Kate Moss in 'n ballet saam met Mikhail Baryshnikov
As jy gedink het jy't als gesien ... Supermodel Kate Moss is eersdaags saam met die wêreldbekende balletdanser Mikhail Baryshnikov (wat ook Carrie Bradshaw se kêrel, Aleksandr Pertrovsky, in Sex and the City vertolk het) in 'n ballet-kortfilm, glo genaamd Baryshnimoss.
Moss is bekend vir haar paaldansery in The White Stripes-video, en niemand is seker wat om van haar Baryshnimoss te verwag nie. Sy gaan glo vir 3 maande balletklasse neem voor hulle in Julie in Marseille gaan begin skiet, berig die Huffingtonpost. Volgens berigte wil sy gesond en fiks word vir die fliek. Michael Clark is die regisseur.
**SARIE het ook berig oor Moss se museum-uitstalling in 2011
Verwante artikels
-
'Black Swan'-geïnspireerde modegiere
SARIE - Januarie 2011
Danksy Black Swan het die ballerina-voorkoms ’n pirouette tot midde-in die mode- en skoonheidswêreld gemaak.
-
Jennifer en George, Angelina en Johnny, Charlize en Brad ... hoe is hulle verbind?
SARIE Julie 2010
Hollywood is maar klein, want as mens die liefdespaadjie van die groot sterre begin volg, kom jy agter hoe klein die liefdespoel is.
-
Kate Moss - 20 jaar 'n supermodel
SARIE - Februarie 2010
Kate Moss - 'n super-supermodel (al vir 62% van haar lewe!). Tog het sy besluit om nooit 'n filmster, rock-ster of die presidentsvrou te word nie.
-
Kate Moss se nuwe parfuum
SARIE - Februarie 2009
Die supermodel Kate Moss praat graag in onderhoude oor die verleidelike krag van rokerige ooggrimering.














Kommentaar