Justin Timberlake en Jessica Biel verloof!

SARIE Januarie 2012

Een van Hollywood se sexyste paartjies is op pad kansel toe.

Die "Sexy Back" sanger en akteur, Justin Timberlake (30), het volgens berigte tydens 'n wegbreek voor Kersfees in Jackson, Wyoming, die jawoord gevra ná 'n 3 maande breuk. Die bergagtige Jackson was skynbaar die perfekte plek om die groot stap te neem aangesien dit een van Jessica se gunsteling-plekke is.

Die twee is al vir sowat vier jaar lank 'n paartjie ná Justin se verhouding met Cameron Diaz verbrokkel het. In 'n eerlike onderhoud in die Junie 2011-uitgawe van Vanity Fair het hy verklap dat Jessica die mees betekenisvolle mens in sy lewe tot nou toe is. Hy het ook voorheen ook met Britney Spears – wat óók kansel toe mik – uitgegaan.

Jessica (29) is tans te sien in die fliek, New Year's Eve.

Kommentaar

Web Development by FormFunction