Juanita se nuwe Engel van my hart-CD: "Die openingsbestelling is alreeds platinum!"

SARIE - Junie 2010

Juanita du Plessis se nuutste album Engel van my hart verskyn vandag op die rak, en dit het reeds platinumstatus gehaal!

"Die openingsbestelling is alreeds platinum! 'n Eerste keer vir my!" sê Juanita du Plessis op haar Facebook-blad

"Gister en vandag is die nuwe album 'in strome' weggestuur winkels toe! Alle dank en eer aan my Hemelse Vader... Dankie vir almal se mooi en bemoedigende boodskappies... Ek sal nie toelaat dat kritiek my vreugde steel nie... 'Hy wat in my is... is groter as hy wat in die wêreld is!'" sê Juanita.

"Laat weet asb. wat julle van die nuwe CD dink en gaan stem vir jul gunstelinge sodat ek kan weet watter liedjies om in die nuwe vertoning in te werk!"

Jy kan stem vir jou gunsteling-liedjie op Juanita se Facebook-blad

Verwante artikels

Kommentaar

  • Waar op aarde kry jy n meisie wat enige een se hart kan broos maak soos Juanita. Jy sing pragtig en jy is pragtig.Juanita jy is n voorbeeld vir enige vrou. Doen so voort.

    29ste Jul. 2010, 14:34
  • juanita jou cd's almal van hul is te stunning ek is mal oor jou jy mag maar sing hoop van harte dat jy nog lank vir ons dans musiek sal bring

    1ste Jul. 2010, 14:06
  • juanita jou cd's almal van hul is te stunning ek is mal oor jou jy mag maar sing hoop van harte dat jy nog lank vir ons dans musiek sal bring

    1ste Jul. 2010, 14:05
  • Juanita Jy is iemand vir wie ons baie lief geraak het oor die laaste paar jaar en jou musiek is van die hoogste gehalte wat in Suid-Afrika gekoop kan word, kan nie wag om die nuwe cd te kry nie. Jy is en bly SA se Nr. 1

    28ste Jun. 2010, 14:56
  • Het so pas die cd vir my gekoop en weereens is dit die moeite werd. Dankie Juanita jy mag maar sing hoor!

    16de Jun. 2010, 14:21
  • ONS WOON OP 'N PLAAS NAASTE DORP VANRHYNSDORP, MAAR DAAR KAN ONS NIE JOU NUWE CD KRY NIE, ONS SAL MAAR MOET VREDENDAL TOE RY. DIS WONDERLIK HOE EN WAT JY SING TOT MY SEUNTJIE IS MAL OOR JOU MUSIEK. LOVE YOU LOTS!!!!

    13de Jun. 2010, 22:29
  • dis baie baie mooi. dankie vir jou musiek van oud tot jonk, jou geestelike cd het my laat groei, en 'n ongelukkige huwelik het op die rotse geloop, maar jy bly my nr. 1

    7de Jun. 2010, 15:35