Kankerlyers wat inspireer
Foto’s: Merwelene van der Merwe Galery
Daar's 'n baie spesiale projek wat sedert 2002 vir kankerlyers nuwe hoop gee en die reis van iemand wat met kanker leef op 'n baie spesiale manier uitbeeld.
Die Moments in Time-veldtog, wat deur AstraZeneca Pharmaceuticals aangebied word, is 'n foto-kalender. Die ambassadeurs is gewone Suid-Afrikaners wat ten spyte van hul kanker die lewe met albei hande aangryp - hoop in die aangesig van wanhoop, passie deur die pyn, geluk ten spyte van soveel hartseer en krag te midde van weerloosheid.
Viktor Frankl se filosofie dat ons as mense ons ingesteldheid in enige omstandighede kan kies en daarom die vryheid het om betekenis in die lewe te ervaar is die agtergrond vir vanjaar se kalender. Hierby is die hoofkleur wat gebruik word wit en is water 'n deurlopende tema.
Die ambassadeurs verskil almal in hul agtergrond, hul ouderdomme, hul ras en ook die tipe kanker wat hulle het. Daar is elke jaar 'n hoop aansoeke en op 'n baie sorgvuldige manier word daar na elke inspirerende lewensverhaal gekyk. Op die ou einde word 13 gekies.
Bestel jou kalender, CD's DVD's en dagboeke by 0861 66 66 00
Ontmoet 2010 se ambassadeurs:
Verwante artikels
-
Doen-ding van die maand: Word 'n Cansa-vrywilliger
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
In Februarie is Wêreldkankerdag 'n kans om 'n verskil in die lewens van mense wat met kanker leef te maak. En jy kan óók help. Lees die stories van hoop deur bekendes soos Jeremy Mansfield, Janie du Plessis en ons eie blogger, Minette Stone.
-
Maak vrede...
SARIE Januarie 2010
-
Wat geld nie kan koop nie . . .
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 1





























Kommentaar