Julia Roberts die nuwe gesig van Lancôme
Die skoonheidsreus Lancôme het pas aangekondig dat aktrise Julia Roberts hul nuwe internasionale ambassadeur vir 2010 is. Want as dit kom by mooi, wat meer wil jy hê as die oorspronklike Pretty Woman.
"Haar ongelooflike persoonlikheid en merkwaardige loopbaan maak van Julia Roberts 'n vrouesimbool van haar tyd," het Youcef Nabi, president van Lancôme Internasionaal gesê. "Sy's talentvol, toegewyd en stralend - en dít pas perfek by Lancôme se waardes. Sy's die regte een vir ons handelsmerk."
Volgens Expressindia.com is sy sowat £12,5m ryker ná die kontrak.
Ander bekendes wat al Lancôme verteenwoordig het, sluit in Kate Winslet, Anne Hathaway en Juliette Binoche. (Bron: www.people.com)
Verwante artikels
-
Brad Pitt vervaardig Eat, Pray, Love. En wil die Wêreldbeker Amerika toe bring!
SARIE - Junie 2010
Het jy geweet? Brad Pitt is nou amptelik deel van Amerika se bodkomitee om die sokker-wêreldbeker in 2018 of 2022 na Amerika te bring.
-
Diane Kruger - nuwe gesig van Calvin Klein
SARIE - Mei 2010
Sy's die gesig van Calvin Klein se nuwe parfuum, Beauty. Die Inglourious Basterds-ster en jarelange meisie van Fringe-akteur Joshua Jackson sal binnekort in 'n reeks gedrukte en TV-media verskyn.
-
Jennifer Aniston se eie parfuum - kyk die video van die bekendstelling in Harrods
SARIE - April 2010
Hollywood-liefling Jennifer Aniston sal ná 'n skeppingsproses van 20 maande haar eie parfuum, Lolavie, in April 2010 by Harrods in Londen bekendstel.
-
Jennifer en George, Angelina en Johnny, Charlize en Brad ... hoe is hulle verbind?
SARIE Julie 2010
Hollywood is maar klein, want as mens die liefdespaadjie van die groot sterre begin volg, kom jy agter hoe klein die liefdespoel is.
-
Jessica Biel - die nuwe gesig van Revlon
SARIE Maart 2010
Hollywood-aktrise Jessica Biel is die gesig van Revlon se Luxurious Color Eyeshadow. 'n Rits ander skoonhede het al dié eer as Revlon-ambassadeur gekry - Jessica Alba, Halle Berry, Elle Macpherson, Gucci Westman en Jennifer Connely, om 'n paar te noem.
-
Julia Roberts se beste skoonheidsraad
SARIE - Mei 2010
"Om jou wimpers te krul en jou wenkbroue gepluk te hou. Dit kan jou voorkoms dramaties verander. En wat van om net gelukkig te wees? Ek glo hoe jy oor jou lewe voel, gaan op jou gesig wys." - Julia Roberts, aktrise
-
Julia Roberts se mooiste foto's vir 'Eat, Pray, Love' - sy praat oor Botox
SARIE September 2010 | Kommentaar: 4
Julia Roberts is op die September-voorblad van ELLE-tydskrif (internasionaal). Hiervoor is Eat, Pray, Love-geïnspireerde foto's geskiet. Kyk net die foto's!
-
Julia Roberts sê nee vir Botox!
SARIE Augustus 2010
Sy's 42 en die nuwe gesig van die skoonheidshuis Lancôme.
-
Rafael Nadal die nuwe gesig op smeulende Armani-advertensie
SARIE - Januarie 2011
Rafael Nadal is die nuwe gesig én lyf vir Armani-onderklere. Dié Spaanse tennisspeler volg in die spore van ander sporthelde soos David Beckham en Cristiano Ronaldo.
-
VIDEO: Elma Postma in Hannon se parfuumadvertensie
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 5
Glam Guru, Hannon, het die pragtige Elma Postma, tans aanbieder van Boer Soek 'n Vrou, gekies as die gesig vir sy Hannon-parfuumreeks, Be Glam by Day en Be Glam by Night.
















Kommentaar