Corine du Toit en Heinz Winckler wys hul nuwe haarstyle
Corine verruil haar lang lokke vir die pixie-haarstyl. Dit vat waagmoed en mooi gelaatstrekke, wat Corine beslis het.

Corine oor haar dapper stap:
“Dis lente en tyd om iets nuuts te probeer. Boonop kan ek soggens 40 minute langer in die bed bly, want ek hoef nie met dié styl my hare droog te blaas nie. Desmond is een van die beste haarkappers in Suid-Afrika, en ek moet sê, ek voel ʼn bietjie meer soos myself. Ek voel meer cheeky.”
Die pixie-haarstyl is beslis nie vir almal nie, maar Corine mág dit maar dra. Dit beklemtoon haar potblou oë en pas boonop perfek by haar gesigvorm.
Heinz het ook die week sy hare laat sny, en dit by dieselfde haarkapper nogal.

En wie is die man wat so met die celebs se hare toor?
Dis Desmond Roux van Clarks @ The Slope in Fourways.
Verwante artikels
-
Corine du Toit oor haar jongste fliek
SARIE - Oktober 2010
Die lokprent van die splinternuwe spanningsprent, Night Drive, met Corine du Toit en Chris Beasley van Isidingo-faam, is pas uitgereik! Kyk die voorprent.
-
Corine du Toit, Vicky Davis in bekroonde kunsfliek met Holllywood-regisseur - VIDEO en foto's
SARIE Augustus 2010
Corine du Toit (Jane in Egoli), Pasella-aanbieder Vicky Davis, en komediant Cokey Falkow speel in Florida Road, die bekroonde kunsfliek wat handel oor 'n Indiese familie wat hul tuisdorp, Moembaai, verlaat vir 'n beter lewe in Durban.
-
Die man aan Corine du Toit se sy
SARIE - November 2010
Dis vier jaar ná die gru-ongeluk waarin sy haar neus vergruis het en Corine du Toit se ster skyn helderder as ooit. Ook met die liefde gaan dit goed!
-
Heinz Winckler se eersteling op pad!
-
Hier's dit: Heinz Winckler se nuwe musiekvideo
SARIE - April 2010
Dit gaan goed met Heinz Winckler! Hy't pas sy musiekvideo Jakarandakoningin op sy Facebook-blad en YouTube bekend gestel en sy aanhangers is mal daaroor.
-
Natasha Sutherland kry 'n make over. Kyk hoe lyk sy nou!
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 54
In Julie 2010 twiet Natasha: "Bye bye long hair." En die SARIE-span het besluit dat ons daar moet wees wanneer haar lokke grond toe val. Só het die nuwe 'rock chick'-voorkoms stap-vir-stap gebeur.
-
Nuwe SA-riller se voorskou hier
SARIE - Oktober 2010
Die lokprent van die splinternuwe spanningsprent, Night Drive, met Corine du Toit en Chris Beasley van Isidingo-faam, is pas uitgereik! Kyk dit hier...


















Kommentaar
Silvi het gesê:
Wanneer kan ons wat nie bekendes is ook n beurt kry vir die verandering? Ek sal wat wil gee vir so treat! Jy lyk pragtig Corine. Lyk so koel en vars vir die somer maande.
7de Sep. 2010, 11:41