Kyk die voorprent van Jakhalsdans - nuwe Afrikaanse fliek met Theuns Jordaan en Elizma Theron
Foto’s: www.jakhalsdansmovie.co.za Galery
'n Splinternuwe Afrikaanse fliek Jakhalsdans begin op 23 April 2010 op die grootskerm wys. Dis gegrond op 'n liefdesverhaal deur die skrywer Deon Meyer, die regisseur is Darrell Roodt.
Die storie speel hom af en is ook verfilm op Loxton in die Noord-Kaap. Die gewilde sangers Theuns Jordaan en Elizma Theron speel die hoofrolle. Die pragtige Christina Storm en veelsydige Neil Sandilands is ook te siene saam met nuwelinge Janke Bruwer en Chris Majiedt.
"Die film is ‘n Afrikaanse drama in die tydlose tradisie van films soos Paljas (1998), Die Storie van Klara Viljee (1992) en Nag van die Negentiende (1992)" se Roodt.
"Ek was nog altyd verlief op die uitgestrekte Karoo-landskappe. Jakhalsdans was ‘n wonderlike geleentheid om saam met sterre soos Theuns en Elizma te werk sodat ons ‘n romantiese storie wat steeds eg Suid-Afrikaans is kon skep. Die film is heeltemal anders as die Afrikaanse komedies wat die afgelope paar jare die Afrikaanse rolprentbedryf oorheers het."
Verwante artikels
-
Afrikaanse flieks blom
Daar was jare laas ’n Afrikaanse fliek met ’n mooi, romantiese storie, en die laaste musiekfliek is 30 jaar gelede uitgereik. Maar skielik praat die silwerdoek weer Afrikaans!
-
Deon Meyer se 13 uur saam met Stieg Larsson se 3de boek vir gesogte internasionale prys benoem
SARIE - Junie 2010
Deon Meyer se 13 Uur (vertaal in Engels as Thirteen Hours) is die eerste roman uit Afrikaans vertaal wat vir 'n toonaangewende CWA International Dagger-prys benoem is.
-
Elizma Theron gesels oor vrede, vergifnis – en haar gewig
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 5
Net nie oor haar verbrokkelde verhouding met die sanger Theuns Jordaan nie...
-
Elizma Theron oor haar en Theuns se nuwe fliek
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 4
Die sangeres Elizma Theron hou haar lyf deesdae aktrise. Ons gesels met haar
-
Elizma Theron se gunsteling fliek
SARIE - Oktober 2009
Elizma Theron, sangeres en aktrise in Villa Rosa gesels oor haar mees inspirerende fliek.
-
SARIE se Charis resenseer Jakhalsdans
SARIE - April 2010
"Nadat jy die fliek gekyk het, voel dit so 'n bietjie asof jy na 'n hoogspring-atleet gekyk het wat maar net nie oor daai dwarslat kon kom nie." Só skryf SARIE se Charis oor die nuwe Afrikaanse fliek Jakhalsdans.
-
Theuns Jordaan se diefstalvoorval - die ware feite
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 2
Volgens 'n persvrystelling wat vanoggend uitgereik is, was daar verskeie feitefoute in die artikel oor Theuns Jordaan en die voorval in Mei 2010 in Nelspruit toe sy motor gesteel is.
-
Zuraida Jardine terug op TV, sy gesels met sarie.com
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 1
Zuraida Jardine Lindberg is mede-aanbieder van 'n nuwe holistiese TV-gesondheidsprogram, Life's a Journey. Sy praat met sarie.com.




















Kommentaar
susan els het gesê:
ek het die fliek 2 keer gaan kyk mal oor dit, stunning
10de Des. 2011, 23:50René Viljoen het gesê:
Ek het begin kyk en koni eens begin kook nie... My hele gesin was vas genael voor die kassie. Die storie is eg afrikaans en geen verspotting van ons afrikaners. Dankie vir 'n verhaal so na ons hart.
2de Jul. 2010, 11:33Alma het gesê:
Het die fliek gaan kyk!!!! STUNNING!!!!!! BAIE BAIE MOOI!! Welgedaan Deon en span!!
2de Jun. 2010, 14:37wilna Paynter het gesê:
OOOOOOOOOOOEEEEEEE die fliek lyk na n wenner!
25ste Mar. 2010, 16:15