Kom Sex and the City terug TV toe?

Deur Madge Booth, SARIE Augustus 2011

Kom Sex and the City terug TV toe? Foto’s: www.imdb.com Galery

Die vervaardigers van die supergewilde TV-reeks Sex and the City het verlede week in Hollywood vergader om oor ’n nuwe reeks te praat, berig thisdaylive.com

Darren Star, wat oorspronklik die reeks begin het, sal die laaste sê hê, maar al die rolspelers het besluit op nog ’n reeks pleks van nog ’n fliek.   

Volgens gerugte sal Sarah Jessica Parker die splinternuwe Sex and the City-reeks vervaardig. Sy het ook die tweede SATC-fliek vervaardig, maar wil glo nie weer ’n fliek vervaardig ná al die negatiewe kommentaar op die rolprent nie.

Daar was die laaste paar maande gerugte dat nog ’n fliek op pad is, een oor die jonger dae van die gewilde karakters Carrie, Charlotte, Samantha en Miranda. Daar is veral woes gegis oor wie dié karakters se jonger weergawes sou speel.

Na aanleiding van verlede week se vergadering lyk dit of ons ’n volgende reeks eerder as nog ’n fliek kan verwag.

Verwante artikels

Kommentaar

Web Development by FormFunction