Kate Moss - 20 jaar 'n supermodel
Kate Moss - 'n super-supermodel (al vir 62% van haar lewe!). Tog het sy besluit om nooit 'n filmster, rock-ster of die presidentsvrou te word nie.
Sy't onderhoude en geselsprogramme meestal geweier, en die tronk sowel as die skryf van 'n outobiografie tot op hede vermy, berig Harper's Bazaar
Maar sy's meer as 'n supermodel, selfs meer as 'n industrie - daar word nou by die Musée des Arts Décoratifs in Parys in 2011 'n groot uitstalling oor haar gehou. En dit gaan nie daaroor dat sy reeds vir meer as 20 jaar in die bedryf is nie, maar oor sy die model van haar tyd is. Wie weet immers nie wie Kate Moss is nie?
Haar veranderende styl oor die jare het 'n hele generasie beïnvloed. En dit was meer as net 'n styl, dit was 'n houding. Sy't al 'n magdom asemrowende foto's saam met fotograwe soos Peter Lindbergh, Mario Sorrenti, Juergen Teller, Steven Klein, Mario Testino, Corinne Day, Chuck Close, Lucian Freud, Damien Hirst, en Richard Prince geneem.
Harper's Bazaar 'n Kate Moss-fotogalery wat Moss se foto-hoogtepunte oor die jare vasvang.
Verwante artikels
-
Die beste modelle van alle tye
SARIE - Desember 2009
Die glanstydskrif Harper's Bazaar het die beste modelle van alle tye geïdentifiseer.
-
Kate Moss in 'n ballet saam met Mikhail Baryshnikov
SARIE Maart 2010
As jy gedink het jy't als gesien ... Supermodel Kate Moss is eersdaags saam met die wêreldbekende balletdanser Mikhail Baryshnikov (wat ook Carrie Bradshaw se kêrel, Aleksandr Pertrovsky, in Sex and the City vertolk het) in 'n ballet-kortfilm, glo genaamd Baryshnimoss.
-
Kate Moss se nuwe parfuum
SARIE - Februarie 2009
Die supermodel Kate Moss praat graag in onderhoude oor die verleidelike krag van rokerige ooggrimering.
-
Modelle maer tot die einde toe
SARIE - Mei 2007
Al meer stemme klink op vir modelle met meer om die lyf. Want superslank kan lewensgevaarlik wees
-
Raai watter Binnelanders-akteur hou sy lyf model by 2010-Afrika-modeweek?
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 2
Nou, ja! Wie sou kon raai...?
-
Só lyk top-modelle sonder grimering
SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 1
Hulle is beeldskoon: vlekkelose vel, mooi wangbene, donker oë en volronde lippe. Hulle is top-modelle, en daar's 'n rede waarom hulle op al wat 'n loopplank is, pronk.





















Kommentaar