaslike bodem te verkoop is Alicia Keys, met haar album Element of Freedom.
-
Juanita se man, Doepie, oor pa-wees
SARIE Augustus 2010
-
Juanita se nuwe Engel van my hart-CD: "Die openingsbestelling is alreeds platinum!"
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 7
Juanita du Plessis se nuutste album Engel van my hart verskyn vandag op die rak, en dit het reeds platinumstatus gehaal!














Kommentaar
linda van der merwe het gesê:
ja my volkswagen dae!! My eerste motortjie was so 'n bruin kewertjie wat ek tweedehands vir R150.00 gekoop het. Ek het jare met hom gery en hom weer vir R150.00 verkoop. Dit was in Walvisbaai en omdat alles so roes daar het my toekomstige man my altyd gespot en gesê die ou vollatjie het 'n gat deurgeroes waar die pedale was en ek het nie die petrolpedaal getrap nie maar sommer die kar met my bene deur die gat aan die gang gehou, maar ek was baie baie geheg aan daai vollatjie
21ste Okt. 2010, 13:48Annelize het gesê:
Baie lekker liedjie. Maak my sommer lus vir n dans!
19de Okt. 2010, 17:59Verdette Bruwer het gesê:
Juanita dit was heerlik om te sien, ek woon in NZ op die oomblik en het di pad oor kimberley na die kaap soveel keer gery, bring goeie herrineringe terug! Dankie vir lekker liedjies
19de Okt. 2010, 10:53