Karl Thaning (Binneland se dr. Nathan) oor sy liefde, Nadia Valvekens
Foto’s: Aubrey Jonsson Galery
Ná 'n 10 jaar-verhouding het Nadia Valvekens, Pippa van Binnelanders Sub Judice, weer liefde gevind - in mede-akteur, Karl Thaning. Hy maak sy hart oop.
“Toe ons die eerste keer ontmoet het, het Nadia pas haar vorige verhouding beëindig. Ons was kollegas by Binnelanders en ek het hard probeer om my gevoelens vir haar te ignoreer. Ek het gedink dit sou moeilik wees om saam te werk en ’n verhouding te hê. Maar sy’t so ’n wonderlike lag en sy’s pret.
“Ek wil nou nie cliché-agtig klink nie, maar sy het die mooiste oë.
“Ons het albei ons gevoelens op die agtergrond geskuif, maar ons het net te veel van mekaar gehou. Toe gebeur die lewe: Ons het ’n verhoudig begin. Ek is mal oor hoe gemaklik sy in haar vel is en hoe ernstig sy haar werk as aktrise opneem. Dít is een van die dinge wat ons gemeen het.
“Een van die groot lekkertes is om op ’n Sondagoggend saam koerant te lees en daarna te gesels oor wat in die wêreld aangaan. En ja, ons gesels lekker. Ek glo dit is wat nodig is in ’n verhouding: Jy moet oor alles kan praat. Ek probeer om vir haar te sê hoe ek voel al laat dit my dalk minder na ’n man lyk as ek emosionele dinge deel.
“Ek het een oggend wakker geword – ek kan nie eens presies onthou wanneer nie – en besef my verhouding met Nadia is ernstig en dat ons ’n pad saam gaan loop.”
‘Soms wag daar iets wonderliks op jou as jy ’n kans vat’ - Nadia
Verwante artikels
-
Die nuwe man in Kate Winslet se lewe
SARIE September 2010
Ná haar egskeiding van Sam Mendes 5 maande gelede, het Kate Winslet 'n nuwe liefde.
-
Nadia Valvekens agter die skerms by SARIE se Junie 2010-voorblad
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 9
Al die aksie agter ons Junie-voorblad saam met Nadia Valvekens
-
Nadia Valvekens: Nuwe liefde ná 10 jaar
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 7
Binneland Sub Judice se Pippa, gesels vir die eerste keer oor die verbrokkeling van haar verhouding van 10 jaar – en haar nuwe liefde wat die TV-kollig met haar deel
-
Styl volgens Nadia Valvekens...
SARIE - Junie 2010
Watter parfuum dra sy en waar's haar gunsteling restaurant? Wat's haar gunsteling skoenstyl en hou sy van shop?
-
Wie's vir jou die mooiste? Nadia Valvekens of Cameron Diaz?
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 22
Kyk net hoe baie lyk Cameron Diaz en Binneland se Nadia Valvekens na mekaar? Wie is vir jou die mooiste?














Kommentaar
sannie het gesê:
hi......ek hou van jou en nathan..jul maak n stunning paartjie,maar jy en conrad maak ook nie n slegte paartjie........ek love jou in binnelanders!!!!jy is n flippen mooi vrou en jy het die mooiste glimlag........
11de Jun. 2011, 17:38Marli het gesê:
DIT IS WONDERLIKE NUUS!!! MIS HULLE AS PAARTJIE SAAM IN BINNELANDERS
25ste Jun. 2010, 07:43