Kry vir jou man Bruce Willis se parfuum, dis glo die manlikste geur nóg

SARIE Julie 2010

Kry vir jou man Bruce Willis se parfuum, dis glo die manlikste geur nóg Foto’s: w Galery

Met al daai aksieflieks op sy kerfstok is dit moeilik om te glo dat Bruce Willis sy eie parfuum het nie.

Maar glo dit of nie, die Hollywood-superster se gelyknamige parfuum is in 2010 deur die Duitse handelsmerk LR Health & Beauty Systems bekendgestel, berig www.vainstyle.com. Daar word ook 'n hare-en-lyf-was-produk, 'n naskeermiddel en 'n reukweerder bekendgestel.

Die parfuum is 'n vermenging van pomelo-, peper- en koeskoes-geure, wat dit 'n baie manlike geur maak.

"Ek persoonlik dink dat die nuwe Bruce Willis-parfuum die manlikste geur in die wêreld is," het Tilo Plöger, hoof- uitvoerende beampte van LR Health & Beauty Systems gesê.

Lees ook!

Dave Pepler se parfuumblog op sarie.com
"Ou mans ruik na bokram..."

Verwante artikels

Kommentaar

Web Development by FormFunction